TAKSUKSESSE: MEI 2025

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 808 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 107 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 4 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 1 350 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het elf parke skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het twee persele skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het 13 slaggate opgevul.
  • Die tak se buurtspan het 201 ou motorbande opgetel en weggery.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het in totaal 114 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het 12 slaggate opgevul.
  • Die tak se buurtspan het 12 vragte stompe en ou teer weggery.
  • Die tak se buurtspan het ’n opknappingsprojek by ’n kinderhuis van stapel gestuur en solank begin om die wasgoedlyn te herstel.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het die SAPD Hercules gehelp met die soektog na ’n vermiste kind.
    • Buurtwaglede het ’n padblokkade saam met die Wonderboompoort-, Moot- en Villieria-polisiestasie gehou.
    • Die buurtwag het met die Hercules GPF Sektor 3 vergader en gevolglik ’n samewerkingsooreenkoms met hulle onderteken.
    • Buurtwaglede het ’n plaaslike kerk en sy lidmate beveilig tydens ’n roete wat hulle gery het om Hemelvaart te verkondig.
    • Die tak het ’n biddiens vir Jody van Proshield Security bygewoon.

Moreletapark

  • Die tak het saam met die Departement van Binnelandse Sake en die SAPD ’n aksie by Plastic View gehou.
    • Taklede het verskeie brande langs Hans Strijdomweg help blus.
    • Die tak het gras langs Hans Strijdomweg gesny.
    • Die buurtwag het 45 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
    • Die buurtwag het drie van sy lede vir VOLK-skietinstrukteursopleiding gestuur.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het 12,5 ha gras gesny. 
  • Die tak se buurtspan het 7 ton gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
  • Die tak se buurtspan het 1,8 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak se buurtspan het 493 herwinningsakke sorteer.
  • Die tak se buurtspan het 14,3 ton herwinningsmateriaal opgetel.
  • Die buurtwag het aan een operasie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het tydens 95 patrollies 2 451 km in 239 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.

Pionier

  • Taklede het 14 slaggate in Meyerspark opgevul; 625 kg teer is hiervoor gebruik.
  • Die tak het in samewerking met Uitkyk Slaghuis R17 845,70 aan ’n kontrakteur betaal vir die herstel van die padoppervlak in Rossouwstraat.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Johannesburg-Noord

  • Buurtwaglede het ’n begraafplaas te voet gepatrolleer en talle besoekers aan die begraafplaas het hulle dank betuig en genoem dat dit hulle veiliger laat voel het. 
  • Die buurtwag het ’n patrollie gereël om belangstellendes blootstelling daaraan te gee. Hierdie belangstellendes het saam met ervare buurtwaglede patrollies meegemaak. Die terugvoer was baie positief en die finale getal nuwe buurtwaglede sal binnekort gefinaliseer word.

Krugersdorp

  • Die tak se buurtspan het 30 sakke vullis opgetel en weggery.
  • Die tak se buurtspan het een vrag sleepwa se bome weggery.
  • Die tak se buurtspan het 1,5 ha gras gesny en weggery.
  • Die buurtwag het 3 282 km in 378 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Shanela deelgeneem waartydens verskeie inhegtenisnames gemaak is en onwettige vuurwapens teruggekry is.
  • Buurtwaglede het boosdoeners vasgetrek nadat hulle palissades gesteel en in hul trollie probeer wegsteek het. Die verdagtes is in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het gereageer nadat twee erwe se hekke oopgestaan het. Die eienaars is gekontak en die hekke is veilig toegemaak.
  • Buurtwaglede se hulp is ingeroep rakende ’n verdagte persoon wat in die area opgemerk is.
  • Die buurtwag het gehelp met die blus van veldbrande in die omgewing.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op agt ongelukstonele gebied deur dit te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.

