TAKSUKSESSE: JANUARIE 2025
GROTER PRETORIA
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het 1 395 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 129 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het in totaal 2,5 ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 1 031 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het tien stormwaterdreine skoongemaak.
- Die tak se buurtspan het agt persele skoongemaak.
Bronkhorstspruit
- Die buurtwag het aan 15 sigbaarheidspatrollies deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ’n staking gemoniteer deur middel van sigbaarheidspatrollies.
- Die buurtwag het leerders van verskeie skole beveilig tydens skoolfunksies.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 150 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het met voorbereiding gehelp vir ’n nuwe herwinningsprojek wat aangepak gaan word.
Wes-Moot
- Tak- en buurtwaglede het in samewerking met die GPF Hercules Sektor 3 na hul buurt se veiligheid omgesien.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Midvaal
- Die buurtwag het 2 975 km in 365 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het suksesvolle operasies saam met die SAPD gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het verskeie suksesvolle inhegtenisnames uitgevoer.
Vanderbijlpark
- Die buurtwag het 2 885 km in 299 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se buurtspan het gras gesny in die volgende areas: die middelman voor Herfsoord-aftreeoord, by Phoenixpark, in Herbertstraat en langs Barrageweg.
- Die tak se buurtspan het 65 sakke vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het in totaal 7,93 ha gras gesny.
OOS-RAND
Alberton
- Die buurtwag het 4 201 km in 335 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ’n motoris ondersteun op die toneel waar hy beroof en aangerand is terwyl hy sy motor se band geruil het. Noodhulp is toegedien, waarna die toneel aan die Alberton SAPD oorhandig is.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel waar ’n bestuurder van die toneel gevlug het. Dié bestuurder is later opgespoor en met behulp van die SAPD in hegtenis geneem vir dronkbestuur en vlug van ’n ongelukstoneel.
- Buurtwaglede het hulp verleen aan ’n sekuriteitsmaatskappy wat ’n verdagte in hegtenis geneem het vir sowel moord as poging tot moord. Die verdagte is na die Thokoza SAPD vervoer.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Nelson Mandelalaan deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Wisanestraat nadat ’n voertuig ’n fietsryer getref het. Buurtwaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en die verkeer gereguleer.
- Die buurtwag se brandspan het gehelp om ’n boom wat Roy Campbellstraat versper het met kettingsae op te saag en te verwyder. Die boom het oor die pad geval nadat dit deur weerlig raakgeslaan is.
- Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Michellelaan gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die buurtwag het ook ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Swartkoppiesweg nadat ’n voertuig gerol het. Buurtwaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en verkeer gereguleer.
Brakpan
- Die tak het ’n vergadering met verskeie rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.
- Taklede het ’n suksesvolle opleidingsdag by die Laerskool Dalview gehou waartydens dié skool se leerlingraad basiese noodhulpvaardighede aangeleer het.
Boksburg
Benoni
- Die buurtwag het 3 075 km in 533 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 1 587 261 nommerplate deur die maand gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
- Buurtwaglede het in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en die SAPD gehelp om ’n rooftog in Jet Park te verhoed. Verdagtes is in hegtenis geneem en gesteelde vuurwapens en verwante items is herwin.
- Die tak het gehelp om ’n gesteelde voertuig in Kempton Park op te spoor.
- ’n Gesteelde Nissan-bakkie met ’n vervalste nommerplaat is opgespoor, waarna die bestuurder daarvan in hegtenis geneem is.
- Taklede het tydens die tak se jaarlikse Kersrit geskenke en lekkernye aan die inwoners van kinderhuise en ouetehuise uitgedeel.
- Die tak het ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van Benoni- en Evansweg uitgevoer waartydens oorgroeide gras gesny en die area opgeruim is.
Edenvale
- Die tak het verkeerseilande op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg onderhou.
- Taklede het slaggate opgevul om motoriste veilig te hou.
- Die tak het twee suksesvolle skoonmaakprojekte in Betschanaweg en 7de Laan, asook in De Klerkshof gehou.
