TAKSUKSESSE: APRIL 2025

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 680 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 68 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 3 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 734 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het agt parke skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het drie persele skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het 22 slaggate opgevul.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het in totaal 32 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het drie slaggate opgevul.
  • Die tak se buurtspan het 1,6 ha gras gesny.

Wes-Moot

  • Buurtwaglede het aan ’n opleidingsdag deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het 10,6 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 6,2 ton gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
  • Die tak se buurtspan het 1,3 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak se buurtspan het 517 herwinningsakke sorteer.
  • Die tak se buurtspan het 11,3 ton herwinningsmateriaal opgetel.
  • Die buurtwag het aan drie verskillende veiligheidsoperasies deelgeneem.
  • Buurtwaglede het tydens 103 patrollies 2 940 km in 301 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.

Pionier

  • Danksy volgehoue druk deur die tak én hoofkantoor het die Tshwane-metro ’n groot waterlekkasie in Rossouwstraat herstel.

Pretoria-Wes

  • Die tak het 1,2 ha gras gesny.

OOS-RAND

Alberton

  • Die tak het 13 slaggate opgevul tydens ’n padherstelprojek op die hoek van Nerina- en Suikerboslaan. Dié projek het R2 016 beloop, terwyl 350 kg bourommel ook tydens die projek verwyder is.
  • Taklede het sewe slaggate opgevul op die hoek van Disa- en Nerinalaan. 663 kg teer is daarvoor gebruik en 74,98 m² is herstel. Een van die plaaslike inwoners het ook hand bygesit.
  • Die Alberton Pothole-groep het in totaal met 300 lede gegroei.
  • Die tak het aan ROCKET HEMS se landing zone-kursus deelgeneem. ’n Mediaverklaring is ook daaroor uitgereik.

Brakpan

  • Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 76 474 nommerplate deur die maand gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.

Boksburg

  • Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 1 432 702 nommerplate tot op hede gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.

Benoni

  • Die tak het ondersteuning gebied tydens 33 voorvalle in die dorp.
  • Taklede het ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Goudstraat uitgevoer waartydens 35 slaggate opgevul is. Gemeenskapslede het 77 sakke teer (1,9 ton) daarvoor geskenk.
  • Die tak het ’n voertuig wat in ’n moddersloot in Pattenweg vasgesit het, na veiligheid gesleep. Taklede het hierdie pad daarna met rivierklippe probeer herstel, terwyl hulle ook onkruid en rommel uit ’n toegegroeide stormwaterpyp verwyder het.
  • Taklede het ’n park in Morehill skoongemaak deur groot hoeveelhede rommel te verwyder, oorgroeide takke te snoei en gras te sny.
  • Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 1 829 938 nommerplate tot op hede gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.

Edenvale

  • Taklede het aan ’n padherstelprojek deelgeneem deur onder meer oorgroeide bome in Terrace- en Van Tonderweg te snoei.
  • Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
  • Die tak het aan ROCKET HEMS se landing zone-kursus deelgeneem. ’n Mediaverklaring is ook daaroor uitgereik.

Germiston

  • Die tak het ’n toegewyde brandbestrydingspan bekendgestel wat tans bestaan ​​uit twee opgeleide lede wat hul basiese brandbestrydingsopleiding suksesvol voltooi het.
  • Taklede het verlore en vervalle straatnaamborde vervang.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt in die Dinwiddie-omgewing opgerig. ’n Mediaverklaring is ook hieroor uitgereik.
  • Die tak het ’n jeugvleuel vir sy jonger lede gestig. Een van die eerste aktiwiteite van die jeugvleuel was die aanbied van ’n blokkiesraaiselkompetisie waar verskeie pryse op die spel was.
  • Die tak het plakkers aan sy lede beskikbaar gemaak vir wheelie bins.
  • Die tak het talle munisipale klagtes hanteer, waaronder die volgende:
    • Kragonderbrekings – 309 klagtes
    • Foutiewe straatligte – 49 klagtes
    • Wateronderbrekings – 44 klagtes
    • Paaie – 32 klagtes
    • Onwettige kragaansluitings – 22 klagtes

Kempton Park

  • Die tak se mobiele gesondheidsentrum het basiese gesondheidsdienste aan deelnemers van ’n pretloop gebied.
  • Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 1 243 963 nommerplate tot op hede gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.

