{"id":100496,"date":"2022-02-07T07:33:00","date_gmt":"2022-02-07T07:33:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/?p=100496"},"modified":"2025-08-21T07:35:41","modified_gmt":"2025-08-21T07:35:41","slug":"the-judges-and-their-whigs-the-mirage-of-the-rule-of-law-in-south-africa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/the-judges-and-their-whigs-the-mirage-of-the-rule-of-law-in-south-africa\/","title":{"rendered":"THE JUDGES AND THEIR WHIGS: THE MIRAGE OF THE RULE OF LAW IN SOUTH AFRICA"},"content":{"rendered":"\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p><em>\u2026 [T]he depiction of the highest courts, as the ultimate protector of rights, is at the same time distinctively romantic, and false. The state, in the accurate analysis of Max Weber, is the holder of the monopoly of legitimate force, which includes violence. The legitimate wielders of force are not only the security agencies of the state, but also, more subtly, the legislature, executive and the state administration, all sharing in the monopoly through the specific kinds of force associated with each branch. Importantly, it also includes the highest courts, specifically the apex court, whose interpretation exerts force in favour of the dominant elite and against its challengers. [\u2026] To the extent that there might be legitimacy in their actions, they are only legitimate in terms of the ideological commitments of the dominant elite as articulated in the legal terms used by the apex court.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>\u2013 Koos Malan, <em>There is no Supreme Constitution<\/em><\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p>Die werkwoord \u201cis\u201d teenoor \u201cbehoort te\u201d verteenwoordig \u2019n duidelike onderskeid wat nie altyd in ag geneem word nie. Is die Suid-Afrikaanse regswese \u2019n onafhanklike instelling? Behoort dit een te wees? \u2019n Verdere vraag wat dikwels ge\u00efgnoreer word: Kan so \u2019n situasie werklik bestaan? Die antwoord op die eerste vraag is \u2019n klinkende nee. Die antwoord op die tweede vraag berus natuurlik op die derde vraag: kan die regterlike mag hoegenaamd uitgeoefen word geheel en al onafhanklik van die kultuur van die heersende klas van die politieke gemeenskap waaroor dit mag uitoefen?<\/p>\n\n\n\n<p>Lindiwe Sisulu se onlangse artikel het baie mense kwaad gemaak. Dit is egter vreemd, want daar is hoegenaamd niks nuuts aan die argumente wat sy aanvoer: dat die bestaan van die regstaat nie kan voorkom dat tirannieke politieke bevele ge\u00efmplementeer word nie; dat die einde van apartheid nie op wonderbaarlike wyse swart armoede laat verdwyn het nie; en dat die blaam vir die voortduur daarvan op Westerse instellings gepak kan word \u2013 bose oorblyfsels van kolonialisme en apartheid \u2013 wat dus vernietig moet word sonder enige oorweging van waarmee dit vervang kan word en sonder inagneming van enige praktiese oorwegings.<\/p>\n\n\n\n<p>Sisulu se aanvanklike skuif was \u2019n aanval op haar eie party en di\u00e9 se plasing van lojales in die regterlike mag. Wat sy reggekry het, was om die aanval op Westerse instellings konkreet vorm te gee en om al diegene wat slegs lippediens bewys aan transformasie te dwing om werklik die roekeloosheid van hulle gespeelde beginsels onder o\u00eb te neem. Baie het hierdie argument aangegryp om die aandag af te lei van die skandaal van kader-aanstellings deur die Regterlike Dienskommissie en het Sisulu daarvan beskuldig dat sy die howe se reputasie skade aangedoen het. Maar as mens haar uitlatings ernstig oorweeg, is die implikasies veel erger as dit.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir die radikale element wat Sisulu ondersteun, het die argument weer \u2019n ou verskoning laat oplaai vir dertig jaar van algehele onvermo\u00eb. En vir hulle wat deel vorm van die opposisie, het die artikel bestaande oortuigings bevestig, asook dat hulle harder nodig was as ooit tevore en dat hulle niks hoef te verander nie \u2013 hulle moet net die Grondwet nog sterker verdedig.<\/p>\n\n\n\n<p>Almal van hulle lieg egter vir hulself.<\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<p><strong><em>Is?