Die mynkwessie by nasionale krugerwildtuin weer aan die gang.

17/05/2021
Weg-met-myn-by-Krugerwildtuin-1080x608-1

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

AfriForum en Saai het op Donderdag 13 Mei 2021, byna twee jaar na die eerste vergadering en eerste aansoek in hierdie verband, aan ’n openbaredeelnamevergadering in Marlothpark deelgeneem in aanloop tot ’n beoogde steenkoolmyn op die voorstoep van die Nasionale Krugerwildtuin.

AfriForum was in April 2021 genoodsaak om sy regspan opdrag te gee om ’n skrywe te rig aan Limpearth & Environmental (Pty) Ltd waarin versoek is dat die nodige dokumente vir kommentaar aan die belanghebbendes gestuur word aangesien die nodige inligting nie aan AfriForum gestuur is toe dié organisasie as geïnteresseerde en geaffekteerde party geregistreer is nie – geen terugvoer is nog ontvang nie. Tydens die openbaredeelnamevergadering van 13 Mei 2021 het lede van die gemeenskap verskeie vrae gevra maar geen van die vrae is werklik beantwoord nie.

Die myn hou vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier, natuurreservate, wildtuin, wildlewe, natuurskoon en landbou-aktiwiteite in. Mpumalanga kan as toeristebestemming ook ekonomies in duie stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word. AfriForum gaan met ’n proses begin om die beoogde myn te stuit.

#BewaarOnsNatuur

Steun AfriForum om hierdie mynmaatskappy teen te staan.

AfriForum en Saai het op Donderdag 13 Mei 2021, byna twee jaar na die eerste vergadering en eerste aansoek in hierdie verband, aan ’n openbaredeelnamevergadering in Marlothpark deelgeneem in aanloop tot ’n beoogde steenkoolmyn op die voorstoep van die Nasionale Krugerwildtuin. AfriForum was in April 2021 genoodsaak om sy regspan… [Lees meer]
Weg-met-myn-by-Krugerwildtuin-1080x608-1

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

AfriForum en Saai het op Donderdag 13 Mei 2021, byna twee jaar na die eerste vergadering en eerste aansoek in hierdie verband, aan ’n openbaredeelnamevergadering in Marlothpark deelgeneem in aanloop tot ’n beoogde steenkoolmyn op die voorstoep van die Nasionale Krugerwildtuin.

AfriForum was in April 2021 genoodsaak om sy regspan opdrag te gee om ’n skrywe te rig aan Limpearth & Environmental (Pty) Ltd waarin versoek is dat die nodige dokumente vir kommentaar aan die belanghebbendes gestuur word aangesien die nodige inligting nie aan AfriForum gestuur is toe dié organisasie as geïnteresseerde en geaffekteerde party geregistreer is nie – geen terugvoer is nog ontvang nie. Tydens die openbaredeelnamevergadering van 13 Mei 2021 het lede van die gemeenskap verskeie vrae gevra maar geen van die vrae is werklik beantwoord nie.

Die myn hou vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier, natuurreservate, wildtuin, wildlewe, natuurskoon en landbou-aktiwiteite in. Mpumalanga kan as toeristebestemming ook ekonomies in duie stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word. AfriForum gaan met ’n proses begin om die beoogde myn te stuit.

#BewaarOnsNatuur

Steun AfriForum om hierdie mynmaatskappy teen te staan.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*