TAKSUKSESSE: JUNIE 2025
GAUTENG
GROTER PRETORIA-NOORD
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het die eerste fase van hul nuwe Sonskyn op hul grafte-projek by die Heatherdale-begraafplaas afgeskop. Verskeie gemeenskapslede, gemeenskapsorganisasies en sakeondernemings was ook daarby betrokke.
- Die tak se buurtspan het ’n projek getiteld Beskerm ons inwoners van stapel gestuur. Oorweldigende ondersteuning is vanuit die gemeenskap ontvang. Die tak se jeugvleuel en van sy vrywilligers was ook daarby betrokke.
- Die tak se buurtspan het saam met gemeenskapslede en verskeie veiligheidspanne aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. In totaal het meer as 40 mense daaraan deelgeneem.
- Die tak se buurtspan het tuinrommel met ’n sleepwa weggery en dit sodoende vir die diensspan moontlik gemaak om verder te ontbos.
- Die tak se diensspan het die gebied langs die R80 ontbos en terselfdertyd misdadigers se wegkruipplek ontdek.
- Danksy die tak se diensspan se misdaadvoorkomingsaksies kon verskeie partye help om ’n misdadiger in hegtenis te neem.
- Die tak se Beskerm ons inwoners-projek in Akasia is op ’n hoogtepunt afgesluit. Verskeie gemeenskapslede, plaaslike sakeondernemings en vrywilligers was daarby betrokke. Die tak se bestuurspan is opgewonde oor soortgelyke toekomstige projekte.
- Die tak se buurtspan het 1 300 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het 502 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 79 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het 14 ha gras met bossiekappers gesny
- Die tak se buurtspan het talle bome met kettingsae opgesny.
- Die tak se buurtspan het sewe persele skoongemaak.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 175 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het 385 401 m² gras gesny.
- Die tak se buurtspan het ’n opknappingsprojek by ’n kinderhuis waartydens die wasgoedlyn herstel is, afgehandel.
Wes-Moot
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het gehelp om veldbrande te blus.
- Die buurtwag het aan ’n operasie saam met die SAPD in Pretoria-Wes en Hercules deelgeneem.
Moreletapark
- Die buurtwag het in samewerking met die Garsfontein GPF en Bull Security aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ook 39 ander patrollies deur die loop van die maand gery.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied met die inhegtenisname van ’n verdagte wat by ’n sakeperseel wou inbreek.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied op die toneel waar ’n voertuig langs Garsfonteinweg aan die brand geslaan het.
- Die tak het twee van sy lede vir traumaopleiding gestuur.
- Die tak het drie van sy lede vir operasionele opleiding gestuur.
- Die buurtwag het drie van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
- Die tak se buurtspan het gras gesny en slaggate opgevul op verskeie plekke in die buurt.
Bronkhorstspruit
- Die buurtwag het 14 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
GROTER PRETORIA-SUID
Centurion
- Die tak se buurtspan het 163 833 m² gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 11 940 kg gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
- Die tak se buurtspan het 378 herwinningsakke sorteer.
- Die tak se buurtspan het 9 609 kg herwinningsmateriaal opgetel.
- Buurtwaglede het aan twee operasies deelgeneem.
- Die buurtwag het 126 patrollies gery waartydens 3 747 km in 307 manure afgelê is om hul gemeenskap te beveilig.
Pionier
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
Hennopsrivier
- Die plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
Pretoria-Wes
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Krugersdorp
- Die buurtwag het 1 620 km in 221 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Shanela deelgeneem.
- Die buurtwag het gereageer nadat drie erwe se hekke oopgestaan het. Die eienaars is gekontak en die hekke is veilig toegemaak.
- Buurtwaglede het gehelp om verskeie veldbrande te blus, insluitend ’n brand by die Krugersdorp Wildtuin.
- Buurtwaglede het ondersteuning op talle ongelukstonele gebied deur dit te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die tak se buurtspan het 30 sakke vullis opgetel en weggery.
