AfriForum-buurtspanne
Staatsverval in Suid-Afrika neem in só ’n mate toe dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self die vermoë te skep om ’n beter toekoms te bou nie.
Die AfriForum-buurtspanne het ontstaan uit ’n behoefte vir betroubare dienslewering wat tans nie deur talle munisipaliteite in die land gelewer word nie. Die buurtspanne skep ’n vermoë om uitdagings in die gemeenskap so gou moontlik aan te spreek en hopelik doeltreffend op te los binne die vermoë van ons buurtspan.
Pretoria
Die vier buurtspanne in die Tshwane-metro is verbonde aan die Centurion-, Groter Moot- en Noord van die berg-tak en sluit die Pretoria-aksiespan in.
Dié buurtspanne het reeds in die eerste kwartaal van 2025 gewerk dat die stof staan en in totaal reeds 196,85 ha gras gesny; 38 ton vullis opgetel en verwyder; 11 ton teer gebruik om slaggate te herstel; 26 parkies skoongemaak en 49 ton items herwin.
As jy of jou onderneming wil bydra deur middel van ’n borgskap tot sulke selfstandige aksies in jou gemeenskap, voltooi die vorm:
"*" indicates required fields



