TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2025
DeurAfriForum
NOORDWES
MOOIRIVIER
Klerksdorp
- Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het gereël dat AfriForum se teenboeliespan ’n aanbieding by vier skole in Klerksdorp hou.
- Die tak het ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig dat die verstopte stormwaterslote in Leemhuisstraat veroorsaak dat die laagwaterbrug, wat nie relings het nie, oorstroom.
- Die Songloed-buurtwag het motoriste ondersteun wat tydens vloede van hierdie brug afgery het.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
Potchefstroom
- Die buurtwag se 185 aktiewe lede het 65 patrollies aangepak waartydens 2 010 km in 190 manure afgelê is.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
- Die tak het ’n skrywe aan die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gerig oor riool- en waterlekkasies in die dorp.
- Die tak het in samewerking met BPGP ’n tydelike oplossing vir ’n groot rioollekkasie gevind.
Stilfontein
- Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
VRYSTAAT
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens onluste in die gebied.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
- Taklede het die dorp se watergehalte getoets en die gemeenskap gewaarsku om water eerder te kook voordat hulle dit drink.
Heilbron
- Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
- Taklede het onkruid in die begraafplaas met onkruiddoder behandel.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
Parys
- Taklede het die dorp se water getoets en die gemeenskap gevolglik gewaarsku teen die swak gehalte van die water.
- Die tak het verskeie boorgate in die omgewing se water getoets en gemeenskapslede gewaarsku om boorgatwater nie outomaties as veilig te aanvaar nie.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
- Die tak het aangebied om die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in sy werksaamhede te ondersteun, maar ongelukkig wil die munisipaliteit nie AfriForum se hulp aanvaar nie.
- Taklede het 100 sakke teer gebruik om talle slaggate saam met AfriForum Jeug op te vul, terwyl hulle ook padmerkers by twee vierrigtingkruisings en verskeie randstene geverf het.
Sasolburg
- Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
- Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
- Buurtwaglede het aan ’n massapatrollie saam met ander veiligheidsinstansies deelgeneem.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
- Taklede het vanjaar al 54 ha gras gesny.
- Die tak het 4 ha skoongemaak.
- Taklede het 40 sakke teer gebruik om slaggate in Mosega-, Italeni-, Sandrivier- en Van Mellestraat op te vul.
Viljoenskroon Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.Taklede het ’n groot sloot skoongemaak en dit ná die tyd weer opgevul.Die tak het 16 sakke teer gebruik om 23 slaggate in Havemannstraat op te vul.Taklede het ’n tweede kamerapaal opgerig.Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die been gebring. HOOGLAND Bethlehem Die tak se buurtspan het 2 000 m² gras gesny by die plaaslike museum.Die tak se buurtspan het 210 sakke teer (ongeveer 5 ton) gebruik om talle slaggate in Eurekastraat op te vul; 100 liter seëlaar is ook ná die tyd aangewend.Buurtwaglede het verskeie operasies en klopjagte in Kloofstraat saam met die SAPD uitgevoer.Die buurtwag het gehelp om toegangsbeheer toe te pas tydens die Surrender Hill-marathon wat in Clarens gehou is.Buurtwaglede het 40 manure se patrollies afgelê om hul gemeenskap te beveilig. Kroonstad Geen Bultfontein Die buurtwag het 525 km in 40 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig. Welkom Die tak het inwoners ondersteun deur inligting aan hulle te verskaf rakende water- en rioollekkasies nadat die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit nie hul samewerking in dié verband wou gee nie. Sodoende kan volledige rekordhouding bygehou word. |
GROTER PRETORIA-NOORD
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het 1 434 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 171 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het in totaal 8,5 ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 1 333 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het 12 persele skoongemaak.
Bronkhorstspruit
- Taklede het struike gesnoei langs die pad voor die sportsentrum.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 150 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het met voorbereiding gehelp vir ’n nuwe herwinningsprojek wat aangepak gaan word.
Wes-Moot
- Die tak het in samewerking met die plaaslike GPF opleiding in radiospraakprosedure aangebied.
- Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike GPF sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het in samewerking met die plaaslike GPF en die SAPD ’n skool deursoek vir dwelms.
- Die buurtwag het aan Operasie Shanela deelgeneem.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Vanderbijlpark
- Die tak se buurtspan het gras gesny in die volgende areas: die middelman voor Herfsoord-aftreeoord, by Phoenixpark, in Jean Websterstraat en langs Barrageweg.
- Die tak se buurtspan het 230 sakke vullis verwyder.
- Die tak se buurtspan het 340 sakke teer gebruik om vervalle paaie op te knap.