- Taklede het in samewerking met AfriForum se Kempton Park-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
Germiston
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel waar ’n minderjarige mishandel is. Owerhede is ontbied en die kind is in pleegsorg geplaas.
- Taklede het ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Jackdawstraat, Tedstone Ville, uitgevoer.
- Die tak het danksy volgehoue druk op die Ekurhuleni-metro gesorg dat die kragtoevoer na Delville herstel word.
Kempton Park
- Die tak se mobiele gesondheidsentrum het basiese gesondheidsdienste aan bejaardes verskaf.
- Taklede het in samewerking met AfriForum se Edenvale-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 925 550 nommerplate deur die maand gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R21-hoofweg ná ’n tref-en-trap-voorval. Die toneel is beveilig, nooddienste is ontbied en die verkeer is gereguleer.
Springs
- Die buurtwag het 2 775 km gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n voertuig te herwin wat aan ’n bedrogsaak gekoppel is.
- Die tak se kameraprojek het gehelp om ’n verdagte voertuig op te spoor wat by hekmotordiefstal betrokke was.
- Taklede het ’n suksesvolle skoonmaakprojek by George Sutter-park én in Bellstraat uitgevoer.
- Buurtwaglede het gehelp om twee huisbrande te bestry totdat die brandweer en ander nooddienste opgedaag het.
MPUMALANGA
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit sluit die volgende areas in:
- Voor die plaaslike polisiestasie
- Weerskante van die N17-hoofweg
- In Malherbestraat en rondom die Nestlé-brug
- Voor die plaaslike DBV
- Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak se buurtspan het ongeveer 32 300 m² skoongemaak, wat die volgende areas insluit:
- Vaalrivierstraat
- Steenkoolspruitstraat
- Rietspruitstraat
- Wolwespruitstraat
- Jansonstraat
- Nelson Mandelarylaan
- Davieshof-sentrum
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het gehelp om ’n vragmotor na veiligheid te sleep nadat dit in Eloff vasgesit het.
- Delmas Valke-buurtwaglede het in samewerking met die Delmas SAPD twee verdagtes in hegtenis geneem wat in besit van nagemaakte vuurwapens was.
- Die Delmas Valke-buurtwag het twee verdagtes in hegtenis geneem wat vragmotorbande gesteel het.
- Delmas Valke-buurtwaglede het ’n verdagte in hegtenis geneem wat ’n gesteelde vragmotor bestuur het. Die vragmotor is suksesvol opgespoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag het ’n verdagte in hegtenis geneem wat ’n Toyota Hilux gesteel het. Die bakkie is suksesvol opgespoor.
- Delmas Valke-buurtwaglede het tydens ’n operasie saam met die SAPD verskeie kuierplekke deursoek. 57 kratte drank is tydens die operasie gekonfiskeer.
- Die Delmas Valke-buurtwag het drie kapers in hegtenis geneem.
- Delmas Valke-buurtwaglede het twee verdagtes in hegtenis geneem vir vandalisme.
- Die Delmas Valke-buurtwag het twee kapers in hegtenis geneem en ’n gesteelde voertuig opgespoor.
- Delmas Valke-buurtwaglede het drie verdagtes in hegtenis geneem vir die besit en verkoop van dwelms.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 22 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 43 sakke rommel uit die dorpe verwyder deur weekliks die vullisdromme leeg te maak.
- Die tak het verskeie grassnyprojekte van stapel gestuur. Meer as 15 000 m² gras is gesny.
Standerton
- Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná die voorkoms van vloede in die omgewing.
- Taklede het slaggate in die dorp opgevul.
Middelburg
- Die tak het gras gesny rondom die Vergeet my nie-ouetehuis nadat die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit versuim het om dit te doen.
Witbank
- Die tak het teer aan privaat buurtwagte geskenk wat gebruik is vir herstelwerk in die dorp.
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Taklede het 30 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte wat op vyf dae deur die loop van die maand aangepak is.
- Die tak se buurtspan het 12 000 m² gras gesny.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 25 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ’n Zimbabwiese burger vasgetrek wat sowat 25 kg plofstof in sy besit gehad het.
