Bloemfontein-tak staan sjebien aansoek teen

24/05/2023
Bloem-Shibeen

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

AfriForum se Bloemfontein-tak het vandag ’n brief oorhandig aan die Vrystaatse Dobbel, Drank en Toerisme Owerheid sowel as die Mangaung-metropolitaanse munisipaliteit, wat ’n aansoek van ’n sjebien teenstaan. Hierdie aansoek kan nie goedgekeur word nie aangesien dit binne 500 m vanaf die Laerskool Onze Rust in Uitsig is.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar geen publieke deelname, of wetlike prosesse gevolg is nie.

“Ons is vreeslik bekommerd oor die veiligheidsrisiko van so ’n sjebien in ’n woonbuurt. Misdaad is reeds ’n kopseer weens dwelmhandel en diefstal in dié area. Laerskoolleerders sal genoop wees om verby die sjebien te stap en dít op sigself is ’n risiko. Harde musiek in middernagtelike ure gaan ook steurend vir inwoners wees,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Teken ons petisie om hierdie aansoek teen te staan.

AfriForum se Bloemfontein-tak het vandag ’n brief oorhandig aan die Vrystaatse Dobbel, Drank en Toerisme Owerheid sowel as die Mangaung-metropolitaanse munisipaliteit, wat ’n aansoek van ’n sjebien teenstaan. Hierdie aansoek kan nie goedgekeur word nie aangesien dit binne 500 m vanaf die Laerskool Onze Rust in Uitsig is. Dít volg… [Lees meer]
Bloem-Shibeen

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

AfriForum se Bloemfontein-tak het vandag ’n brief oorhandig aan die Vrystaatse Dobbel, Drank en Toerisme Owerheid sowel as die Mangaung-metropolitaanse munisipaliteit, wat ’n aansoek van ’n sjebien teenstaan. Hierdie aansoek kan nie goedgekeur word nie aangesien dit binne 500 m vanaf die Laerskool Onze Rust in Uitsig is.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar geen publieke deelname, of wetlike prosesse gevolg is nie.

“Ons is vreeslik bekommerd oor die veiligheidsrisiko van so ’n sjebien in ’n woonbuurt. Misdaad is reeds ’n kopseer weens dwelmhandel en diefstal in dié area. Laerskoolleerders sal genoop wees om verby die sjebien te stap en dít op sigself is ’n risiko. Harde musiek in middernagtelike ure gaan ook steurend vir inwoners wees,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Teken ons petisie om hierdie aansoek teen te staan.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*