- Die tak se buurtspan het een vrag sleepwa se bome weggery.
- Die tak se buurtspan het 1,5 ha gras gesny en weggery.
- Die tak se buurtspan het 442 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
Vanderbijlpark
- Die tak se buurtspan het 50 sakke blare in Pasteurboulevard opgetel.
- Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek by Phoenixpark gehou waartydens twee vullisvraghouers met blare en vullis gevul is.
- Die tak se buurtspan het 4,8 ha gras gesny.
OOS-RAND
Alberton
- Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Raceview gehou; 750 kg teer is gebruik om 35 m² op te vul.
- Die tak het gehelp met roetesluitings en -omleidings nadat ’n veldbrand tot ’n ongeluk op die R59-snelweg gelei het.
- Buurtwaglede het saam met 347 ander rolspelers aan ’n GPF-operasie deelgeneem.
- Die buurtwag het tydens AfriForum se nasionale massapatrollie 134 voertuie geskandeer, twee inhegtenisnames vir dronkbestuur gemaak, ’n veldbrand help blus en huishoudelike geweld probeer oplos. ’n Totaal van 1 880 km is gepatrolleer tydens die patrollie.
- Buurtwaglede is ontbied na ’n veldbrand in Meyersdal; hulle het dit vinnig onder beheer gebring.
- Die buurtwag het twee van sy lede vir vaardigheidsopleiding gestuur.
Brakpan
- Die buurtwag het kabeldiewe help vastrek deur een van die organisasie se hommeltuie in te span, asook danksy die SAPD se hulp.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem waartydens 47 lede 4 320 km in 27 voertuie gepatrolleer het.
- Die tak het ’n skenking noodverbruiksgoedere vir sy rampbestuurseenheid ontvang.
Benoni
- Taklede het 25 slaggate opgevul danksy 70 sakke teer (1 750 kg), waarvan 50 sakke deur The Murphy Cat Project geskenk is.
- Taklede het in samewerking met die Clean Projects-span ’n vullisdrom-inspeksieprojek van stapel gestuur. Hulle het ook ’n beskadigde drom oorgeverf.
- Die tak het ’n veldbrand op die hoek van Benoni- en Evansweg geblus voordat dit die huise kon bereik.
- Taklede het die veld op die hoek van Benoni- en Evansweg netjies gesny ná die brand.
- Die tak het ’n addisionele 875 kg teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
- Danksy die goeie samewerking tussen AfriForum se Benoni-beheerkamer en sekuriteitsmaatskappye is ’n voertuig wat by ’n tref-en-trap-ongeluk betrokke was, opgespoor.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek in Voortrekkerstraat gehou in samewerking met die Northfield Methodist Church se jeuglede en die Benoni Taxi Association.
- Taklede het twee gekaapte vragmotors opgespoor en gesteelde koperkabels binne die waens gevind.
- Danksy die goeie samewerking tussen AfriForum se Benoni-beheerkamer en sekuriteitsmaatskappye is ’n verdagte in hegtenis geneem vir die diefstal van sonkragtoerusting.
- Na afloop van die nasionale massapatrollie het die tak ’n funksie gereël waartydens verskillende nooddienste die gemeenskap toegespreek het oor veiligheid, tegnologie en brandbestryding.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek by die damwal gehou; sowat 30 000 bye is ontdek, bome is verwyder en indringerspesies is behandel.
- Buurtwaglede het 2 013 km in 392 manure afgelê.
- Die buurtwag het 254 671 531 lesings aangeteken tydens sy Syntell-projek.
Edenvale
- Die tak het skoonmaak- en slaggatherstelprojekte in Eastleigh, Illiondale en Edenglen gehou.
- Engen Brentel Motors het kompos geskenk vir die tak se skoonmaakprojekte.
Germiston
- Die buurtwag het aan ’n veiligheidsoperasie saam met die SAPD en AfriForum se Alberton-buurtwag deelgeneem.