Vanderbijlpark

  • Die tak se buurtspan het gras gesny by Phoenixpark en ’n vullisvraghouer gehuur waarin die gras gegooi is.
  • Die tak se buurtspan het gras gesny op die sypaadjies in Jean Websterstraat. Vyf swartsakke gras is daarna opgetel.
  • Die tak se buurtspan het ’n boom wat in Jean Websterstraat omgeval het kleiner gesaag en verwyder.                                          
  • Die tak se buurtspan het gras gesny op die sypaadjies in Herbertstraat. Hulle het ook die gebied skoongemaak deur vullis op te tel.
  • Die tak se buurtspan het slaggate in Hawkshawstraat opgevul, asook vullis opgetel en dit na ’n vullisvraghouer weggery.
  • Die tak se buurtspan het ’n teerprojek in Flora Gardens aangepak waartydens slaggate in samewerking met die gemeenskap opgevul is.                 
  • Die tak se buurtspan het blare opgetel op die sypaadjie in Pasteurboulevard.
  • Die tak het ’n suksesvolle gholfdag gehou.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt in Rossiniboulevard opgerig.
  • Taklede het water na Sasolburg aangery ná ’n beplande waterafsluiting in die omgewing.

OOS-RAND

Alberton
• Buurtwaglede het 1 617 km in 260 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
• Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens 12 voorvalle in die dorp.
• Die tak het ’n skoonmaakprojek in Mayberry Park van stapel gestuur.
• Taklede het 10 011 m² se slaggate in Goldwingstraat, Raceview, opgevul. Nagenoeg 400 kg teer is daarvoor gebruik.
• Die buurtwag het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en AfriForum se Germiston-buurtwag ’n operasie in Kibler Park uitgevoer waartydens twee verdagtes vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is. Ses onwettige immigrante is ook vasgetrek.

Boksburg
• Die tak het drie ANPR-kameras verskuif na areas waar dit meer doeltreffend gaan wees om misdaad te moniteer, terwyl hulle ook binnekort een nuwe ANPR-kamera gaan installeer.

Benoni
• Die tak het ’n skoonmaakprojek in die dorp uitgevoer deur onkruid in Voortrekkerstraat te verwyder, terwyl daar ook skoongemaak is by die verkeerseiland in Atlasweg én tussen Mercury- en Finchstraat.
• Taklede het 17 slaggate op die hoek van Mowbraylaan en Russelstraat opgevul danksy 50 sakke teer wat deur The Murphy Cat Project geskenk is.
• Die tak het agt slaggate op die hoek van 5de Laan en Great Northweg opgevul danksy 20 sakke teer wat deur die tak self aangekoop is.
• Altesaam 1 750 kg teer (70 sakke) is tydens padherstelprojekte gebruik.

Edenvale
• Die tak het ’n skoonmaakprojek geloods op die hoek van Terrace- en Palliserweg waartydens gras gesny en sypaadjies netjies gemaak is.
• Taklede het 24 slaggate met tien sakke teer opgevul tydens ’n slaggatherstelprojek in De Klerkshof, Edenglen en Eastleigh.

Germiston
• Die buurtwag het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en AfriForum se Alberton-buurtwag ’n operasie in Kibler Park uitgevoer waartydens twee verdagtes vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is. Ses onwettige immigrante is ook vasgetrek.
• Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Jacobsstraat en Black Reefweg, asook rondom Norton Small Farms gehou. Sewe slaggate (sowat 54 m²) is opgevul met 575 kg teer.
• Die tak het ’n e-pos aan die Ekurhuleni-metro gestuur oor ’n ouetehuis in ’n swak toestand. Die metro het gereageer en vier nuwe geisers geïnstalleer.

Kempton Park
• Die tak het ’n stalletjie tydens die Kontiki-musiekfees beman en gehelp met veiligheidsreëlings tydens die fees.
• Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou en die gemeenskap uitgenooi om hul afgestorwe geliefdes se grafte te besoek.
• Die tak het die volgende items by die Allen Park-ouetehuis afgelewer:
   o 11 000 materiaalgesigmaskers (hergebruik vir kwilte)
   o 360 ontsmettingspuitkanne (vir kamers)
   o sakke leer en ander materiaal (hergebruik vir handsakke)
   o verskeie huishoudelike items

Springs
• Die tak het saam met die plaaslike GPF die Struisbult-woonbuurt help skoonmaak deur gras te sny.
• ’n Verdagte voertuig wat deur die Benoni SAPD gesoek word is op een van die tak se SNIPR-kameras opgemerk. Dit het daartoe gelei dat die verdagtes uiteindelik in hegtenis geneem kon word.

