AfriForum nooi jou hartlik uit na die première van sy dokumentêr Gauteng’s landfill time bomb.
Kenners maan dat Gauteng se oorblywende vullisterreinlugspasie binne die volgende paar jaar uitgeput kan wees. As dit gebeur voordat lewensvatbare volhoubare alternatiewe in plek is, sal munisipaliteite ’n toenemende afvalbestuurkrisis in die gesig staar. So ’n krisis sal ernstige gevolge vir mense, openbare gesondheid en die omgewing inhou.
Die dokumentêr bring insigte van afvalbestuurkundiges in metropolitaanse munisipaliteite, die privaat sektor en die bedryf bymekaar. Ons ondersoek die oorsake van Gauteng se vullisterreinkrisis, die risiko’s wat dalende kapasiteit inhou, en die praktiese opsies wat beskikbaar is om te verhoed dat die hele stelsel ineenstort.
AfriForum beoog om met hierdie dokumentêr ingeligte en konstruktiewe betrokkenheid oor munisipale afvalbestuur en dienslewering aan te moedig, met die identifisering van realistiese en volhoubare oplossings as die uiteindelike doelwit.
Datum: 4 Maart 2026
Tyd: 08:30 vir 9:00 tot 12:00
Venue: AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark
Bevestig asseblief jou bywoning teen 23 Februarie 2026 deur hier te klik: (Skakel)
Ligte verversings sal bedien word ná die vertoning.
"*" indicates required fields