- Die tak het drie van sy lede vir traumaopleiding gestuur.
- Buurtwaglede het tydens ’n operasie in Primrose op onwettige myntoerusting afgekom; die verdagtes het ongelukkig gevlug.
- Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
Kempton Park
- Taklede het ’n slaggatherstelprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
- Die buurtwag het ’n “koffiepatrollie” geloods met die oog op groter gemeenskapsigbaarheid.
- Die tak het twee van sy lede vir traumaopleiding gestuur.
Springs
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem; 12 lede het 930 km in nege woonbuurte gepatrolleer om sigbaarheid te verbeter.
MPUMALANGA
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Padtekens is oorgeverf en lang gras is kort gesny. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
- Du Plooystraat in die middedorp
- Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
- Die tak het verskeie grassnyprojekte in die dorp van stapel gestuur:
- Die sypaadjies langs die N17-hoofweg is skoongesny
- Jabulani Selepestraat is skoongesny voor die DBV
- Gras by die DBV is skoongesny sodat daar nie ’n brandgevaar rondom die geboue is nie
- ’n Totaal van 1,2 ha (vier bakkievragte vullis) is gesny en weggery
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak se buurtspan het nagenoeg 36 000 m² skoongemaak waartydens 24 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
- Nelson Mandelarylaan
- Leydsstraat
- h.v. Steenkoolspruit- en Krokodilrivierstraat
- h.v. Steenkoolspruit- en Wolwespruitstraat
- h.v. Wolwespruit- en Rietspruitstraat
- h.v. Rietspruit- en Vaalrivierstraat
- h.v. Vaalrivier- en Frankfurtstraat
- Davieshof-sentrum
- h.v. Bloekom- en Dennestraat
- Die tak het tot dusver vanjaar al 190 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het 12 verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
- Delmas Valke-buurtwaglede het een gesteelde voertuig opgespoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag het drie voertuie opgespoor wat gebruik is in die pleeg van misdade.
- Delmas Valke-buurtwaglede het R960 000 se gesteelde vee opgespoor.
- Delmas Valke-buurtwaglede het praktiese opleiding in veediefstal ontvang.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 17 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 17 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 186 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
Standerton
- Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
- Die tak het ’n grassnyprojek by die Standerton-skougronde voltooi nadat meer as 3 ha gesny is.
Middelburg
- Die MidWit-buurtspan het skoonmaakprojekte by die volgende plekke gehou:
- Vergeet-My-Nie-ouetehuis
- h.v. Umlaas- en Keiskammastraat
- Oranjestraat
- Die MidWit-buurtspan het in totaal 0,8 ha deur die loop van die maand skoongemaak.
- MidWit-buurtspanlede het agt spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
Witbank
- Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek op die hoek van Dora- en Gordonweg aangepak.
- MidWit-buurtspanlede het 14 spoedhobbels in Witbank oorgeverf.
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se buurtspan het tien sonkragligte aangebring om voetgangers se veiligheid by die Innibos- Nasionale Kunstefees te verseker.
- Die tak het ’n nuwe voertuig vir sy buurtspan aangekoop.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 8 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
- Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 2 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Die tak het ’n nuwe noodwaterpunt in die dorp opgerig.
- Taklede het ’n sonkraglig met ’n kamera aangebring om die dorp se hoofoorskakelingstasies te monitor.
Witrivier
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n nuwe reaksievoertuig vir sy buurtwag aangekoop.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
LIMPOPO
Naboomspruit
- Die tak het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
Warmbad
- Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Taklede het rondom die plaaslike polisiestasie skoongemaak.
- Die tak het pale by die ingang na die laerskool opgerig.
Nylstroom
- Die tak het slaggate in die dorp met 3 ton teer opgevul.
- Taklede het in samewerking met Aksie Opknap aan ’n grassnyprojek deelgeneem.
Phalaborwa
- Die tak het verskeie bome opgesaag.