• Die tak het hul noodwaterpunt aan die gemeenskap beskikbaar gestel ná ’n beplande waterafsluiting in die omgewing.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • AfriForum het in samewerking met die plaaslike boeregemeenskap meer as 260 000 liter water binne een week aan skole en tehuise in die omgewing versprei tydens ’n onlangse wateronderbreking.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Padtekens is oorgeverf en lang gras is kort gesny. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
  • Die N17-hoofweg
  • In Du Plooystraat in die middedorp
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
  • Taklede het ’n slaggatherstelprojek in Tsibitso Sibanyonistraat voltooi waartydens meer as 200 sakke teer gebruik is.
  • Die tak het in totaal al naastenby 900 sakke teer vir die jaar gebruik tydens slaggatherstelprojekte.
  • Die tak het doleriet gegooi in Hoëveld- en Van der Stellaan tydens ’n padherstelprojek.
  • Die tak het drie skole saam met die National Centre for Child Protection besoek en leerders toegespreek oor aanlyn gedrag en veiligheid, asook boeliegedrag.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 33 000 m² skoongemaak waartydens 24 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
    • Nelson Mandelarylaan
    • Eendedam-park
    • Davieshof-sentrum
    • Hoërskool Secunda
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 150 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het nege verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het een gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 14 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Taklede het 41 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 169 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die historiese begraafplaas in Chrissiesmeer van stapel gestuur.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek al langs die N17-hoofweg deur Chrissiesmeer geloods.

Standerton

  • Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
  • Die tak het ’n grassnyprojek by die Standerton-skougronde voltooi nadat meer as 3 ha gesny is.

Middelburg

  • Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die Middelburg Mineralia-begraafplaas van stapel gestuur.
  • MidWit-buurtspanlede het ’n skoonmaakprojek by die park oorkant die Middelburg Primary School geloods.
  • Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die Gholfsig-begraafplaas van stapel gestuur.
  • Die MidWit-buurtspan het in totaal 2,5 ha deur die loop van die maand skoongemaak.

Witbank

  • MidWit-buurtspanlede het ’n skoonmaakprojek langs O.R. Tamboweg gehou.
  • Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die ingang van die Witbank Gholfklub geloods.
  • Die MidWit-buurtspan het in totaal 1,5 ha deur die loop van die maand skoongemaak.

LAEVELD

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het slagoffers van ’n plaasaanval naby Uitkyk ondersteun.
  • Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se buurtspan het die park in Skylabsingel se gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het die verkeerseilande in Ferreirastraat skoongemaak, asook die vleilandarea rondom The Blue Gate.
  • Die tak se buurtspan het 15 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte in die dorp.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n veediefstaltoneel.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om die moordenaar van Robert Stoltz in Roossenekal vas te trek.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 1 200 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
  • Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.

Machadodorp

Witrivier

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die buurtwag het gehelp om koperdiewe by die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit vas te trek. Ironies genoeg is hierdie verdagtes in diens van dié munisipaliteit.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.

Nylstroom

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
  • Taklede het in samewerking met Aksie Opknap aan ’n grassnyprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n klagte teen die munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak rakende die rioolprobleme in die dorp.

Phalaborwa

  • Taklede het verskeie spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.

Potgietersrus   

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
  • Die tak het die padreserwes skoongesny.
  • Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

Groblersdal

  • Die tak het die dorp se sportgronde skoongemaak.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.

Marble Hall

  • Die tak het gehelp om oplossings te vind vir die rioolprobleme in die dorp.

Ellisras

  • Die tak het gehelp om plaaspaaie te herstel.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.

Thabazimbi

  • Die tak het verskeie rioollekkasies gemerk vir die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit se aandag.
  • Taklede het talle slaggate in die dorp opgevul.
  • Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
  • Die tak het in samewerking met die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit 30 vullisdromme in Lambertsbaai aangebring.
  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het met die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit se veiligheidspan vergader om die onreëlmatigheid van aanstellings en moontlike korrupsie binne die munisipaliteit aan te spreek wat tot ’n interne ondersoek gelei het.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
  • Die tak het ’n suksesvolle gemeenskapsvergadering gehou waartydens adv. Gerrie Nel die gemeenskap toegespreek het.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. ’n Totaal van 21 patrollies is in 109 manure afgelê.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Kaapstad-Noord

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is, waaronder die uitreik van boetes, blus van brande en ondersteuning op ongelukstonele. Hulle het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes 18 patrollies in 430 manure afgelê.

