Beskerm ons toegang tot damme én ons eiendomsreg
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Sê NEE vir die voorgestelde regulasies oor staatswaterwerke
Vir dekades lank het gewone Suid-Afrikaners damme gebruik vir ontspanning, visvang, bootvaart en gemeenskapsaktiwiteite. Nou wil die regering hierdie vryhede beperk en selfs strafbaar maak.
Hierdie voorgestelde regulasies is nie net onprakties nie; dit is ’n direkte aanval op ons leefwyse en ons eiendomsreg.
Deur hierdie petisie te onderteken, maak ek kapsie teen die voorgestelde regulasies omdat:
- toegang tot damme beperk gaan word deur verpligte goedkeuring.
- gewone aktiwiteite soos visvang en bootry strafbaar kan word.
- ek moontlik strafregtelik vervolg kan word vir ontspanningsaktiwiteite wat nog altyd wettig was.
- grondeienaars hul reg verloor om water vanuit hul eie eiendom te gebruik.
- die regering meer beheer oor privaat eiendom verkry.
- die regulasies tot betaalde toegang en kommersialisering van water kan lei.
- dit onnodige administratiewe laste op gewone mense plaas.
- die regering op beheer fokus eerder as om die werklike waterkrisis en infrastruktuurprobleme op te los.
Ons damme behoort aan die mense.
Ons vryhede is nie onderhandelbaar nie.
Ons eiendomsreg is nie te koop nie.
Deur die petisie te onderteken, staan jy hierdie regulasies teen en eis dat dit teruggetrek word.
"*" indicates required fields
Beskerm ons toegang tot damme én ons eiendomsreg
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.




