Dringende oplossing vir wateronderbrekings in Albemarle en Dinwiddie
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Ons doen ’n versoek op die inwoners van Albemarle en Dinwiddie om met hierdie petisie aan AfriForum die mandaat te gee om druk op die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit en Rand Water te plaas om die aanhoudende wateronderbrekings in ons gebied op te los.
Die gebrek aan ’n betroubare waterdiens het ’n negatiewe impak op ons gemeenskap, en ons eis onmiddellike stappe om hierdie probleem aan te spreek.
Ons versoek AfriForum om:
- oplossings te eis vir die wateronderbrekings;
- deurlopende kommunikasie van die munisipaliteit en Rand Water af te dwing oor onderbrekings; en
- langtermynmaatreëls in te stel om die waterinfrastruktuur te verbeter.
Deur hierdie petisie steun ons AfriForum in hul pogings om ons reg op ’n betroubare waterdiens te verdedig.
"*" indicates required fields
Dringende oplossing vir wateronderbrekings in Albemarle en Dinwiddie
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.




