AfriForum berei regstappe voor sou die ANC Onteieningswetsontwerp bekragtig
AfriForum het dit aan die ANC duidelik gemaak dat die organisasie beduidende regstappe sal doen om private eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm, ingeval president Cyril Ramaphosa die Onteieningswetsontwerp onderteken of die ANC probeer om die Grondwet te wysig. Dit kom nadat die ANC vandeesweek aangedui het dat die party voorgestelde wysigings aan die Grondwet ter tafel sal lê om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, ondanks hul deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid.
Veg saam met AfriForum teen onteiening sonder vergoeding en voeg jou naam hierby:
"*" indicates required fields
“As die president die Onteieningswetsontwerp onderteken, sal AfriForum sy volgende stappe aankondig om private eiendom te beskerm. AfriForum sal ook die eerste organisasie wees wat die regering hof toe vat as hy private eiendom vir onteiening sonder vergoeding begin teiken,” sluit Van Zyl af.