Herwinning

Begin jou diens vandag!

Ons bied betroubare, bekostigbare en omgewingsvriendelike herwinningsdienste in Pretoria

Pasgemaakte dienste

Vyfsterdienste

Ons waarborg ’n uitnemende en professionele diens. Registreer vandag vir vyfsterdienslewering!

Riana Groenewald

“Baie dankie vir jul stiptelike en professionele diens!”

René Myburgh

“Dit was die beste besluit gewees om aan te sluit vir vullisverwydering!”

Martie van der Merwe

“Baie dankie, AfriForum vir julle leierskap en goeie dienslewering!”

Gereelde vrae

Ons bied betroubare en bekostigbare herwinningsdienste omdat munisipaliteite versuim om ’n omgewingsvriendelike vullisverwyderingsdiens te lewer.

R99,99 per maand vir vier sakke in die eerste en derde week van die maand en R8 per ekstra sak. Tariewe verskil egter per woonbuurt, behuisingskompleks of onderneming.

Jy kan op ons diensteplatform registreer met ’n kredietkaartbetaling. Ons aanvaar ook debietorder- en EFO-betalings. Kontak ons vir ’n debietordervorm of ’n pasgemaakte kwotasie vir kleinsakeondernemings of behuisingskomplekse.

Die meeste huishoudings produseer nie genoeg materiaal om ’n weeklikse verwyderingdiens te regverdig nie. Ons bied egter pasgemaakte dienste aan behuisingskomplekse en kleinsakeondernemings.

Jy kan op ons diensteplatform registreer met ’n kredietkaartbetaling. Ons aanvaar ook debietorder- en EFO-betalings. Kontak ons vir ’n debietordervorm of ’n pasgemaakte kwotasie vir kleinsakeondernemings of behuisingskomplekse.

Vul jou adres op ons diensteplatform in om te sien of ons jou kan help.

Jou versamelrooster word ná registrasie per e-pos gestuur.

Ons verwyder herwinbare materiaal in standaardswartsakke soos blikkies, plastiek, glasbottels, karton en papier. Ons verwyder geen bourommel, toestelle, meubels, bande, verf, gifstowwe, vloeistowwe, chemikalieë, of batterye nie.

Nee, elke kliënt moet sy eie vullissakke of vullisdrom aankoop. Ons verkoop egter 240 ℓ- groen vullisdromme met wiele op ons diensteplatform teen ’n bekostigbare tarief.

Die vullisdromme word binne 14 dae afgelewer. Aflewering sal telefonies of per e-pos gekommunikeer word.

Ons verwyder slegs herwinbare materiaal in standaardswartsakke. Ons bied egter ook addisionele vullisverwyderingsdienste vir algemene vullis en tuinvullis.

Ons stuur die nodige WhatsApp-kennisgewings aan al ons kliënte.

As jou sakke nie betyds uitgesit is nie, word dit die volgende keer verwyder.

Die meeste munisipaliteite bied geen herwinningsdienste nie.

Meld aan op die diensteplatform of kontak ons om jou debietorder of EFO te kanselleer.

Jy kan ons kontak via e-pos, telefoon of WhatsApp vir enige navrae of ondersteuning. 

Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en van*
Titel*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.