Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het nuwe regulasies gepubliseer wat die weg baan vir hidrobreking in Suid-Afrika. Hierdie regulasies is tans oop vir openbare kommentaar – en ons het jou stem nodig.
Hidrobreking (Engels: fracking) is ’n metode om aardgas te ontgin. Dit behels chemiese vloeistowwe wat teen geweldige hoë druk honderde meters diep ondergronds ingepers word om skalierotslae te breek. Só word die metaangas wat in die rots vasgekeer is, vrygestel en onttrek.
AfriForum glo op grond van wetenskaplike navorsing dat hidrobreking ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se reeds skaars waterbronne inhou. Dit kan lei tot sowel die oorbenutting as besoedeling van water – ’n hulpbron wat onontbeerlik is vir mense, landbou en die omgewing.
Die besluite wat tans geneem word, bepaal of ons ons waterbronne vir toekomstige geslagte beskerm of onherstelbaar vernietig.
Voeg voor 13 Februarie 2026 jou naam by AfriForum se kommentaar en help ons om hierdie gevaarlike regulasies in hul spore te stop en te keer dat dit in werking tree.
"*" indicates required fields
Sê nee vir hidrobreking in Suid-Afrika
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.