Potgietersrus
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Die tak het 150 sakke teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
- Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
Groblersdal
- Die tak was betrokke by die winterspele vir skole wat op die dorp gehou is.
Marble Hall
- Die tak het die terrein rondom die begraafplaas skoongemaak.
Ellisras
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Messina
- Die buurtwag het sy reaksie op moontlike plaasaanvalle ingeoefen tydens AfriForum se nasionale massapatrollie.
Pietersburg
- Die Pietersburg-Suid-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Thabazimbi
- Die tak het verskeie rioollekkasies gemerk vir die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit se aandag.
- Taklede het talle slaggate in die dorp opgevul.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Die tak het nuwe spoedhobbels in die dorp aangebring.
- Taklede het talle sypaadjies en parke in Thabazimbi skoongesny.
NOORDWES MOOIRIVIER Klerksdorp Die tak het skrywes aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig omdat hul advertensies oor openbare vergaderings foutiewe inligting bevat.Die tak het ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende ’n rioolprobleem in Irenepark, waarna die munisipale direkteur van infrastruktuur die perseel saam met taklede besoek het. Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Potchefstroom Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die tak het ’n program saamgestel en aangebied tydens die herdenking van Konsentrasiekampdag.Die tak se buurtspan het ’n strook agter ’n meenthuiskompleks skoongemaak. Stilfontein Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. |
MARICO
Rustenburg
- Die tak het meer as 1,7 ha gras by plaaslike parke en groenstroke gesny. Taklede het ook 1,1 ton teer gebruik om slaggate op die hoek van Lucas- en Mcgregorstraat op te vul.
Zeerust
- Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burghermonument op die dorp. Taklede het in totaal 1 600 m² gras gesny, waarna drie streepsakke gras, blare, takke en ander tuinrommel opgeruim en in twee sleepwavragte weggery is.
Lichtenburg
- Die tak het altesaam 14,5 ton teer, 90 liter SS60 bitumen en 30 liter padverf gebruik om ’n reeks teer- en veiligheidsprojekte in die dorp te voltooi. Die projekte is deur AfriForum se eie teerspan uitgevoer en is geheel en al moontlik gemaak deur skenkings van die publiek aan die niewinsgewende Lichtenburg Teerprojek. In Greeffstraat alleen is 18 slaggate opgevul danksy 20 sakke teer en 10 liter SS60 bitumen.
Coligny
- Die tak het vier bakkievragte tuinrommel weggery tydens die volhoubare instandhoudingsprojek in Voortrekkerstraat.
STELLALAND
Algemeen
- Die buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei, Vryburg en Wolmaransstad het onlangs in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye en plaaslike veiligheidstrukture ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Dié patrollies het ten doel gehad om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Altesaam 79 patrolleerders het aan die patrollies deelgeneem en in die proses 2 338 km in 54 voertuie afgelê. Die impak wat dié patrollies op misdaad in die gebiede gehad het, is duidelik sigbaar. Die hoofdoel van die patrollies was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog om sodoende misdaad hok te slaan. Geen ernstige insidente is tydens die patrollies aangemeld nie.
Delareyville
- Die watertoevoerprobleme wat al weke lank op Delareyville woed, is eindelik opgelos ná volgehoue druk deur AfriForum. Die inwoners van Delareyville moes vir langer as 22 dae sonder water klaarkom as gevolg van munisipale infrastruktuur wat onklaar geraak het; blykbaar het die pompe wat water vanaf die Geysdorp-pompstasie na die dorp moes voorsien, uitgebrand. Die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit het gesloer met die nodige herstelwerk en het boonop geen alternatiewe waterbronne verskaf nie. Gevolglik moes inwoners self vir water gesorg het. AfriForum het verskeie skrywes aan die betrokke munisipaliteit oor die probleem gerig en hom selfs tot nasionale media gewend om die probleem onder die munisipaliteit se aandag te bring. Dit was skynbaar eers toe dit TV-nuus gehaal het dat die munisipaliteit die probleem met erns gepak het.
