Water en sanitasie

Word selfstandig

Ons het ’n netwerk van betroubare diensverskaffers wat bekostigbare water- en sanitasiestelsels aanbied.

Pasgemaakte oplossings

Vyfsterdienste

Ons waarborg ’n uitnemende en professionele diens. Registreer vandag vir vyfsterdienslewering!

Riana Groenewald

“Baie dankie vir jul stiptelike en professionele diens!”

René Myburgh

“Dit was die beste besluit gewees om aan te sluit vir vullisverwydering!”

Martie van der Merwe

“Baie dankie, AfriForum vir julle leierskap en goeie dienslewering!”

Gereelde vrae

Dit kan enige kombinasie van boorgate, waterstoortenks, filtreringsisteme of sanitasie-oplossings insluit, afhangend van jou behoeftes en bestaande infrastruktuur.

Nee. Ons werk saam met ’n netwerk van betroubare, goedgekeurde vennote. AfriForum fasiliteer die proses en beskerm die belange van ons lede, sodat jy gemoedsrus kan hê.

Dit hang af van jou daaglikse verbruik, en of jy dit gebruik vir volledige onafhanklikheid ten opsigte van jou watertoevoer, of slegs as noodvoorraad. Die algemeenste groottes is tussen 2500 liter en 10 000 liter.

As jy boorgat-, grys of reënwater vir drinkdoeleindes of persoonlike gebruik, ja. Ons vennote bied egter stelsels aan vir enige filtrasiebehoeftes.

Gewoonlik, ja. Dikwels het jy munisipale goedkeuring of dié van die Departement van Water en Sanitasie nodig. Ons vennote kan egter met hierdie proses help, indien nodig.

Ons vennote kan ’n geotegniese studie aanvra of van bestaande inligting gebruik maak om ’n aanbeveling te maak.

Die koste wissel beduidend, van minder as R10 000 vir basiese opgaartenks tot R200 000 vir boorgate, of selfs meer as ’n miljoen rand vir volledige water- en sanitasie­stelsels wat ten volle van munisipale dienste onafhanklik is. Jy kry ’n pasgemaakte kwotasie vir jou unieke behoeftes.

Nee, maar ons vennote kan met die finansieringsaansoek help. Jy kan kies om direk self te betaal, self finansiering aan te vra, of hulp met derdepartyfinansiering te kry. Dui jou behoefte asseblief in die vorm aan.

Die afhandeling van eenvoudige projekte soos watertenks en boorgate duur gewoonlik ’n paar dae of weke lank; komplekse filtrasiestelsels kan egter baie langer neem, afhangend van die verkryging van permitte, terreinvoorbereiding, die kompleksiteit van die stelsels en die goedkeuring van finansiering. Ons vennote sal ’n aanduiding kan gee oor hoe lank dit in jou betrokke geval sal neem.

Vul die aanlyn vorm in, laai jou huidige waterrekening op, en ons plaas jou in verbinding met geskikte diensverskaffers.

Kontak ons

"*" indicates required fields

Naam en van*
Titel*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.