Malmesbury

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Vredendal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid op te skerp en veiligheid te verbeter in die area.
  • Die tak het die protospanopleiding gehuisves waartydens 28 nuwe protospanlede vir die Wes-Kaap opgelei is.
  • Die buurtwagte het die SAPD ondersteun tydens die soektog na ’n vermiste persoon in Koekenaap.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD twee padblokkades beman.
  • Die buurtwagte het die SAPD ondersteun tydens die soektog na die eienaar van ’n voertuig wat verlate langs die pad gelos is.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Victoriabaai-buurtwag het rampbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak se jeugvleuel het ook rampbestuursopleiding bygewoon.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het huisnommers oorgeverf as deel van die tak se #HerstelEnVersnel-projek.

Kaap Agulhas

  • Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig
  • Struisbaai-buurtwaglede het ondersteuning aan die SAPD en wetstoepassingsowerhede gebied met die verwydering van sluipslapers.
  • Taklede het 3 ton teer aan die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit geskenk as deel van die tak se #HerstelEnVersnel-projek.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het deurlopend die badkamers by die Sedgefield-meer onderhou.
  • Taklede het rampbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak het middagetes en slaapplek aan watervragmotorbestuurders voorsien tydens die Rheenendal-waterkrisis.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het skenkings bestaande uit koeldranke en energielekkers aan die brandweer en nooddienste oorhandig tydens hul stryd om ’n brand in Mosselbaai se industriële gebied onder bedwang te bring.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Luscombe- en Middelstraat-park deurlopend onderhou.
  • Die tak het ’n gemeenskapsveiligheidsvergadering gehou om die gemeenskap in te lig oor die misdaadsituasie in die dorp, asook om die buurtwag te versterk.
  • Taklede het ’n lelike muur in die Luscombe-park oorgeverf as deel van die tak se #HerstelEnVersnel-projek.
  • Die tak het ongeveer 500 kg teer gebruik om 20 slaggate in die dorp op te vul.

Langeberg

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het op talle misdaadvoorvalle gereageer en gevolglik ondersteuning gebied.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vier kameras in die dorp aangebring en beplan om die projek selfs verder uit te brei.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Theewaterskloof

  • Die tak het die voortou in die Wes-Kaap geneem met hulle gemeenskapsverkeerveiligheidsprojek. Tydens hierdie projek het die tak in samewerking met verskeie ander instansies en gemeenskapslede die slaggate in Skoolstraat, Botrivier, opgevul. Ongeveer 2 m3 teermengsel is hiervoor aangewend.
  • Die tak het ’n veiligheidsvergadering gehou om die gemeenskap toe te spreek oor veiligheidskwessies in die Theewaterskloof-gebied.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in talle woonbuurte van stapel gestuur. Wat hierdie projek egter uniek maak is die feit dat taklede sabunga – ’n natuurlike sanderige aggregaat wat plaaslik voorkom – vir hierdie doel gebruik. Die sabunga word met S66-olie gemeng en in die slaggate gegooi. Sabunga is meer buigsaam en hou langer as die koue teer wat gewoonlik gebruik word.
  • Die tak het ’n skrywe aan die dorp se burgemeester gerig waarin verduidelik word dat die tak binnekort ’n straatligherstelprojek van stapel gaan stuur.
  • Lou Venter, ’n bekende sakeman op die dorp, het onlangs by die tak aangesluit. Lou bestuur tans ’n aantal bestaande buurtspanne wat in die toekoms waardevolle ondersteuning aan AfriForum-projekte sal bied.
  • Die tak het ook voelers uitgesteek om teen September weer ’n buurtwag op die been te bring.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Die tak het onlangs gereorganiseer.
  • Taklede is byna klaar met die installering van 30 veiligheidskameras op verskillende plekke in die dorp.