- Die tak se buurtspan het 7,4 ha gras gesny deur die loop van die maand.
- Die buurtwag (53 patrolleerders in 20 voertuie) het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF en verskeie sekuriteitsmaatskappye 1 326 km in 357 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
Roodepoort
- Die tak se tuinspan het 17 swartsakke vullis opgetel en weggery.
- Die tak se tuinspan het 230 m² gras gesny.
- Die tak se tuinspan het in totaal vier manure gewerk om die werk gedoen te kry.
- Die buurtwag het 1 890 km in 300 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se protospan het vroegoggend ’n elite operasie saam met die Valke, die SAPD, die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en BCI Security Services gehou om ’n hoëprofielverdagte in hegtenis te neem in verband met gesteelde vuurwapens en motors.
- Die buurtwag het saam met die plaaslike GPF gewerk om ’n verdagte te soek en in hegtenis te neem met betrekking tot kindermishandeling en verskeie ander sake teen hom.
- ’n Buurtwagpatrolleerder was eerste op ’n toneel waar ’n huisbrand uitgebreek het. Die patrolleerder het die nooddienste ontbied.
- Twee patrolleerders het gemeenskapslede gehelp om ’n boom in ’n besige straat te verwyder ná swaar reënval.
- Buurtwaglede het sigbaarheidspatrollies in Honeydew gehou ná talle voorvalle van kabeldiefstal en hekmotordiefstal.
- Die buurtwag het gehelp om hawelose mense wat onder ’n brug in ’n besige straat gebly het, te verskuif.
- Buurtwaglede het voetpatrollies op weeksdae ingestel.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het met verskeie rolspelers vergader om na die gemeenskap se probleme te luister en aan oplossings daarvoor te werk.
Vereeniging
- Die tak het 8 ton teer tydens ’n teerprojek naby die Eureka Skool gebruik.
- Taklede het 400 liter verf tydens ’n verfprojek by die Eureka Skool gebruik.
- Buurtwaglede het taktiese vlak 1-opleiding aangebied.
- Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Midvaal
- Buurtwaglede het 1 875 km in 294 manure afgelê.
- Die buurtwag het verskeie suksesvolle operasies saam met die SAPD gehou.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n aanrandingsvoorval. Een persoon is uiteindelik in hegtenis geneem.
- Die buurtwag het blitsig gereageer ná ’n voorval van veediefstal.
Krugersdorp
- Die tak het ondersoek ingestel na die onwettige storting van dierebeendere en diere-afval.
- Die buurtwag het met die SAPD vergader oor hoe om die gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan Operasie Shanela deelgeneem.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n MBA, waarna hulle ook die nooddienste ontbied het.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Buurtwaglede het verdagtes vasgetrek wat by huisbraak en kabeldiefstal betrokke was.
- Die tak se buurtspan is op die been gebring en hulle het gras gesny by gevaarlike kruisings om padgebruikers se veiligheid te verseker.
OOS-RAND
Alberton
- Die buurtwag het 467 km in 83 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens ’n operasie in Kibler Park wat daarop gemik was om onwettige mynbedrywighede hok te slaan. Sewe verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied by die kruising van die R59-snelweg en Nelson Mandelalaan.
Brakpan
- Die tak het ’n vergadering met verskeie rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.
- Die buurtwag het die SAPD tydens Operasie Shanela ondersteun wat daarop gerig was om onwettige mynbedrywighede in die plakkersgemeenskap “Plastic City” hok te slaan. ’n Aantal ongedokumenteerde persone is ook in hegtenis geneem.
Boksburg
Benoni
- Die buurtwag het 1 448 km in 219 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 4 194 574 nommerplate tot op hede gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
- Buurtwaglede het saam met Bad Boyz Security die gebied buite die Benoni-poskantoor skoon en netjies gemaak.
- Die tak het ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van Benoni- en Evansweg uitgevoer waartydens oorgroeide gras gesny en die area opgeruim is.
Edenvale
- Die tak het verkeerseilande op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg onderhou.
- Taklede het vyf slaggate in Van Riebeecklaan opgevul.
- Die tak het ’n uiters suksesvolle skoonmaakprojek by die Sandringham-polisiestasie gehou.
- Taklede het ’n skoonmaakprojek by die Medicross in Eastleigh op die hoek van Andries Pretoriusweg en 14de Laan gehou.
- Taklede het in samewerking met AfriForum se Kempton Park-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
Germiston
- Die tak het meer as 300 munisipale navrae hanteer. Dit sluit in klagtes wat aanvanklik by die Ekurhuleni-metro aangemeld is, maar nooit deur munisipale amptenare beantwoord is nie.