Vryburg
- Die tak het die laaste twee maande minstens R25 000 aan projekte spandeer om dié Noordwes-dorp ’n veiliger omgewing vir voetgangers, motoriste, ondernemings en skoliere te maak. Die tak het meer as 2 ha gras in parke – waardeur skoliere op pad skool toe loop – en rondom sakepersele gesny om inbrake by dié persele te voorkom. Dit was veral belangrik om die gras op die roetes te sny waarvan skoliere gebruik maak om hul veiligheid skool toe en terug te verseker. Verder het die tak meer as 80 liter padverf gebruik om meer as 16 spoedhobbels in die dorp oor te verf. Die tak het ook in samewerking met die DA die verkeerstrepe rondom die privaat hospitaal en Pick n Pay oorgeverf.
VRYSTAAT
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het gehelp met die inhegtenisname van ’n inbreker.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Heilbron
- Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
Parys
- Die tak het voortdurend druk op die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen ná ’n belangrike oorwinning in ’n hofsaak.
- Taklede het die Menseregtekommissie (MRK) in die dorp rondgewys.
Sasolburg
- Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Viljoenskroon
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
- Die tak het agt vragte vullis uit die middedorp weggery.
HOOGLAND
Algemeen
- Die AfriForum-buurtwag in Bethlehem het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem; tien lede het 320 km in nege voertuie afgelê.
- Die AfriForum-buurtwag in Bultfontein het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem; 14 lede het 471 km in tien voertuie afgelê.
- Die AfriForum-buurtwag in Steynsrus het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem; tien lede het 38 km in nege voertuie afgelê.
Bethlehem
- Die tak het 1,8 ton teer gebruik om slaggate in verskeie woonbuurte op te vul, terwyl taklede ook 250 m² van die paaie geseël het.
- Taklede het in samewerking met die inwoners van Blesbokstraat besluit om self die straat voor hul eiendomme te herstel. Die tak se buurtspan het die teer, wat deur die inwoners van Blesbokstraat geskenk is, gebruik om 1 000 m² se slaggate op te vul én te seël, wat die padoppervlak aansienlik verbeter het.
Frankfort
- Die tak was vasberade om die dorp skoon en rommelvry te maak en as deel van hierdie inisiatief het taklede 13 pasgemaakte vullisdromme in J.J. Hadebestraat, wat ook Frankfort se hoofstraat is, aangebring. Hierdie vullisdromme is spesiaal ontwerp vir die gemeenskap en is toegerus met slotte om te verseker dat rommel veilig gestoor word. Die ontwerp verhoed dat rommel maklik uitgehaal en rondgestrooi kan word, wat ook help om die probleem met rotte – as gevolg van vullis wat rondlê – te bekamp.
ROSESTAD
Algemeen
- Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:
- Ou Presidensie
- Pres. Brand-begraafplaas
- Britsmonument
- Park in Wilgehof
- Park in Lucas Steynweg
- AfriForum-park in Pellissier
AfriForum Vullisverwydering
- Personeel het ’n totaal van 3 279 sakke vullis opgetel en weggery.
Nasionale massapatrollie
- AfriForum-buurtwagte van oor die hele Bloemfontein het 3 138 km in 48 voertuie afgelê tydens die organisasie se nasionale massapatrollie. Hierdie massapatrollie het ten doel gehad om sigbaarheid te verhoog en gemeenskapsveiligheid te prioritiseer.
#HerstelEnVersnel
- AfriForum se verskillende buurtspanne in Bloemfontein het daadwerklik hande gevat om die gras by die Pres. Brand-begraafplaas in die stad te sny. ’n Totale oppervlakte van 20 324 m² is skoon en netjies gemaak. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se Erfenisbeskermingsprojek en is ingesluit by die landwye #HerstelEnVersnel-inisiatief, wat daarop gemik is om ons kultuurerfenis te bewaar, te herstel en te beskerm vir toekomstige geslagte.
