Gesondheidsorg vir Afrikaners: Hoe lyk die toekoms?
AfriForum nooi jou na ’n beraad waar sprekers van binne die Solidariteit Beweging gaan saamgesels oor hoe Afrikaners se gesondheidsorg tans lyk en wat ons vir die toekoms kan verwag. Vrae soos die volgende word bespreek:
- Waarom is privaat gesondheidsorg so duur?
- Wat is die invloed van wetgewing op die koste van gesondheidsorg?
- Wat word van Afrikaanse dokters?
- Kan gesondheidspraktisyns nog in Afrikaans opgelei word?
Kom gerus en neem deel aan die gesprek.
13 November
08:00–12:30
Spekboom-raadsaal, Solidariteit
RSVP hier
"*" indicates required fields
Program:
Gesondheidsorg vir Afrikaners: Hoe lyk die toekoms?
Program
08:00–08:30 Gaste arriveer
08:30–09:00 Opening en verwelkoming
09:00–09:30 Louis Boshoff: Gesondheidsorg vir Afrikaners – die uitdaging
09:30–10:00 Theuns du Buisson: Wetgewende oplossings vir gesondheidsorg in Suid-Afrika
10:00–10:30 Tee en koffie
10:30–10:45 Hannes Noëth: Versorgeropleiding – die beginsels
10:45–11:00 Dr. Elsha Hermann: Versorgeropleiding – die praktyk
11:00–11:30 Marthinus Visser: Unieke uitdagings van gesondheidsopleiding in die tersiêre omgewing
11:30–12:00 Paneelbespreking
12:00 Afsluiting en ligte ete