Oos-Londen

  • Die tak maak goeie vordering ten opsigte van die stig van twee nuwe buurtwagte. Besprekings is reeds gehou met sowel tak- as gemeenskapslede wat betrokke wil raak en die stigtings behoort binnekort plaas te vind. Danksy die samesmelting met Eco Scorpions het AfriForum ook nou toegang tot 16 bestaande buurtwagte (wat onder Eco Scorpions se beheer is).
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Sunriseweg van stapel gestuur en net soos in Cradock word hier ook van sabunga gebruik gemaak om die slaggate te vul. Ongelukkig kry die tak steeds teenstand van die Buffalo City-metro.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Colchester-plaaswag het ’n opname gemaak van stukkende straatligte en daar is bevind dat slegs 20% van die dorp se straatligte tans in ’n werkende toestand is.
  • Colchester-plaaswaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel by die kruising op die N2-hoofweg oorkant Spar tussen ’n vragmotor en ’n motor. Die plaaswaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en verkeer gereguleer. Die tak is tans besig met ’n veldtog om die spesifieke kruising te beveilig en het reeds met die Nelson Mandelabaai-metro daaroor vergader, terwyl Hans Botha (eienaar van Spar) ook in gesprek met Sanral getree het.
  • Die tak se jeugvleuel het aan ’n skoonmaakprojek in wyk 39, wat Beverley Grove insluit, deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het aan ’n skoonmaakprojek by die Victoria Park-krematorium deelgeneem.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n grassnyprojek in Beverley Grove gehou.
  • Die Walker Drive-buurtwag en Winterberg-plaaswag het in samewerking met die SAPD ondersoek ingestel na die kaping van ’n vragmotor wat vleis vervoer het. Tot dusver is 12 inhegtenisnames gemaak en die vragmotor is ook opgespoor.
  • Walker Drive-buurtwaglede het gereageer op ’n noodoproep wat ’n brand aangemeld het. Die buurtwag was eerste op die toneel en kon verhoed dat die brand verder as die kombuis versprei. Teen die tyd dat die brandweer opgedaag het was die brand reeds onder beheer.
  • Die Broadway-buurtwag was betrokke by die voorsiening van voedsel aan ouetehuise wat danksy borge verkry is.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Winterberg-plaaswaglede is steeds besig met herstelwerk aan Amanziweg buite Uitenhage. Die huidige projek behels die herstel en herbou van die padoppervlak (’n gedeelte wat sowat 1,5 km lank is).
  • Die Winterberg-plaaswag en Walker Drive-buurtwag het in samewerking met die SAPD ondersoek ingestel na die kaping van ’n vragmotor wat vleis vervoer het. Tot dusver is 12 inhegtenisnames gemaak en die vragmotor is ook opgespoor.
  • Mosel-buurtwaglede en Uitenhage-taklede het die helilandingsblad oorgeverf, asook ’n nuwe windkous aangebring.
NOORDWES   MOOIRIVIER   Klerksdorp Die tak het skrywes aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig omdat hul advertensies oor openbare vergaderings foutiewe inligting bevat.Die tak het ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende ’n rioolprobleem in Irenepark, waarna die munisipale direkteur van infrastruktuur die perseel saam met taklede besoek het.   Potchefstroom Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die tak het slaggate naby die Sasol-vulstasie opgevul.   Stilfontein Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.   STELLALAND   Christiana en Bloemhof Die takke in hierdie twee dorpe het hul voorstelle op die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) ingedien. Hierin het die takke voorgestel dat die munisipaliteit dringend aandag aan dienslewering in hierdie dorpe gee. Die afgelope jaar het die munisipaliteit minimale geld bestee aan die instandhouding van infrastruktuur op dié dorpe, maar die werklike probleem lê by basiese dienste wat die munisipaliteit nie aan sy inwoners lewer nie.   Delareyville Die inwoners van Delareyville het weer water ná hulle vir dae lank daarsonder moes klaarkom. AfriForum het antwoorde van die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit geëis oor waarom die water af is en versoek dat die watertoevoer herstel moet word. Volgens die organisasie versaak die munisipaliteit sy grondwetlike verantwoordelikheid deur nie water te voorsien nie en nie te kommunikeer oor die redes waarom daar nie watervoorsiening kan plaasvind nie.  Die takke in Delareyville, Sannieshof en Ottosdal het hul voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) by die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Die takke het onder meer voorgestel dat daar veral aandag aan infrastruktuur en instandhouding gegee moet word.  AfriForum het die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit gemaan om die huidige waterkrisis in Delareyville en Ottosdal op te los. Dié twee dorpe was vir meer as ’n week sonder water, hoofsaaklik weens swak instandhouding van die Geysdorp-pompstasie in Delareyville.   Vryburg Die tak het sy voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Naledi Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Daar is voorgestel dat dié munisipaliteit in sowel Vryburg as Stella moet fokus op die opgradering en instandhouding van die dorpe se infrastruktuur.    MARICO   Lichtenburg en Coligny Die takke in Lichtenburg en Coligny het deelgeneem aan die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-deelnameproses van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. In lyn met artikel 152 van die Grondwet het AfriForum nie net skriftelike insette gelewer nie, maar die dokument ook persoonlik aan die burgemeester se sekretaris oorhandig.   Rustenburg Die tak het aan die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit se openbaredeelnameproses vir sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) deelgeneem en ernstig beswaar aangeteken teen verskeie diensleweringskwessies. Ingevolge artikel 152 van die Grondwet het AfriForum nie net skriftelike insette gelewer nie, maar die dokument ook persoonlik aan die munisipale bestuurder se sekretaris oorhandig.Taklede het 1,55 ton teer gebruik om talle slaggate in Mcgregorstraat op te vul.   Zeerust Die tak het die terrein rondom die Zeerust-monument skoongemaak en twee bakkievragte tuinrommel opgetel en weggery.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aktief aan die openbaredeelnameproses van die Nala Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) deelgeneem deur kommentaar daarop in te dien.

