Jou grond, jou reg! AfriForum se Witrivier-tak doen ’n misdaadopname.
AfriForum se Witrivier-tak wil inligting/data inwin rondom landboumisdade in die Laeveld. Die inligting gaan gebruik word om druk op die polisie toe te pas vir verbeterde polisiëring in landelike gebiede. Ons waarnemings dui aan dat boere opgehou het om sake aan te meld vanweë geen of baie stadige polisieoptrede.
Ons kan dit nie duld nie. Die polisie moet hulle werk begin doen.
Jou grond, jou reg! Meld nou landboumisdaad hier aan: