Manna vir die boere

Manna vir die boere is ’n verhaal van hoop, geloof, omgee, liefde en saamstaan, gebore uit die samewerking tussen verskeie organisasies wat al vir jare die boere van Suid-Afrika ondersteun.

Boere in die Noord-Kaap gaan gebuk onder droogte. Daar is gedeeltes waar dit nie in die afgelope twee jaar gereën het nie. In sommige gebiede was daar in 2024 slegs 9 mm reënval. Diere vrek daagliks as gevolg van die droogte en baie boere se moed is gebreek.

Gevolglik is daar tans ’n tekort aan voer in die Noord-Kaap en die voer moet van ander provinsies aangery word. Dit verhoog die vervoerkostes aansienlik.

Jy kan ’n boer help met ’n donasie vir voer.

AfriForum

Agri-Noordwes

Agri NW Ramphulp
ABSA – 632 005
Rek: 990142955
Verwysing: Droogtehulp

Naude Pienaar (Agri-Noordwes) – naudepienaar@vodamail.co.za

Tarien Cooks (AfriForum) –  081 567 4802 of tarien.cooks@afriforum.co.za

Soortgelyke plasings