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
Witrivier
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
LIMPOPO
Naboomspruit
- Taklede het sand uit die dorp se strate verwyder.
- Die tak het voortgegaan met sy straatnaamprojek.
- Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Die tak het 20 ton teer gebruik om slaggate in die dorp se strate op te vul.
- Taklede het padmerkers oorgeverf.
- Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig wat handel oor die Roedtan-boorgat.
- Taklede het verskeie sypaadjies met glifosaat behandel.
Warmbad
- Taklede het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Die tak het die ingang na die dorp skoongemaak.
- Taklede het die kliniek se tuine skoongemaak.
Phalaborwa
- Die tak het spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
Ellisras
- Die tak het gemeenskapslede ondersteun tydens onlangse vloede in die omgewing.
Messina
- Die buurtwag het spoedig gereageer ná ’n plaasaanval in die omgewing.
Pietersburg
- Die Pietersburg-Suid-plaaswag het die SAPD gehelp om ’n moordverdagte vas te trek.
- Pietersburg-Suid-plaaswaglede het danksy hul LPR-kameranetwerk gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor.
Thabazimbi
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
- Taklede het met die munisipale bestuurder vergader rakende waterprobleme wat in die dorp ondervind word.
- Die tak het ’n petisie oor verstopte dreine in die dorp van stapel gestuur nadat verskeie klagtes daaroor ontvang is.
NOORDWES
MARICO
Rustenburg
- Die tak het voortgegaan om die dorp skoon en netjies te maak deur 6 ha gras te sny. Taklede het veral gefokus op toegegroeide sypaadjies en parke met lang gras. Die sypaadjies op die hoek van Kerk- en Bultstraat, op die hoek van Kruger- en Bultstraat en op die hoek van Schuurmanstraat en Kloofweg is skoon gesny. Die area agter Bobbies-rugbyklub is ook getakel.
Zeerust
- Taklede het voortgegaan met die instandhouding van die Burgermonument. Hulle het onder meer boomtakke gesnoei en giftige plante met onkruiddoder behandel, waarna ses sakke tuinvullis verwyder is.
Lichtenburg
- Die tak het 40 sakke teer gebruik om 63 slaggate in Kerkstraat op te vul. Die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit het die teer geskenk, terwyl ESI Solutions, Scott’s Manor Guesthouse en Sephaku Cement die sement en SS60 bitumen aangekoop het.
STELLALAND
Vryburg
- Die tak het meer as 1,5 ha gras gesny om misdaad in die dorp te voorkom. Taklede het ook vullis verwyder.
VRYSTAAT
HOOGLAND
Bethlehem
- Die tak se buurtspan het 2 000 m² gras gesny by die plaaslike museum.
- Die tak se buurtspan het 200 sakke teer (5 ton) en 80 liter seëlaar gebruik om slaggate rondom die Laerskool Truida Kestell op te vul en te seël.
- Die tak se buurtspan het 20 sakke teer gebruik om slaggate rondom die Hoërskool Voortrekker op te vul.
- Die buurtwag het verskeie operasies en klopjagte by sjebeens in die dorp uitgevoer.
- Die tak het ’n memorandum van verstandhouding (MvV) aan die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gestuur vir goedkeuring.
- Die tak en die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit het ’n memorandum van verstandhouding (MvV) onderteken om gras in die dorp te sny teen R850 per maand.
Kroonstad
- Die tak het ’n skrywe aan die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die rioolkwessie in die dorp.
- Taklede het sonkragligte by Jukskeipark aangebring.
- Die tak het ’n voorlegging aan AfriForum se hoofkantoor gestuur oor die AfriForum-Jukskeipark-samewerkingsooreenkoms.
Bultfontein
- Die buurtwag het 12 nuwe lede geregistreer.
Welkom
- Die tak het ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gestuur rakende die waterkwessie in die dorp.
- Die tak het twee CV’s ontvang van persone wat by die stigting van ’n buurtspan betrokke wil wees.