- Ná talle klagtes van inwoners dat die Mangaung-metro nie vullis in verskeie woonbuurte verwyder het nie, het AfriForum se vullisverwyderingspan opnuut ingespring om ’n verskil te maak. Vullis is in die volgende drie woonbuurte verwyder:
- Hospitaalpark: 236 swartsakke
- Fichardtpark: 130 swartsakke
- Uitsig: 35 swartsakke
AfriForum Brandbestryding
- Lede van AfriForum se gemeenskapsgebaseerde vrywillige brandbestrydingseenheid – die Suide Brandspan – het aan veldbrandopleiding wat deur die Mangaung Fire Protection Association (MAFPA) aangebied is, deelgeneem. Hierdie opleiding is ’n belangrike mylpaal in AfriForum se strewe om ’n bekwame en vinnige reaksiespan te ontwikkel wat in tye van nood, veral tydens veldbrande, daadwerklik kan optree in en rondom Bloemfontein.
AfriForum Jeug/Kovsies
- AfriForum Jeug se Kovsies-tak het ’n statiese bewusmakingsaksie saam met AfriForum se Langenhovenpark-, Sektor 4- en Hospitaalpark-buurtwag, asook SARZA en die AfriForum 911 Reaksie-eenheid gehou.
AfriForum Gemeenskapveiligheidsentrum en AfriForum 911 Reaksie-eenheid
- Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied tydens agt inhegtenisnames.
- Die GVS en reaksie-eenheid het gehelp met die blus van drie brande.
- Die GVS en reaksie-eenheid het ondersteuning gebied op elf ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die reaksie-eenheid het op twee geleenthede saam met plaaslike buurtwagte patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die GVS het agt nasionale klagtes via die radio aangemeld.
- Die GVS en reaksie-eenheid het op 76 voorvalle gereageer.
- Die GVS het 27 telefoniese klagtes hanteer.
- Die GVS het 69 WhatsApp-klagtes hanteer.
Wilgehof
- Die buurtwagleier het ’n oproep ontvang oor verdagte persone wat in die buurt opgemerk is. Hierdie inligting is deurgegee aan die AfriForum 911 Reaksie-eenheid, asook aan lede van die Sektor 3-buurtwag wat vinnig opgetree het en drie verdagtes aangekeer het. Hulle het onder meer voorwerpe met ’n byl gekap en koper in die veld gebrand.
- Die AfriForum 911 Reaksie-eenheid het ’n verdagte persoon ondervra, waarna die verdagte skielik op die vlug geslaan het. Danksy die publiek se hulp is die verdagte weer opgespoor waar hy probeer wegkruip het. Hy is gevolglik in hegtenis geneem.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Uitsig
- AfriForum se Sektor 4-buurtwag en die AfriForum 911 Reaksie-eenheid het vinnig gereageer op ’n oproep oor ’n verdagte persoon in Monumentweg. Die verdagte is gevra om sy sakke uit te pak en by nadere ondersoek is gesteelde koperkabels ter waarde van R12 000 by hom gevind. Die verdagte is gevolglik na die Parkweg-polisiestasie geneem.
- Die AfriForum 911 Reaksie-eenheid het ’n verdagte persoon tydens ’n roetinepatrollie in hegtenis geneem nadat daar opgemerk is dat hy verskeie items by hom gehad het, waaronder ’n hekmotor en ander elektriese toerusting. Die SAPD is ook ontbied.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Hospitaalpark
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
- Die buurtwag het onlangs ’n suksesvolle gemeenskapsveiligheid-inligtingsaand aangebied waartydens verskeie belangrike veiligheidskwessies bespreek is. Die aand het waardevolle insigte gebied oor hoe die gemeenskap saam kan staan en hul weerbaarheid teen misdaad kan versterk.