Springs

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek op die dorp gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem – 45 van die buurtwag se lede was hierby betrokke.
  • Die buurtwag het in samewerking met ProSafe Security, die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie gehelp om ’n gesteelde Toyota Corolla op te spoor. Een verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n gesteelde voertuig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n toneel te beveilig nadat ’n man in Daggafontein geskiet is.
  • Die buurtwag is via die AfriForum-noodnommer ontbied in verband met ’n poging tot ontvoering in Lakeweg, Strubenvale. Een verdagte is aangekeer.
  • Buurtwaglede het twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en inbreekgereedskap.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n voorval in Daggafontein waar twee mans ’n vrou aangerand het. Die inwoner van ’n nabygeleë huis het haar noodkrete gehoor en ’n waarskuwingskoot afgevuur, waarna die verdagtes teruggeskiet het. Ongelukkig kon nie die buurtwag of die SAPD die verdagtes weer opspoor nadat hulle op die vlug geslaan het nie.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Krugersdorp

Midvaal

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ’n persoon in hegtenis geneem vir die besit van die dwelmmiddel crystal meth.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Vereeniging SAPD patrollie gery tydens Operasie Shanela en verskeie inhegtenisnames gemaak: nege vir dronkbestuur, nege vir ongedokumenteerde immigrante en een vir motordiefstal.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Meyerton SAPD tien ongedokumenteerde immigrante in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig in Meyerton opgespoor en dit daarna by die SAPD ingeboek.
  • Buurtwaglede het ’n hoogswanger vrou wat in kraam gegaan het, ondersteun.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná inligting ontvang is oor ’n verdagte voertuig in Boltonwold.

Randfontein

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Roodepoort

  • Die tak se tuinspan het 42 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 530 m² gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het agt manure deur die loop van die maand gewerk.
  • Die buurtwag het 3 584 km in 670 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se protospan is gevra om saam met die plaaslike GPF en die SAPD hawelose mense te verskuif.
  • Die buurtwag se protospan is deur The Lion Foundation gevra om Mannie die Leeu – wat van Nederland afkomstig is – van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe tot by die Schrikkloof Natuurreservaat te begelei.     
  • Die buurtwag se protospan het ’n gemeenskapslid gehelp om die Princess-plakkerskamp binne te gaan om toerusting van hom wat gesteel is, terug te kry.
  • Die buurtwag het aan die Wesrand-steunkring se massapatrollie vir die eerste kwartaal deelgeneem. ’n Totaal van 82 patrolleerders het in 35 voertuie 8 750 km afgelê.
  • Buurtwaglede is tydens die nasionale massapatrollie gevra om te help nadat inwoners van ’n woonstelblok in ’n hysbak vasgesit het. Die buurtwag het gevolglik die brandweer ontbied.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n inbraak by ’n woonkompleks gefnuik en die inbreker in hegtenis geneem.     
  • Buurtwaglede het ’n bejaarde vrou ondersteun nadat sy probleme met haar kragboks ondervind het.
  • Die buurtwag het saam met ’n sekuriteitsmaatskappy ’n gewapend rooftog gefnuik deur die verdagte aan te keer.
  • Buurtwaglede het ’n motoris ondersteun nadat haar voertuig op die snelweg oorverhit het.
  • Die buurtwag het tydens hul weeklikse patrollie ’n man vasgetrek wat die buurt se honde vergiftig het.
  • Die buurtwag het een van sy eie lede ondersteun ná ’n afsterwe in sy familie.
  • Die buurtwag het met AfriForum se Johannesburg-Noord-buurtwag en die bevelvoerder van die Linden-polisiestasie vergader om bande te bou en moontlik saam te werk tydens spesifieke toekomstige operasies.
  • Buurtwaglede het patrollie gery rondom die Donkey Sanctuary in Honeydew.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Vereeniging

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Padtekens is oorgeverf en lang gras is kort gesny. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
  • In Clerqstraat in die middedorp
  • In Du Plooystraat in die middedorp
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
  • Taklede het in samewerking met die Kukhona Group ’n slaggatherstelprojek in Kleynhansstraat voltooi. ’n Addisionele 130 sakke teer is hiervoor gebruik.
  • Die tak het doleriet gegooi in Buffel- en Kleynhansstraat tydens ’n padherstelprojek.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 38 000 m² skoongemaak waartydens 19 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
  • Nelson Mandelarylaan
  • Wag-’n-bietjiestraat
  • Eendedam-park
  • Secunda-begraafplaas
  • Davieshof-sentrum
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 110 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het nege verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het twee gesteelde voertuie opgespoor.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 18 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Taklede het 19 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 128 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
  • Die tak het ’n groot bos verwyder om sigbaarheid en veiligheid in die dorp te verbeter.
  • Albei buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Piet Retief