KWAZULU-NATAL
Durban
- Die tak het ’n gemeenskapsveiligheidseenheid (GVE) gestig wat uit ’n groot groep buurtwagte sal bestaan. Dié buurtwagte sal deel vorm van AfriForum se veiligheidsinisiatiewe wat besig is om in KwaZulu-Natal vlam te vat. Tot dusver is daar al een buurtwag in die Durban-omgewing gestig en daar word beplan om dié getal binnekort uit te brei. Die buurtwagte sal in samewerking met die SAPD hul onderskeie gemeenskappe beveilig.
Margate
- AfriForum se Laer Suidkus-tak het die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit in ’n skrywe versoek om die tariewe te skrap wat die afgelope drie maande vir vullisverwyderingsdienste gehef is. Dít omdat die staking waaraan munisipale werkers sedert 25 Oktober verlede jaar deelneem veroorsaak het dat inwoners se vullis geensins in die afgelope paar maande verwyder is nie.
OOS-KAAP
Elliot
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Gamtoosvallei
- Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die Thornhill-buurtwag het deurlopend patrollies gery rondom die plase in die omgewing om veiligheid op te skerp.
Jeffreysbaai
- Die tak het voortgegaan met die installasie van kameras in die dorp wat deur die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gemonitor word.
Port Elizabeth
- Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Colchester-plaaswaglede was deel van ’n geheime operasie wat gelei het tot die aankeer van dwelmhandelaars.
Uitenhage
- Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Mosel-buurtwaglede het ’n suksesvolle magsvertoonpatrollie gehou.
- Die Mosel-buurtwag het gehelp om twee huisbrande te blus; tydens die een huisbrand het hulle voor die brandweer opgedaag.
- Mosel-buurtwaglede het ondersteuning gebied op die toneel waar ’n messtekery plaasgevind het; noodhulp is toegedien op twee persone wat aangeval is. Hulle het die SAPD ook gehelp om die verdagte se huis binne te gaan, maar ongelukkig het hy reeds gevlug.
- Die Mosel-buurtwag het meer as 3 000 km tydens patrollies afgelê.
WES-KAAP
Cederberg
- Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
- Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
Durbanville
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het as deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek ekstra operasies saam met die SAPD, maatskaplike werkers en immigrasie-owerhede aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind, asook rondom talle plase in die omgewing. Hawelose mense se profiele is ook nagegaan en uit die buurt verplaas of verwyder.
Kaapstad-Noord
- Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
- Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
- Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakprojek van die parke in die omgewing. Tydens Januarie is rommel opgetel wat ’n totaal van 95 000 m² beslaan het.
- Die Bellville-buurtwag het gemeenskapswerk saam met die plaaslike GPF gedoen.
- Die nuutgestigte Brackenfell-buurtwag het ook patrollies gery en saam met die SAPD deelgeneem aan ’n soektog na ’n vermiste persoon.
Kraaifontein
- Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
- Die Sektor 4B-buurtwag het deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is, waaronder die uitreik van boetes, blus van brande en ondersteuning op ongelukstonele. Hulle het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes 18 patrollies in 430 manure afgelê.
Malmesbury
- Die Rondeberg- en Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Malmesbury-buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens die hofverskyning van die leiers van twee bendes omdat grootskaalse oproerigheid verwag is.
Matzikama
- Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Fase 1 van die tak se kameraprojek het talle suksesse opgelewer deurdat die bestuurders van talle gesteelde voertuie tussen Kaapstad en Namakwaland aangekeer is.
Weskus
- Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Hopefield-plaaswaglede het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om onderskeidelik hul gemeenskap te beveilig en informasie te versamel.
De Doorns
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Helderbergkom
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ondersteuning op talle ongelukstonele gebied deur dit te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Sowel tak- as buurtwaglede het stalletjies beman om bewusmaking te skep en nuwe lede te werf.
- Die tak én buurtwag het gees gevang oor die feestyd en in samewerking met ander buurtwagte lekkers uitgedeel aan kinders van die gemeenskap.
