|

Durbanville verdien beter

Durbanville verdien beter: Teken die petisie om ons dorp terug te vat!

Durbanville is ons trots – maar ons dorpskern verander vinnig.
Tydelike hawes en slaapplekke op sypaadjies. Haweloses in parke. Vullis in ons tuine en openbare ruimtes.

Besighede en inwoners voel die impak.

AfriForum se Durbanville-tak tree op namens die gemeenskap om hierdie situasie reguit aan te spreek – met medemenslikheid, maar ook met fermheid. Ons vra dat die Kaapstad-metro dringend optree om onwettige besettings te hanteer, openbare orde te herstel, en werklike oplossings saam met samewerkende rolspelers en organisasies in die gemeenskap te vind.

Deur hierdie petisie te teken, vra jy dat die Kaapstad-metro:

  • wetstoepassing verskerp waar openbare ruimtes onwettig beset word;
  • skuilings en maatskaplike dienste uitbrei in samewerking met plaaslike rolspelers;
  • gereeld met die gemeenskap kommunikeer oor vordering en planne; en
  • die reg van Durbanville-inwoners op ’n veilige, skoon en ordelike dorp handhaaf.

Hoekom is jou handtekening belangrik?

Elke stem wys aan die Kaapstad-metro dat Durbanville nie sal stilbly nie. Ons kies om betrokke te wees. Ons kies ’n veilige dorp. Ons kies oplossings.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is hidden when viewing the form
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings