Skokkende wetgewing vir vuurwapens!

Die tyd is nóú!
Veg saam met AfriForum teen hierdie wetgewing.
Skrap die wetgewing!

Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is hidden when viewing the form
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Groot kommer oor voorgestelde wysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf.

Op 28 Maart is konsepwysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie voorgestelde veranderinge hou ernstige risiko’s in vir die private sekuriteitsbedryf, wat sakeondernemings, werknemers, kliënte en algemene openbare veiligheid raak. Belanghebbendes het tot 25 April 2025om hulle besware in te dien.

Die voorgestelde wysigings van die Regulasies op die Private Sekuriteitsbedryf hou ’n direkte bedreiging in vir die veiligheid en sekuriteit van miljoene Suid-Afrikaners. Deur buitensporige beperkings op private sekuriteitsfirmas in te stel – wat hulle toegang tot vuurwapens beperk, hulle met onwerkbare regulasies belas en skuiwergate skep wat hulle sonder behoorlike regsproses kan laat sluit – sal hierdie veranderinge in werklikheid juis die mense ontwapen wie se werk dit is om huise, sakeondernemings en gemeenskappe te beskerm. Intussen sal gewelddadige misdadigers, sindikate en onwettige gewapende groepe ongehinderd voortgaan met hulle bedrywighede, aangemoedig deur ’n verswakte sekuriteitsektor. In plaas daarvan om misdaad te bekamp, sal hierdie wysigings wetsgehoorsame sekuriteitsbeamptes ontneem van die wapens wat hulle nodig het om lewens en eiendom te verdedig, wat gewone burgers kwesbaarder as ooit sal maak.

Onder die vernaamste kwessies tel die volgende:

Sleutelkwessies rakende die wysigings

1. Bedreiging vir sakebedrywighede

  • Sekuriteitsfirmas kan belet word om vuurwapensaan hulle beamptes uit te reik as hulle bloot ondersoek word, selfs sonder formele aanklagte (regulasie 13A(1)(j) en (k)).
  • Dit skep ’n hoë potensiaal vir misbruik, wat dit moontlik sal maak dat sakeondernemings deur kwaadwillige eise lamgelê word, wat tot verlies van kontrakte en die sluiting van ondernemings kan lei.

2. Beperkings op gewapende sekuriteit in openbare ruimtes

  • Sekuriteitsbeamptes sal verbied word om vuurwapensin openbare ruimtes te dra tensy streng voorwaardes nagekom word (regulasie 13A(1)(q)).
  • Dit kan verhoed dat gewapende reaksiespannekliëntein winkelsentrums, skole, kerke en huise beskerm.

3. Onduidelike en onwerkbare ammunisieperke

  • Die wysigings beperk ammunisie tot ’n “redelike” hoeveelheid(regulasie 13A(1)(s)) – maar sonder om te definieer wat “redelik” is.
  • Verskillende sekuriteitstake vereis verskillende ammunisievlakke, wat nakoming van hierdie bepaling subjektief en onprakties maak.

4. Streng beperkings op semi-outomatiese gewere

  • Sekuriteitsfirmas sal spesiale goedkeuring moet kry om semi-outomatiese gewere te gebruik, wat die doeltreffendheid van hoërisiko-sekuriteitspanne beperk (regulasie 13A(12) en (13)).
  • Mynsekuriteit, teenkapingseenhede en kontant-in-transito-spannesal ernstig geraak word.

5. Onrealistiese vuurwapenopsporingsvereistes

  • ’n Mandaat om opsporingstoestelle op alle vuurwapens te installeer, is ingesluit (regulasie 13A(16)).
  • Private sekuriteitsmaatskappye is reeds onderhewig aan streng rekordhouding rakende die uitreiking van vuurwapens, asook die aanstelling van ’n spesifieke verantwoordelike persoon om rekord te hou van sulke aktiwiteite.

6. Verbod op noodsaaklike minder dodelike toerusting

  • Sekuriteitsfirmas sal verbied word om rubberkoeëls, waterkanonne en skokgewere (tasers) te gebruik(regulasie 13B(17)).
  • Dit is kritieke instrumente vir skarebeheeren openbare veiligheid.

Die private sekuriteitsbedryf word reeds streng gereguleer. Hierdie wysigings voeg duur, vae en beperkende maatreëlsby wat ondernemings kan dwing om te sluit, waardeur miljoene mense sonder beskerming gelaat sal word. In plaas van oorregulering, moet die fokus wees op die toepassing van bestaande wetteom kriminele elemente uit te roei.

Soortgelyke plasings