STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU

12/03/2026
MELGISEDEK-petiesie

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

AfriForum neem dringende regstappe teen die Tshwane-metro om die beplande oprigting van ’n tentedorp in die hartjie van die Moot te stop.

Die Tshwane-metro het die berugte Melgisedek-gebou ontruim en beoog nou om die voormalige inwoners in ’n tentedorp in ’n gevestigde woongebied in die Moot te hervestig. Hierdie besluit is geneem sonder behoorlike konsultasie met die plaaslike gemeenskap en, volgens AfriForum, sonder dat die nodige wetlike prosesse, goedkeurings en vereistes nagekom is.

AfriForum is van mening dat:

•             die Tshwane-metro nie die korrekte prosedures gevolg het nie;

•             die nodige goedkeurings en wetlike vereistes nie nagekom is nie;

•             die belange, veiligheid en inspraakreg van Moot-inwoners geïgnoreer is; en

•             ’n besluit van hierdie omvang nie eensydig en sonder deursigtige openbare deelname geneem mag word nie.

Ons gemeenskap verdien verantwoordelike bestuur, wettige optrede en behoorlike beplanning – nie oorhaastige besluite wat inwoners se regte en lewensgehalte in gedrang bring nie.

Daarom gaan AfriForum dringend hof toe om hierdie verplasing te stop en om die regte van die Moot se inwoners te beskerm.

Voeg jou naam by en ondersteun hierdie regsaksie.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*

STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU AfriForum neem dringende regstappe teen die Tshwane-metro om die beplande oprigting van ’n tentedorp in die hartjie van die Moot te stop. Die Tshwane-metro het die berugte Melgisedek-gebou ontruim en beoog nou om die voormalige inwoners in ’n tentedorp… [Lees meer]
MELGISEDEK-petiesie

Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:

STOP DIE MELGISEDEK-TENTEDORP IN DIE MOOT – BESKERM ONS GEMEENSKAP NOU

AfriForum neem dringende regstappe teen die Tshwane-metro om die beplande oprigting van ’n tentedorp in die hartjie van die Moot te stop.

Die Tshwane-metro het die berugte Melgisedek-gebou ontruim en beoog nou om die voormalige inwoners in ’n tentedorp in ’n gevestigde woongebied in die Moot te hervestig. Hierdie besluit is geneem sonder behoorlike konsultasie met die plaaslike gemeenskap en, volgens AfriForum, sonder dat die nodige wetlike prosesse, goedkeurings en vereistes nagekom is.

AfriForum is van mening dat:

•             die Tshwane-metro nie die korrekte prosedures gevolg het nie;

•             die nodige goedkeurings en wetlike vereistes nie nagekom is nie;

•             die belange, veiligheid en inspraakreg van Moot-inwoners geïgnoreer is; en

•             ’n besluit van hierdie omvang nie eensydig en sonder deursigtige openbare deelname geneem mag word nie.

Ons gemeenskap verdien verantwoordelike bestuur, wettige optrede en behoorlike beplanning – nie oorhaastige besluite wat inwoners se regte en lewensgehalte in gedrang bring nie.

Daarom gaan AfriForum dringend hof toe om hierdie verplasing te stop en om die regte van die Moot se inwoners te beskerm.

Voeg jou naam by en ondersteun hierdie regsaksie.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
This field is hidden when viewing the form
Naam en van*

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*

#OnsSalSelf