<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die eerste moderne kritikus van die regstaat as \u2019n konsep was Robert Filmer. Hy het geredeneer dat die idee dat die reg die koning in toom kan hou, berus op die aanname dat hulle wat hom in toom kan hou, beskik oor \u2019n ho\u00ebr reg waarop hulle \u2019n beroep doen, buite God om, terwyl die reg van die koning berus op die opeenvolging van konings vanaf Adam, en die verordeninge van God persoonlik. Sy beswaar hieerteen \u2013 wat tans nie baie navolging sou vind nie \u2013 is dat die demokratiese ideale van die aristokrasie die goddelike reg ondermyn en vergelyk kan word met die verleidings van Lucifer.<\/p>\n\n\n\n<p>Moderne kritici sou egter aantoon dat die groep mense wat die koning in toom wou hou \u2013 en wat Filmer gepoog het om in diskrediet te bring \u2013 bestaan het uit \u2019n elite wat die koning se projekte wou inperk en wat hulle eie oogmerke gehad het vir die politieke bestuur, wat ook al hulle werklike wense was. Vanuit hierdie invalshoek kan Sisulu gesien word as die geestelike kind van Lenin en Filmer: die hoof van die regering of party is die koning; die grondwetlike instellings is bemoeisieke aristokrate wat die heersende morele orde skend soos wat dit afgelei is uit die een of ander onderaardse rewolusion\u00eare openbaring.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hele openbare debat is egter nou so skeefgetrek dat hierdie dimensies nie eers meer in o\u00ebnskou geneem word nie. Die morele verontwaardiging het die \u201cbehoort te\u201d-aspek as fokus geneem en verwaarloos gevolglik die \u201cis\u201d-aspek, waardeur hulle die vereiste laat vaar dat hulle moet definieer waarvoor hulle pleit. Ons verdedig die&nbsp;<em>status quo<\/em>&nbsp;sonder dat ons dit behoorlik verstaan, en noem dit dan \u2019n regstaat of regsorde, terwyl ons na alle kante oorbuig om te vermy om enige van die werklike kwessies te benoem of aan te spreek.<\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons begin met die vraag of Suid-Afrika \u2019n regstaat is. Hiervoor het ons eers \u2019n werkbare definisie nodig. Ek haal aan uit \u2019n toespraak wat<a href=\"https:\/\/www.gov.uk\/government\/speeches\/the-rule-of-law-and-the-prosecutor\">&nbsp;Sisulu self geplagiariseer het<\/a>:<\/p>\n\n\n\n<p>In his 2010 book Lord Bingham identified the core principle of the rule of law as being:<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2026that all persons and authorities within the state, whether public or private, should be bound by and entitled to the benefit of laws publicly and prospectively promulgated and publicly administered in the courts.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>He went on to outline 8 principles which he saw as being the key ingredients necessary to support that aim. In brief these were:<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>The law must be accessible, intelligible, clear and predictable.<\/li>\n\n\n\n<li>Questions of legal right and liability should ordinarily be resolved by the exercise of the law and not the exercise of discretion.<\/li>\n\n\n\n<li>Laws should apply equally to all.<\/li>\n\n\n\n<li>Ministers and public officials must exercise the powers conferred in good faith, fairly, for the purposes for which they were conferred \u2013 reasonably and without exceeding the limits of such powers.<\/li>\n\n\n\n<li>The law must afford adequate protection of fundamental Human Rights.<\/li>\n\n\n\n<li>The state must provide a way of resolving disputes which the parties cannot themselves resolve.<\/li>\n\n\n\n<li>The adjudicative procedures provided by the state should be fair.<\/li>\n\n\n\n<li>The rule of law requires compliance by the state with its obligations in international as well as national laws.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p>By observing these 8 principles, and in particular the fifth, affording adequate protection of fundamental human rights, we avoid the dilemma identified by Professor Joseph Raz in his 1979 work \u2018The Authority of Law\u2019.<\/p>\n\n\n\n<p>Professor Raz argued that, seemingly, within the framework of the rule of law, there can exist societies which oppress minorities, condone slavery, and support sexual inequalities \u2013 all of which would be abhorrent to liberal democracies. And yet, by adhering to strict legal structures and procedures such societies could still legitimately claim to excel in their conformity to the rule of law.<\/p>\n\n\n\n<p>[\u2026] Absent protection for human rights, courts and legal system may deprive fellow citizens of their freedom, property and ultimately their very existence.