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Standerton

  • Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
  • Buurtwaglede het in samewerking met Kasselman Sekuriteitsdienste ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die tak het 2 ton teer rondom die Spar-sentrum gegooi. Die teer is deur die winkelsentrum self geborg.
  • Taklede het begin om die gras rondom die Standerton-skougronde te sny ter voorbereiding vir die jaarlikse Standerton-skou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

LAEVELD

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se buurtspan het 3 ha gras gesny tydens skoonmaakprojekte.
  • Die tak se buurtspan het 40 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte wat op vyf dae deur die loop van die maand aangepak is.

Lydenburg.

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met brandbestryding in die dorp.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 7 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
  • Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 5 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n nuwe noodwaterpunt in die dorp opgerig.

Witrivier

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het noodhulp op ’n ongelukstoneel toegepas.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die buurtwag het koperdiewe by Spoornet vasgetrek.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.

Phalaborwa

  • Taklede het verskeie spoedhobbels in die dorp oorgeverf.

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het die padreserwes skoongesny.

Groblersdal

  • Die tak het die dorp se sportgronde skoongemaak.

Ellisras

  • Die tak het gehelp om plaaspaaie te herstel.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Messina

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Pietersburg

  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Thabazimbi

  • Die tak het verskeie rioollekkasies gemerk vir die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit se aandag.
  • Taklede het talle slaggate in die dorp opgevul.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
NOORDWES   MOOIRIVIER   Klerksdorp Die Songloed-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die Songloed-buurtwag het gehelp om die verkeer by die brug in Leemhuisstraat te reguleer ná onlangse vloede in die omgewing.   Potchefstroom Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die tak het met die munisipale bestuurder en direkteure vergader.   Stilfontein Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg. Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.   MARICO   Rustenburg Die tak het meer as 3 ha gras by plaaslike parke en groenstroke gesny. Taklede het ook 1,5 ton teer gebruik om slaggate in Mcgregorstraat op te vul.   zeerust Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burgermonument. Nagenoeg 1 600 m² gras is gesny, terwyl twee streepsakke tuinvullis soos gras, blare en takke opgetel en in een waentjievrag weggery is.   Lichtenburg Die tak het in die afgelope drie maande altesaam 2 ton teer gebruik om ’n indrukwekkende teerprojek te voltooi. Die verbeterde toestand van die paaie sal daartoe lei dat motoriste veiliger kan reis.   STELLALAND   Algemeen Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei, Vryburg en Wolmaransstad het in samewerking met die SAPD, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend geduur. Altesaam 78 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 954 km in 40 voertuie afgelê. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad hok te slaan. Geen ernstige insidente is tydens die patrollies aangemeld nie.Die swak toestand van die Henk Joubert Natuurreservaat het AfriForum genoop om die provinsiale en nasionale regerings te versoek om in te gryp aangesien dié natuurreservaat in staatsbesit is. AfriForum het reeds op verskeie geleenthede aan die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit geskryf oor kwessies rakende hierdie natuurreservaat en ook al self waarskuwingsborde opgerig om motoriste bewus te maak van wild langs die pad. Die natuurreservaat is nie behoorlik omhein nie, daar is onwettige jagaktiwiteite en die infrastruktuur binne die reservaat is glad nie op standaard nie. Daar is gereeld wilde diere wat in die pad opeindig en ongelukke veroorsaak as gevolg van die gebrekkige omheining en dit maak dit nog moeiliker om die onwettige jagaktiwiteite te bestuur as daar geen toegangsbeheer is nie. Voorts is die organisasie ook bekommerd oor die feit dat die diere by tye nie kos het nie en dat swak infrastruktuur daartoe lei dat die diere ook nie vars water het om te drink nie.     