Overstrand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het vinnig gereageer ter ondersteuning van die SAPD, wetstoepassingsowerhede en sekuriteitsmaatskappye toe ’n gesoekte voertuig opgemerk is deur hul hommeltuig in te span.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied toe ’n brand by ’n karavaanpark ontstaan het deur te help om die brand te blus.
- Buurtwaglede het blitsig gereageer op misdaadaktiwiteite in die omgewing.
Paarl
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het met die munisipale bestuurder vergader om hul verhouding en samewerking in die toekoms te bespreek.
- Die tak het drie van sy lede na AfriForum se jeugkongres gestuur.
- Taklede het ondersteuning aan die brandweer gebied tydens brande in die omgewing deur water en kos vir hulle aan te ry.
Stellenbosch
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het vier kameras in die dorp aangebring en beplan om die projek selfs verder uit te brei.
Strand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n bewusmakingsdag oor gemeenskapsveiligheid gehou.
- Die tak én buurtwag het gees gevang oor die feestyd en in samewerking met ander buurtwagte lekkers uitgedeel aan kinders van die gemeenskap.
- Sowel tak- as buurtwaglede het stalletjies beman om bewusmaking te skep en nuwe lede te werf.
Worcester
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het skryfbehoeftes aan die Toevlug Rehabilitasiesentrum geskenk.
George
- Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die Geelhoutboom-plaaswag en Hoekwil-plotwag het hul hommeltuie ingespan om brande te bespied, terwyl hulle ook die SAPD gehelp het met verskeie operasies.
Hessekwa
- Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het verskeie sonkragligte aangebring om donker areas in die dorp te verlig.
- Taklede het ’n groot verwelkomingsbord langs die N2-snelweg opgerig.
- Die Albertinia-plaaswag het gehelp om ’n huisbrand te blus en verdere verspreiding van die brand te voorkom.
- Die voorsitter van die tak se jeugvleuel het die Voorsitter van die Jaar-toekenning gewen.
Kaap Agulhas
- Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Struisbaai-buurtwaglede het ’n versteurde persoon opgespoor en aan die SAPD oorhandig.
- Die Struisbaai-buurtwag het ’n bewusmakingsdag gehou waartydens verskillende arrestasietegnieke onder meer gedemonstreer is.
Knysna
- Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
- Die tak het ongeveer R30 000 in donasies ingesamel om die openbare badkamers in Sedgefield te herstel en oor te verf. Hulle het ook nuwe toerusting geïnstalleer en slotte aan die deure aangebring.
- Die tak het kos en ander benodighede ingesamel en aan padveiligheidvrywilligers oorhandig tydens die feesseisoen.
Mosselbaai
- Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Herbertsdale-plaaswaglede het ’n suksesvolle voertuigbeheerpunt saam met verkeersowerhede en die SAPD gehou waartydens groot hoeveelhede dagga en dwelms gekonfiskeer is.
Oudtshoorn
- Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het koeldranke en energielekkers aan brandbestryders geskenk.
- Taklede het bykans 12 000 m² gras gesny in verskillende parke.
- Die tak het die C.P. Nel Museum begin opknap, gras gesny en skoongemaak.
- Taklede het twee vullisdromme by Luscombe-park aangebring.
- Die Oudtshoorn-buurtwag het verkeersowerhede by twee padblokkades ondersteun en terselfdertyd bewusmaking gedoen.
- Oudtshoorn-buurtwaglede het ’n misdadiger in hegtenis geneem wat voertuie se bande met ’n skerp voorwerp stukkend gesteek het.
- Die Oudtshoorn-buurtwag het ’n misdadiger aangekeer wat goedere uit ’n inwoner se erf gesteel het.
Langeberg (Robertson)
- Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig
- Die tak het drie waterpunte by skole in die omgewing opgerig vir die skole se gebruik, maar ook om as noodwaterpunte vir die breër gemeenskap te dien.
Swellendam
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied by twee voertuigbeheerpunte wat deur Arrive Alive aangebied is, terwyl hulle ook pamflette aan motoriste uitgedeel het.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.