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat egter pynlik duidelik word vir hulle wat gesien het hoe die reg te werk gaan met daardie persone wat geag word openbare of staatsvyande te wees, is dat daar nie tans, nog ooit in die verlede, \u2019n staat is of was wat optree volgens die riglyne wat hierbo beskryf is nie. N\u00f3g die inwoners van die Chagos-argipel, n\u00f3g Tommy Robinson, n\u00f3g Julian Assange, n\u00f3g die protesteerders van 1\/6 wat gemartel word in tronke sonder enige vorm van regsproses, n\u00f3g die talle Moslems in Guantanamo, n\u00f3g die duisende slagoffers van verkragtingsbendes in Engeland het hierdie regsorde in bedryf gesien soos hierbo beskryf nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die spelre\u00ebls is net van toepassing op hulle wie se botsings met die gereg geen politieke dimensie het nie, en dit is die heersende elite wat kan besluit wat is politiek van aard en wat is diskresion\u00ear. Die duidelikste voorbeeld hiervan is die behandeling van die inwoners van die Chagos-argipel. Hulle is in 1967 van die eiland Diego Garcia verwyder om plek te maak vir \u2019n Amerikaanse milt\u00eare basis. Die wetlike besluite is geskep deur die uitdink van \u2019n nuwe Britse oorsese gebied, en die gevolglike etniese suiwering is gemagtig deur middel van \u2019n sogenaamde&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Order_in_Council#:~:text=An%20Order%20in%20Council%20is,countries%20the%20terminology%20may%20vary.\">Order in Council<\/a>. Toe die howe hierdie \u201cOrder\u201d aangeveg het, is hulle besware verwerp deur \u2019n verdere \u201cOrder in Council\u201d in 2004.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle is toe onderhewig gemaak aan die beginsel van parlement\u00eare oppergesag; hierdie beginsel is daarna verwerp deur die Hooggeregshof (\u2019n skepping van Tony Blair se ideologiese spanmaats in sy regering),&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/R_(Miller)_v_Secretary_of_State_for_Exiting_the_European_Union\">wat in 2017 verklaar het<\/a>&nbsp;dat die parlement (en by implikasie dus ook die hof self) ondergeskik is aan die Raad van die Europese Unie. Dit is duidelik dat hierdie uitspraak ge\u00efgnoreer is, en Brexit het ten spyte daarvan tog plaasgevind.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vraag is dus: waar berus soewereiniteit? Dit berus by wie ook al die voorwaardes vir verandering dikteer. Die Grondwet moet in die eerste plek gesien word as die lewende struktuur van die staat, en slegs in die tweede plek as \u2019n gekodifiseerde dokument, wat in elk geval in die praktyk selde in ooreenstemming is met die werklikheid. Die Grondwet kan op drie maniere verander word, maar die Westerse tradisie erken gewoonlik slegs die eerste een (en bevestig die bestaan van die tweede, waarna dit onmiddellik vergete raak):<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Eksplisiete gekodifiseerde verandering in wetgewing;<\/li>\n\n\n\n<li>Uitleg deur die howe;<\/li>\n\n\n\n<li>Die ontstaan van nuwe,\u00a0<em>de facto<\/em>-werklikhede, of dit nou deur wetgewing tot stand kom of nie.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p>In Suid-Afrika is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, tot dusver&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.gov.za\/documents\/constitution\/amendments-constitution\">17 keer<\/a>&nbsp;verander. Dit was deurgaans gevalle van klein tegniese aanpassings. Die enigste keer wat \u2019n diepgaande verandering oorweeg is, was toe geprobeer is om onteiening sonder vergoeding of op nie-arbitr\u00eare grondslag moontlik te maak \u2013 \u2019n poging wat misluk het as gevolg van die ANC se onvermo\u00eb om die EFF te oortuig om \u2019n kompromis te aanvaar tussen die huidige bedeling en volslae Sovjet-kommunisme. Punt 1 hierbo is dus nou nie verder relevant nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Punt 2 is van groter belang. Die Suid-Afrikaanse regspraak hoef nie die Grondwet te volg nie indien hulle oor die bevoegdheid beskik om dit te interpreteer. Wat hulle volg, is \u2019n ideologiese doktrine waarna Koos Malan verwys astransformationisme. Die onderliggende gedagte is dat die samelewing verander moet word (of dit nou wil of nie) na \u2019n kultureel homogene, swart oorheerste kommunistiese bestel. Die RET-groepering (\u201cRadical Economic Transformation\u201d) se filosofie is dat die behoefte aan instellings buite die party oorbodig is vir die bereiking van hierdie ideaal.