VRYSTAAT   MOOIRIVIER   Bothaville Buurtwaglede het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.   Heilbron Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp. Taklede het die plaaslike begraafplaas skoongemaak. Die tak het die middelmannetjies in Langmarkstraat skoongemaak.   Parys Die tak het antwoorde van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit geëis omdat herstelwerk aan die dorp se watersuiweringswerke tot stilstand gekom het.   Sasolburg Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek. Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die tak het 9 ha gras gesny.   Viljoenskroon Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die tak het 46 slaggate in Piet Retiefstraat opgevul waartydens 2 500 kg (2,5 ton) teer gebruik is. Dit is teen ’n koste van R6 000 voltooi.   HOOGLAND   Algemeen AfriForum het die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) in ’n brief versoek om die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit aan te spreek oor die gebrek aan dienslewering in dié munisipale gebied. Dit volg nadat AfriForum ’n helpende hand na die munisipaliteit uitgereik het, maar klaarblyklik wil die munisipaliteit nie die hulp aanvaar nie.   Welkom AfriForum het die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit twee weke gegee om die waterlekke in Welkom te herstel. Inwoners van dié dorp gaan al geruime tyd gebuk onder streng waterbeperkings, terwyl water daagliks in die strate verlore gaan weens talle waterlekke wat nie herstel word nie. Inwoners kyk magteloos toe hoe skoon water in die dorp se strate vloei, terwyl hul krane droog bly. Die munisipaliteit sny die watertoevoer daagliks om 17:00 af en stel dit eers om 05:00 die volgende oggend weer beskikbaar, wat groot ongerief vir die gemeenskap veroorsaak.   Virginia AfriForum het oor die afgelope paar maande herhaaldelik skrywes aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig en gewaarsku oor die agteruitgang van die waterinfrastruktuur, insluitend die waterwerke, pompstasies en pyplyne. Ondanks hierdie waarskuwings het die munisipaliteit die inwoners van Virginia, Meloding, Kitty, Sibanye en Joel Myn gemaan dat die Dirksburg-reservoir in Virginia met E. coli besmet is.   Reitz AfriForum het ’n helpende hand na die Vrystaatse regering uitgereik deur hulpbronne en mannekrag by te dra om die biblioteek op Reitz se perseel op te knap en in stand te hou. Die organisasie glo dat só ’n inisiatief nie net die netheid en funksionaliteit van die dorp sal ophef nie, maar ook ’n bewys sal wees van die provinsiale regering se gewilligheid om saam met die publiek te werk om die omgewing te verbeter.   ROSESTAD   Algemeen Volhoubare skoonmaakprojekte is by die volgende plekke gehou:Ou PresidensiePres. Brand-begraafplaasBritsmonument Park in WilgehofPark in Du Plessisstraat Park in Lucas Steynweg AfriForum-park in Pellissier   AfriForum Vullisverwydering Personeel het ’n totaal van 2 720 sakke vullis opgetel en weggery.   Gemeenskapveiligheidsentrum AfriForum het sy eerste gemeenskapveiligheidsentrum in Bloemfontein geopen. Die organisasie is daartoe verbind om ons gemeenskappe veiliger te maak deur die bevordering van samewerking tussen inwoners, plaaslike owerhede en ander veiligheidsorganisasies. In Bloemfontein het AfriForum ’n toegewyde beheerkamer opgerig om 24 uur per dag toesig en reaksie in noodsituasies te verseker.   