Hoëveldse Tuine
AfriForum het ’n brief gestuur aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit rakende die Hoëveldse Tuine, maar hulle reageer nie. Help AfriForum om verdere druk toe te pas.
Die gemeenskap van Sasolburg eis antwoorde.
Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gee nie om vir die inwoners van Sasolburg nie.
- Hoekom is die Hoëveldse Tuine, wat ’n botaniese tuin is, nou bedags vir besoekers gesluit?
- Hoekom word dit net vir aandgeleenthede gebruik en kan inwoners nie meer bedags daar gaan stap nie?
- Hoe gaan die geraas saans beheer word sodat dit nie steurend is vir inwoners nie?
- Hoe gaan die fauna en flora binne die park bewaar bly?
- Hoe gaan beheer uitgeoefen word oor drankmisbruik in die Hoëveldse Tuine?
"*" indicates required fields