Herstel die gevaarlike R59 en Viljoenskroon se paaie vóór NAMPO – beskerm padgebruikers se lewens!
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
AfriForum wil hiermee sy ernstige kommer uitspreek oor die haglike toestand van die paaie in en rondom Viljoenskroon, veral die R59-roete wat ’n belangrike toegangspad is vir besoekers wat die jaarlikse NAMPO Oesdag bywoon.
Die huidige toestand van die R59 is uiters kommerwekkend. ’n Gedeelte van die pad is reeds vir ’n geruime tyd onbegaanbaar weens oorstromings, terwyl daar slaggate in, en strukturele skade aan groot dele van die pad tussen Viljoenskroon en Vredefort is. Hierdie situasie dwing motoriste om ’n ompad deur Viljoenskroon te ry.
Die regering het ’n duidelike verantwoordelikheid om openbare infrastruktuur te onderhou. Die versuim om die paaie betyds te herstel, stel mense se lewens in gevaar en kan tot ernstige ongelukke lei.
Deur hierdie petisie te teken, versoek ons die volgende instellings om onmiddellik op te tree:
- South African National Roads Agency
- Vrystaatse Provinsiale Regering
- Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit
Ons eis dat:
• die R59 dringend herstel word;
• die strate in Viljoenskroon onmiddellik opgeknap word; en
• ’n duidelike plan en tydlyn bekendgemaak word voordat die NAMPO Oesdag begin.
Elke persoon wat hierdie petisie teken, stuur ook ’n duidelike boodskap aan die owerhede: Padgebruikers se veiligheid kan nie langer geïgnoreer word nie.
Teken vandag en help om druk op die owerhede te plaas voordat ’n ernstige ongeluk plaasvind.
"*" indicates required fields
Herstel die gevaarlike R59 en Viljoenskroon se paaie vóór NAMPO – beskerm padgebruikers se lewens!
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.