Heilbron

  • Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
  • Taklede het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het die middelmannetjies in Langmarkstraat skoongemaak.

Parys

  • Die tak het antwoorde van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit geëis omdat herstelwerk aan die dorp se watersuiweringswerke tot stilstand gekom het.
  • Die tak het 15 nuwe verkeersborde aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit geskenk.
  • Die tak het 2,25 ton teer gebruik om ses groot slaggate en 60 kleiner slaggate in die dorp op te vul.

Sasolburg

  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Die tak het 94,3 ha gras gesny.
  • Taklede het 6 ha skoongemaak.
  • Die tak het verskeie spoedhobbels voor skole en kerke oorgeverf.

Viljoenskroon

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n sloot op die hoek van Engelbrecht- en Steynstraat skoongemaak en daarna agt bakkievragte vullis (sowat 25 swartsakke) weggery.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:
  • Ou Presidensie
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Britsmonument
  • Park in Wilgehof
  • Park in Lucas Steynweg
  • AfriForum-park in Pellissier

AfriForum Vullisverwydering

  • Personeel het aanvanklik ’n totaal van 3 332 sakke vullis opgetel en weggery. As deel van die skoonmaakprojek is ’n addisionele 476 sakke vullis egter ook in Universitasrif, Universitas, Gardeniapark en Wilgehof opgetel en weggery omdat die Mangaung-metro se voertuie gesaboteer is en hulle dus agter skedule geraak het. Die groottotaal was dus 3 808 sakke vullis.

AfriForum-streeksberade

  • Al die AfriForum-takke in Bloemfontein het die organisasie se streeksberaad vir die sentraalstreek in die stad bygewoon.

#HerstelEnVersnel

AfriForum Jeug/Kovsies

  • Die Kovsies-tak het in samewerking met AfriForum Jeug Veiligheid 101, ’n AfriForum-program wat op verskeie aspekte van veiligheid fokus, vir studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied.

AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum en AfriForum 911 Reaksie-eenheid

  • Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied tydens vyf inhegtenisnames.
  • Die GVS en reaksie-eenheid het gehelp met die blus van twee brande.
  • Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied op sestien ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die reaksie-eenheid het op vier geleenthede saam met plaaslike buurtwagte patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die GVS het ses nasionale klagtes via die radio aangemeld.
  • Die GVS en reaksie-eenheid het op 56 voorvalle gereageer.
  • Die GVS en reaksie-eenheid was tydens 13 ondersoeke na verdagte persone/voertuie betrokke.
  • Die GVS het 65 WhatsApp-klagtes hanteer.

Wilgehof

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Uitsig

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ’n bloedingbeheerkursus suksesvol voltooi. Critical Training Concepts het die internasionaal erkende Stop the Bleed-program aangebied en die patrolleerders toegerus met lewensbelangrike kennis en vaardighede.

Hospitaalpark

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
  • Die buurtwag het onlangs ’n suksesvolle gemeenskapsveiligheid-inligtingsaand aangebied waartydens verskeie belangrike veiligheidskwessies bespreek is. Die aand het waardevolle insigte gebied oor hoe die gemeenskap saam kan staan en hul weerbaarheid teen misdaad kan versterk.