AfriForum 911 Reaksie-eenheid Die eenheid het ’n voertuigbrand in Rudolf Greylingstraat by die N8-afrit aangemeld, waarna AfriForum se Bloemfontein GVS-beheerkamer Fire Ops SA geaktiveer het om ondersteuning te bied. Die Mangaung-brandweer het ook opgedaag om verdere ondersteuning te bied. Geen beserings is aangemeld nie.Die eenheid het ’n grootskaalse operasie by die stad se noordelike vullisterrein uitgevoer ná talle klagtes van nabygeleë inwoners oor kriminele aktiwiteite, onwettige storting en informele strukture wat binne die terrein opgerig is. Dit is gedoen in samewerking met die SAPD, Wild Olive Estate, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en die Mangaung-metro.Die eenheid het ’n noodoproep ontvang van ’n inwoner in Brandwagsingel wat ’n inbraak in aanvang aangemeld het. ’n Gesamentlike poging deur die eenheid, sekuriteitsmaatskappye en die SAPD het tot die suksesvolle inhegtenisname van ’n verdagte gelei.Die eenheid het die Kidzone Kleuterskool in Langenhovenpark besoek tydens die skool se beroepsdag om die kinders meer te leer oor hulle beroep.   Bewusmakingsaksies AfriForum se nege buurtwagte in Bloemfontein het aan ’n gesamentlike nasionale massapatrollie deelgeneem met die doel om misdaadvoorkoming op ’n grootskaalse en gesamentlike wyse aan te pak. Die buurtwagte het saam met die SAPD, verskeie sekuriteitsmaatskappye, Fire Ops SA, VR Med Ambulansdiens, Life Rosepark Hospitaal se EMS-span, SARZA en Vrystaat Noodmediesedienste gewerk om Bloemfontein se strate te beveilig. Hoogtepunte van die patrollie sluit die volgende in:70 AfriForum-patrolleerders het saam met 19 eksterne rolspelers diens gedoen43 voertuie is tydens die operasie gebruikMeer as 2 050 km is in 400 manure afgelêAfriForum se Gemeenskapveiligheidsentrum in die stad se beheerkamer, asook die AfriForum 911 Reaksie-eenhede het ’n sleutelrol gespeel in kommunikasie, koördinering en vinnige reaksie op insidente.Die eenheid het ’n Paasfeespatrollie gehou en die gemeenskap met paaseiers bederf.   Wilgehof Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. ’n Boodskap is op die Wilgehof Sektor 3 se WhatsApp-noodgroep gedeel oor ’n verdagte persoon wat oor erwe spring en vermoedelik by ’n huisbraak betrokke is. AfriForum se Bloemfontein GVS-beheerkamer het onmiddellik gereageer en die AfriForum 911 Reaksie-eenheid ontbied om ondersteuning te verleen. Die verdagte is kort daarna vasgetrek. ’n Poging tot huisbraak is op die Wilgehof Sektor 3 se WhatsApp-noodgroep aangemeld. Die AfriForum 911 Reaksie-eenheid is geaktiveer en het gevolglik ondersoek ingestel.   Uitsig Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die Uitsig Sektor 4-buurtwag se hulp is ontbied deur inwoners van die Tabita-meenthuiskompleks omdat hulle vermoed dat iets in die veld agter hul kompleks verbrand word. Die patrolleerders het later koper in die verdagte se besit gevind. Die Uitsig Sektor 4-buurtwag het ’n noodboodskap ontvang via hul WhatsApp-groep. ’n Bestuurder het beheer oor sy voertuig verloor en tot stilstand gekom in twee woonpersele. AfriForum se Bloemfontein GVS-beheerkamer het onmiddellik AfriForum 911 se Reaksie-eenheid, mediese dienste en die SAPD geaktiveer om ondersoek in te stel. Die Uitsig Sektor 4-buurtwag het tydens ’n roetinepatrollie ’n verdagte persoon opgemerk in ’n oop veld op die hoek van Napoleonstraat en Curielaan. By nadere ondersoek is verskeie items in die verdagte se besit gevind, insluitend vermoedelik gesteelde goedere soos klere, juweliersware en gereedskap. Daar is ook ’n sakkie met vermoedelik dwelms (kristalagtige stof) gevind. Met die gebruik van AfriForum se radionetwerk is bystand vinnig ontbied. AfriForum se Bloemfontein GVS-beheerkamer het gereageer en die AfriForum 911 Reaksie-eenheid, asook die SAPD geaktiveer. Die verdagte is op die toneel aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.   Hospitaalpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 5-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem.   Bloemfontein-Noord (landelik) Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die tak het sy bestuur gereorganiseer.   Bloemfontein-Noord (stedelik) Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.   Langenhovenpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 5-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem.   Fichardtpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 5-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem.   Pellissier Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 5-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem.   Rayton-Heuwelsig Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.  

