|

Beleggingsmisdaad: As dit te goed is om waar te wees, dan IS dit

Deur Ilze Nieuwoudt

Dit is só maklik én dit werk vir die bekendes, laat die advertensies jou glo. As hulle dan kan baat vind by die eenvoudige belegging met sy vet japtrapopbrengs, dan moet dit mos vir jou ook werk, nie waar nie? Klik-klik en siedaar, voor jy jou kan kry het jy duisende “belê” in ’n fopbelegging wat daarop uit is om kwesbare en hoopvolle mense te beroof. Die oumense sê nie verniet nie: As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit waarskynlik!

Hulle noem dit beleggings- en kriptogeldeenheidsbedrog – ’n snelgroeiende vorm van kubermisdaad wat die afgelope paar jaar ook sy kop in Suid-Afrika, soos elders in die wêreld, begin uitsteek het.

Volgens AfriForum se Kubermisdaadgids beloof misdadigers wat dié bedrog inspan “hoë opbrengste uit laerisikobeleggings”. Dit word dikwels via WhatsApp-groepe, sosialemedia-advertensies en vervalste platforms versprei en bemark. Vervalste aanbevelings deur bekende persone word ook telkens met die hulp van kunsmatige intelligensie (KI) geskep om slagoffers van die betroubaarheid en sukses van die stelsel te probeer oortuig.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in Januarie 2026 – in samewerking met onder meer die Valke en Interpol – toegeslaan op ses swendelaars en 25 oproepsentrumagente wat na bewering beleggingsbedrog gepleeg het. Dié verdagtes het na bewering hul visier gerig op slagoffers wat naby aftreeouderdom is, beskik oor noemenswaardige spaargeld en nou op soek is na groei van hul aftreefondse. Slagoffers is skynbaar oorspronklik oortuig om klein beleggings aanlyn te maak wat dan in ’n oogwink valse winste getoon het. Daarna is die slagoffers herhaaldelik gekontak om hierdie keer veel groter bedrae geld te belê – wat dan geroof word en die slagoffers met reuseverliese laat.

5 maniere om jouself teen beleggingsbedrog te beskerm

Finansiële instellings en beleggingskenners is dit eens – verbruikers kan en moet bedag wees op die slinkse truuks wat bedrieërs inspan wanneer dit kom by beleggingsbedrog. Hier is vyf maniere waarop jy jouself daarteen kan beskerm:

BONUSWENK:

Moenie jou persoonlike of finansiële inligting – soos wagwoorde, bankbesonderhede of jou ID-nommer – met onbekende persone deel wat jou op sosiale media, telefonies of aanlyn kontak nie. Hierdie wenk geld min of meer vir alle vorme van kubermisdaad en dien as ’n goue reël in die beskerming van verbruikers.

Soortgelyke plasings

Veiligheid