Bloemfontein-Noord (landelik)

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
  • Die tak het ’n vergadering oor gemeenskapsveiligheid gehou.

Bloemfontein-Noord (stedelik)

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
  • Die tak het gras gesny by verskeie parke in die buurt.

Langenhovenpark

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Fichardtpark

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Pellissier

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

Rayton-Heuwelsig

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

HOOGLAND

Welkom

  • Inwoners van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit staar steeds ernstige waterbeperkings in die gesig weens dié munisipaliteit se voortdurende versuim om sy finansiële verpligtinge teenoor Vaal Central Water (VCW) na te kom én burgerlike organisasies soos AfriForum in staat te stel om broodnodige herstelwerk aan lekkasies te doen.
  • Die inwoners van die Matjhabeng-munisipaliteit is onlangs in kennis gestel dat VCW van voorneme is om die watertoevoer na Welkom te beperk weens die munisipaliteit se wanbetaling. Die munisipaliteit skuld die watervoorsiener ongeveer R6 miljard.

Bethlehem

  • Die tak het padherstelprojekte by die volgende plekke in die dorp onderneem:
  • Hoërskool Witteberg – 3 750 kg teer vir 1 875 m² se slaggate
  • Hoërskool Witteberg – 60 liter SS60 bitumen vir 3 000 m² se krake
  • Laerskool Truida Kestell – 3 750 kg teer vir 1 875 m² se slaggate
  • Laerskool Truida Kestell – 70 liter SS60 bitumen vir 300 m² se krake
  • Blesbokstraat – 2 075 kg teer vir 41,5 m² se slaggate
  • Blesbokstraat – 240 liter SS60 bitumen vir 1 100 m² se krake
  • Die tak het grassnyprojekte by die volgende plekke in die dorp onderneem:
  • Bethlehem Museum – 1 ha
  • N5-hoofweg se sypaadjie – 2,4 km
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle operasie saam met die nuwe Vrystaatse polisiekommissaris gehou en verskeie inhegtenisnames help maak.
  • Buurtwaglede het ’n rassekonflik op ’n ongelukstoneel suksesvol ontlont.
  • Die buurtwag het ’n man wat aan depressie ly en onder die invloed van alkohol was by ’n skool verwyder en teruggeneem na sy huis toe.  
  • Buurtwaglede het saam met ER24 ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in die middedorp deur die toneel te beveilig en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het die plaaslike SAPD gehelp met die opsporing en suksesvolle inhegtenisname van ’n man wat gereeld betrokke is by huisbrake en prostitusie.
  • Buurtwaglede het deelgeneem aan ’n soektog na ’n tienermeisie wat gedurende die nag uit haar ouerhuis verdwyn het. Die meisie is uiteindelik veilig opgespoor.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit versoek om Newcastle en die nabye omgewing se strate en onstabiele rioolnetwerke ’n prioriteit in die nuwe finansiële jaar (2025/2026) te maak. Die toestand van sekere strate in verskeie buurte, die sentrale sakekern en die industriële gebied moet dringend aandag geniet.

Margate

  • Die Laer Suidkus-tak het die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit en die Ugu Distriksmunisipaliteit versoek om Margate en die nabye omgewing se onstabiele water- en rioolnetwerke ’n prioriteit in die nuwe finansiële jaar (2025/2026) te maak.

Vryheid

  • Die tak het die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit versoek om Vryheid se onstabiele kragnetwerk en haglike paaie ’n prioriteit in die nuwe finansiële jaar (2025/2026) te maak. Die toestand van die plaaslike begraafplaas is ook ’n teer saak wat dringend aandag moet geniet. Die tak het onlangs hierdie skriftelike voorstelle met betrekking tot dienslewering op die munisipaliteit se jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) ingedien.

Durban en Amanzimtoti 

  • Die takke het die eThekwini-metro versoek om Durban en omliggende dorpe se onstabiele water- en rioolnetwerke ’n prioriteit in die nuwe finansiële jaar (2025/2026) te maak. Die toestand van sekere strate in die eThekwini- munisipale gebied is ook ’n teer saak wat dringend aandag moet geniet. Die takke het onlangs hierdie skriftelike voorstelle met betrekking tot dienslewering op die metro se jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) ingedien.

Soortgelyke plasings