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het met die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit se veiligheidspan vergader om die onreëlmatigheid van aanstellings en moontlike korrupsie in die munsipaliteit aan te spreek wat tot ’n interne ondersoek gelei het.

Durbanville

Kaapstad-Noord

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is, waaronder die uitreik van boetes, blus van brande en ondersteuning op ongelukstonele. Hulle het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes 18 patrollies in 430 manure afgelê.
  • Die Kraaifontein-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid op te skerp en veiligheid te verbeter in die area.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Malmesbury-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid op te skerp en veiligheid te verbeter in die area.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Vredendal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid op te skerp en veiligheid te verbeter in die area.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid op te skerp en veiligheid te verbeter in die area.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het op talle misdaadvoorvalle gereageer en gevolglik ondersteuning gebied.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het vier kameras in die dorp aangebring en beplan om die projek selfs verder uit te brei.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Theewaterskloof

  • Die tak het die voortou in die Wes-Kaap geneem met hulle gemeenskapsverkeerveiligheidsprojek. Tydens hierdie projek het die tak in samewerking met verskeie ander instansies en gemeenskapslede die slaggate in Skoolstraat, Botrivier, opgevul. Ongeveer 2 m3 teermengsel is hiervoor aangewend.
  • Die tak het ’n veiligheidsvergadering gehou om die gemeenskap toe te spreek oor veiligheidskwessies in die Theewaterskloof-gebied.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Geelhoutboom- en Kammanassie-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Uniondale-sektor van die Kammanassie-plaaswag het ’n verdagte voertuig opgespoor en die inligting aan die SAPD verskaf. Hierdie inligting het uiteindelik gelei tot die inhegtenisname van ’n verdagte in ’n moordsaak
  • Die tak se jeugvleuel het ’n bemarkingsdag gehou waartydens worsbroodjies verkoop is om geld in te samel.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Albertinia-plaaswag het 13 inhegtenisnames uitgevoer tydens die nasionale massapatrollie, terwyl plaaswaglede ook ’n persoon vasgetrek het wat in besit van gesteelde eiendom en dwelms was.
  • Die tak se jeugvleuel het 11 van sy lede gestuur vir vlak 1-noodhulpopleiding.

Kaap Agulhas

  • Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig
  • Die Struisbaai-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Struisbaai-buurtwaglede het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen tydens die nasionale massapatrollie.
  • Struisbaai-buurtwaglede het spesiale voetpatrollies in Struisbaai se sentrale sakekern gehou om die dorp tydens Paasnaweek te beveilig.
  • Die Struisbaai-buurtwag het die SAPD ondersteun tydens die inhegtenisname van ’n besope persoon wat ’n restaurant beskadig het.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het deurlopend die badkamers by die Sedgefield-meer onderhou.
  • Die tak het ’n drie dae lange werkswinkel saam met personeel van AfriForum-hoofkantoor gehou om strategiese beplanning te doen vir die tak se #VegEnBou-week.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Herbertsdale-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n bemarkingstalletjie by die 4×4-skou in Bartelsfontein beman.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Luscombe- en Middelstraat-park deurlopend onderhou.
  • Taklede het ’n kettingversperring by die Luscombe-park aangebring sodat voertuie nie die park kan binnekom nie.
  • Die tak het ’n hersieningsaansoek gebring teen die riooltariewebeleid.
  • Taklede het ’n PAIA-aansoek by die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit oorhandig rakende die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder.

Langeberg (Robertson)

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n vermiste persoon op te spoor.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Thornhill-buurtwag het deurlopend patrollies rondom die plase in die area gery.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Colchester-plaaswaglede het die geskiedkundige Mackaybrug skoongemaak.
  • Broadway-buurtwaglede het ’n grassnyprojek in hul area van stapel gestuur en nagenoeg 5 ha gras gesny.
  • Die Broadway-buurtwag was ook betrokke by die voorsiening van voedsel aan ouetehuise wat danksy borge verkry is.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Mosel-buurtwaglede het Wilhelminaplein skoongemaak en gras rondom die plein gesny. Nagenoeg 2 ha is skoongemaak en dit het ongeveer drie dae geneem om te voltooi.
  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Winterberg-plaaswaglede het heelnag gepatrolleer en ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen, terwyl Mosel-buurtwaglede ook heelnag gepatrolleer het en ’n padblokkade saam met die SAPD beman het waartydens voertuie deursoek is.
  • Die Winterberg-plaaswag en Mosel-buurtwag het ’n magsvertoning gehou in samewerking met die SAPD, Woga Sekuriteit, Atlas Sekuriteit, Relay-ambulansdiens en Crash-insleepdiens.
  • Mosel-buurtwaglede was deel van ’n span wat ’n klopjag op ’n perseel in Uitenhage uitgevoer het waartydens R40 000 se gesteelde koper gevind is.
  • Die Mosel-buurtwag het gereageer op ’n huisbraak en hul vinnige reaksie het daartoe gelei dat ’n verdagte by die Intercape-bushalte in hegtenis geneem is voordat hy ’n bus na Johannesburg kon neem.
  • Mosel-buurtwaglede is ontbied na die toneel van ’n huisbraak; hulle het gehelp om ’n verdagte aan te keer en aan die polisie te oorhandig.
  • Die Mosel-buurtwag het ’n paaseierjag by die nuut skoongemaakte Wilhelminaplein gehou; sowat 150 mense het daaraan deelgeneem.
  • Die Winterberg-plaaswag het op twee geleenthede Amanziweg herstel ná swaar reënneerslae. Plaaswaglede het ook ’n vragmotor van Sutherland Vervoer uit slote langs die pad gesleep.

Soortgelyke plasings