Kempton Park
- Die tak se mobiele gesondheidsentrum het basiese gesondheidsdienste aan bejaardes verskaf.
- Taklede het in samewerking met AfriForum se Edenvale-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 907 119 nommerplate deur die maand gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
MPUMALANGA
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
- Voor die plaaslike polisiestasie
- Weerskante van die N17-snelweg
- In Malherbestraat en rondom die Nestlé-brug
- Voor die plaaslike DBV
- In Clerq-, Du Plooy- en Chris Hanistraat
- Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
- Taklede het in samewerking met die Kukhona Group die Wonderland Kleuterskool ondersteun tydens ’n onlangse wateronderbreking in die dorp.
- Die tak het verskeie strate met doleriet opgevul, waaronder Buffel- en Du Plooystraat voor die Silwerjare-ouetehuis.
- Die tak en die CVO Skool Bethal het saamgewerk om die ingang na die skool teen die Kriel-pad netjieser te maak.
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak se buurtspan het ongeveer 32 000 m² skoongemaak, wat die volgende areas insluit:
- In Nelson Mandelaweg
- Rondom die reservoirs in Secunda
- Die tak het tot dusver vanjaar al 64 300 m² se skoonmaakprojekte aangepak.
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het twee gesteelde vragmotors opgespoor, asook drie voertuie wat gesteel is of in die pleeg van ’n misdryf gebruik is.
- Delmas Valke-buurtwaglede het ’n vermiste persoon opgespoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag het sewe verdagtes vir verskeie sake in hegtenis geneem wat wissel van die beskadiging van infrastruktuur tot roof en diefstal.
- Delmas Valke-buurtwaglede het ander rolspelers gehelp om ’n graandiefstalsindikaat te ontbloot.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 19 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 35 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder.
- Die tak het verskeie grassnyprojekte van stapel gestuur waartydens meer as 15 000 m² gras gesny is. Dit sluit die volgende areas in:
- Die historiese begraafplaas
- Die N17-snelweg deur die dorp
- ’n Verlate erf in Campbellstraat wat ’n brandrisiko inhou weens lang gras
- Rondom die Slagveld-gedenkmuur
- Sypaadjies in Jan van Riebeeck-, Mitchell- en Simmerstraat
Witbank
- Die tak het teer aan privaat buurtwagte geskenk wat gebruik is vir herstelwerk in die dorp.
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se buurtspan het 5 ha gras gesny tydens skoonmaakprojekte.
- Taklede het 20 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte wat op vyf dae deur die loop van die maand aangepak is.
- Die buurtwag het drie nuwe koeëlvaste baadjies ontvang.
- Buurtwaglede het in samewerking met die plaaslike GPF ’n huisrower vasgetrek.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 25 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
- Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
Witrivier
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Dullstroom
- Die tak het R5 000 geskenk om te gebruik vir slaggatherstelprojekte in die dorp.
- Die tak het 150 sakke teer geskenk om te gebruik vir slaggatherstelprojekte in Dullstroom.
LIMPOPO
Naboomspruit
- Die tak het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Taklede het padmerkers oorgeverf.
- Die tak se deurlopende druk op die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit het uiteindelik gelei tot die sink van die Roedtan-boorgat.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
- Buurtwaglede het gehelp om koper- en bandediewe vas te trek.
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan verskeie operasies deelgeneem.
Warmbad
- Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Taklede het watertoetse in die dorp uitgevoer.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Nylstroom
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
- Die tak het Limpopo se premier uitgenooi om besoek aan die plaaslike vullisterrein af te lê.
Phalaborwa
- Taklede het verskeie spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Potgietersrus
- Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
- Buurtwaglede het ’n sekuriteitsmaatskappy ondersteun tydens ’n rooftog by ’n winkel.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Groblersdal
- Taklede het die dorp se sportgronde skoongemaak.
- Die buurtwag het van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Marble Hall
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Ellisras
- Taklede het die gemeenskap ondersteun tydens onlangse vloede in die omgewing.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Messina
- Die buurtwag het spoedig gereageer ná ’n plaasaanval in die omgewing.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Pietersburg
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
Thabazimbi
- Die tak het 400 sakke teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
- Taklede het die gemeenskap ondersteun tydens onlangse vloede in die omgewing.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.
- Taklede het gehelp om die dorp te verfraai vir besoekers aan die Bosveld Interhoër wat vanjaar by die Hoërskool Frikkie Meyer aangebied is.
Tzaneen
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinoudit deelgeneem.