Help die Kiepersol Gemeenskapsentrum!

26/11/2026
Help die Kiepersol Gemeenskapsentrum Petisiebanier

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die Tshwane-metro wil inwoners van die Kiepersol Gemeenskapsentrum uitsit weens sy eie administratiewe tekortkominge.

Opsomming: Die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Centurion probeer al sedert 2013 om ’n nuwe huurooreenkoms met die Tshwane-metro te beding. In plaas van ’n antwoord het die sentrum egter ’n uitsettingsbevel ontvang. Voeg jou naam by die petisie om hierdie uitsetting teen te staan.

Agtergrond:

Die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Centurion dien al jare lank die gemeenskap en talle bejaardes word daar versorg. Die sentrum is op ’n perseel geleë wat aan die Tshwane-metro behoort en huur die eiendom al sedert 1999.

Die sentrum kommunikeer sedert 2013 gereeld met die metro en doen herhaaldelik aansoek om ’n nuwe huurooreenkoms. Die metro het egter meestal nie geantwoord nie. Nou het die sentrum ’n uitsettingsbevel ontvang in plaas van ’n ordentlike antwoord.

Dit is deel van ’n patroon van swak administrasie en dienslewering wat baie gemeenskappe in Tshwane raak. Wanneer die metro nie eers sy eie prosesse nakom nie is dit ongelukkig die gemeenskap wat die prys betaal.

AfriForum ondersteun die Kiepersol Gemeenskapsentrum en eis die volgende van die Tshwane-metro:

• Dat die metro die uitsetting terugtrek.

• Dat die metro die sentrum se aansoek om ’n nuwe huurooreenkoms behoorlik en binne ’n redelike tyd hanteer.

• Dat die metro met die sentrum in gesprek tree oor ’n volhoubare oplossing.

Voeg jou naam by die petisie en help ons sodoende om hierdie uitsetting stop te sit!

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

26/11/2026

Help die Kiepersol Gemeenskapsentrum!

Die Tshwane-metro wil inwoners van die Kiepersol Gemeenskapsentrum uitsit weens sy eie administratiewe tekortkominge. Opsomming: Die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Centurion probeer al sedert 2013 om ’n nuwe huurooreenkoms met die Tshwane-metro te beding. In plaas van ’n antwoord het die sentrum egter ’n uitsettingsbevel ontvang. Voeg jou naam by die… [Lees meer]
Help die Kiepersol Gemeenskapsentrum Petisiebanier

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

Die Tshwane-metro wil inwoners van die Kiepersol Gemeenskapsentrum uitsit weens sy eie administratiewe tekortkominge.

Opsomming: Die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Centurion probeer al sedert 2013 om ’n nuwe huurooreenkoms met die Tshwane-metro te beding. In plaas van ’n antwoord het die sentrum egter ’n uitsettingsbevel ontvang. Voeg jou naam by die petisie om hierdie uitsetting teen te staan.

Agtergrond:

Die Kiepersol Gemeenskapsentrum in Centurion dien al jare lank die gemeenskap en talle bejaardes word daar versorg. Die sentrum is op ’n perseel geleë wat aan die Tshwane-metro behoort en huur die eiendom al sedert 1999.

Die sentrum kommunikeer sedert 2013 gereeld met die metro en doen herhaaldelik aansoek om ’n nuwe huurooreenkoms. Die metro het egter meestal nie geantwoord nie. Nou het die sentrum ’n uitsettingsbevel ontvang in plaas van ’n ordentlike antwoord.

Dit is deel van ’n patroon van swak administrasie en dienslewering wat baie gemeenskappe in Tshwane raak. Wanneer die metro nie eers sy eie prosesse nakom nie is dit ongelukkig die gemeenskap wat die prys betaal.

AfriForum ondersteun die Kiepersol Gemeenskapsentrum en eis die volgende van die Tshwane-metro:

• Dat die metro die uitsetting terugtrek.

• Dat die metro die sentrum se aansoek om ’n nuwe huurooreenkoms behoorlik en binne ’n redelike tyd hanteer.

• Dat die metro met die sentrum in gesprek tree oor ’n volhoubare oplossing.

Voeg jou naam by die petisie en help ons sodoende om hierdie uitsetting stop te sit!

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*

Word ’n lid

Maak ’n donasie

#OnsSalSelf