Bloemfontein-Noord (landelik)
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
Bloemfontein-Noord (stedelik)
- Na afloop van ’n inbraak het die AfriForum 911 Reaksie-eenheid waardevolle inligting ontvang wat gelei het tot die opsporing van gesteelde goedere – insluitend gasbottels en verskeie huishoudelike items. Die eenheid het in samewerking met die Navalsig SAPD vinnig opgetree en ’n verdagte persoon ondervra en in hegtenis geneem.
- Die Bloemfontein-Noord-buurtwag het tydens ’n roetinepatrollie op ’n noodgeval afgekom; ’n vrou is in die straat aangetref nadat sy ophou asemhaal het. Buurtwaglede het onmiddellik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toegepas en kon haar gelukkig weer bybring.
- Die AfriForum 911 Reaksie-eenheid se vinnige optrede ná ’n inbraak by ’n skool in Wilcocksweg het tot die inhegtenisname van twee verdagtes gelei. Hulle is daarna aan die SAPD se blitspatrollie-eenheid oorhandig.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
- Die tak het gras gesny by verskeie parke in die buurt.
Langenhovenpark
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
Fichardtpark
- Die buurtwag het onlangs ’n praktiese en leersame VOLK-skietdag aangebied wat daarop gemik was om lede se selfvertroue en vaardighede met hul vuurwapens te verbeter. Elke lid het ook individuele opleiding ontvang, wat ‘n persoonlike benadering en aandag aan detail verseker het.
- Die AfriForum 911 Reaksie-eenheid het vinnig opgetree ná ’n gewapende rooftog by ’n sakeonderneming op die Jagersfontein-pad.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
Pellissier
- Buurtwaglede het in samewerking met die AfriForum 911 Reaksie-eenheid twee suksesvolle inhegtenisnames uitgevoer tydens gesamentlike nagpatrollies in die suide van Bloemfontein. In twee afsonderlike voorvalle is verdagtes opgemerk met gesteelde eiendom en wapens in hul besit en gevolglik in hegtenis geneem met die hulp van die SAPD. Hierdie doeltreffende samewerking beklemtoon weer die waarde van gemeenskapsinisiatiewe en georganiseerde buurtwagte in misdaadbekamping.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
Rayton-Heuwelsig
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
KWAZULU-NATAL
Newcastle
- Die tak het ’n skrywe aan die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit gerig en antwoorde geëis oor waarom die munisipaliteit ’n boete aan Eskom moes betaal.
- Die tak het drie van sy lede vir VOLK-skietopleiding gestuur sodat hulle hul onderskeie gemeenskappe kan beveilig deur basiese vuurwapenvaardighede toe te pas.
Vryheid
- Die tak het strafregtelike klagtes teen die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit ingedien vir rioolstorting by verskeie pompstasies in en om die dorp.
Middelland
- Die tak het drie van sy lede vir VOLK-skietopleiding gestuur sodat hulle hul onderskeie gemeenskappe kan beveilig deur basiese vuurwapenvaardighede toe te pas.
Sodwana
- Die tak het basiese opleiding in regsaspekte vir gemeenskapslede aangebied.
- Die tak het drie van sy lede vir VOLK-skietopleiding gestuur sodat hulle hul onderskeie gemeenskappe kan beveilig deur basiese vuurwapenvaardighede toe te pas.
Amanzimtoti
- Die tak het die Jona Vaughan-tehuis vir gestremdes van ’n tydelike noodkragopwekker voorsien. Die eThekwini-metro het die tehuis se krag afgesny omdat Durban Coastal Mental Health nie oor die nodige fondse beskik om ’n uitstaande kragrekening van meer as R4 miljoen te betaal nie.
- Die tak het twee van sy lede vir VOLK-skietopleiding gestuur sodat hulle hul onderskeie gemeenskappe kan beveilig deur basiese vuurwapenvaardighede toe te pas.
Pongola
- Die tak het verskeie skoonmaakprojekte in die dorp en langs die N2-hoofweg van stapel gestuur om die netheid van die dorp te verbeter.