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie beginsel van regspleging het na vore gekom deels weens partypolitiek, deels weens die werklike oortuigings van die heersende klas, en deels weens die raamwerkparameters wat die skrywers van die Grondwet daarin veranker het. Die aanhef skep naamlik \u2019n geestelike mandaat om sosiale regverdigheid na te streef (wat hier beteken die gelykmaking van die mensheid passend by die statistiese gemiddeldes van demografiese abstraksies) deur die erflating van die verlede om te keer. Dit verbied nie rassediskriminasie nie \u2013 slegs \u201conbillike\u201d rassediskriminasie. Dit definieer die vlakke van regering so onbuigsaam dat plaaslike outonomie nie teruggegryp kan word in tye van nasionale agteruitgang of tirannie nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regters wat van die begin af gekies is om by die Grondwethof te dien was werklik oortuig van die moontlikheid dat resultate wat lei tot absolute gelykheid behaal kon word \u2013 in hierdie mening gesterk deur \u2019n invloedryke uitspraak deur Grondwetregter Kreigler (<em>President of RSA v Hugo<\/em>) en onderskryf deur regter Moseneke en senior regsgeleerdes soos Albertyn en Goldblatt. Sedert 2013 het die Regsdienskommissie dit baie duidelik gemaak, soos dit gestel is deur hoofregter Mogoeng, dat meriete nie tel in die aanstelling van regters nie; slegs velkleur en ideologie is relevante kriteria. Dit is ook die doelstelling van die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.justice.gov.za\/legislation\/acts\/2014-028.pdf\">Wet op Regspraktyk 28 van 201<\/a>4, wat eksplisiet prioriteit gee aan die kwessie van \u201ctransformasie\u201d bo alle ander oorwegings van geregtigheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie beginsel, op die wyse waarop dit elke enkele beginsel van waarheid en pragmatisme troef, het elke enkele instelling en instituut in hierdie land laat verweer en uiteindelik vernietig voordat dit moontlik was om \u2019n opgeleide en vaardige swart bevolkingsklas tot stand te bring deur middel van \u2019n moderne onderwysstelsel. Die gevolg was dat die voortdurend stygende vraag na swart mense om aan kwotas te voldoen veel vinniger gegroei het as die aanbod van opgeleide swart beroepslui. Dit het op sy beurt gelei tot die verlaging van alle onderwysstandaarde, en tot die indiensneming van ongekwalifiseerde parasiete en domkoppe. Ter wille van die onderdrukking en uitwissing van Afrikaans is verlief geneem met die agteruitgang van die verteenwoordiging van alle inheemse tale \u2013 met die Konstitusionele Hof se stempel van goedkeuring, aangesien dit glo tot verdeeldheid sou lei om die taal te laat voortbestaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Aangesien al hierdie kwessies dui op blatante vernietiging, sou enige weldenkende persoon die afleiding maak dat ons van koers moet verander. Die meganisme wat daarvoor sorg dat hierdie transformasie voortstoom, naamlik die howe, moet gevoed word met nuwe yweraars om op koers te bly. Dit beteken nie dat die howe totaal immuun is teen die reg of redelikheid, maar wel dat hulle sterk weerstand bied daarteen. Hierdie weerstandigheid berus op die politieke wil van hierdie hoofstroom bourgeois-aristokratiese magte: die pers, die akademie, die balieraad en die regerende party.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie toestand laat nog nie die inbeslagneming van die produksiemiddele toe nie, maar terselfdertyd skep dit ook nie geleenthede om nuwe produksiemiddele te vestig nie. So raak dit \u2019n vrye val ondertoe, waar deelnemers onwillekeurig aan mekaar vas is in \u2019n omhelsing waarvan almal afkerig is; \u2019n land wat verteer word deur die wens vir wraakneming maar gevange is in \u2019n dwangbuis wat almal dwing tot eng nabyheid sonder dat daar ruimte is om \u2019n vuishou te swaai. Dit mag klink na \u2019n ironiese lotsbestemming as mens onthou met hoeveel hoop dit begin het; maar ons het in der waarheid gekry waarvoor ons betaal het: die regerende party was nog altyd \u2019n bourgeois swart-eliteparty, wat daarop uit was om deel te word van die wit elite, nie om dit omver te werp nie,<a href=\"https:\/\/www.sahistory.org.za\/archive\/1994-south-african-election-phyllis-jordan\">&nbsp;soos Phyllis Jordan reeds in 1994 geskryf het<\/a>:<\/p>\n\n\n\n<p>It is in this sense that it cannot be called revolutionary. Its formation can be viewed as an attempt by the black petit bourgeois to be included in the ruling class of the structure that was created in 1910; a structure whose primary aim was to more efficiently exploit black labour. It was the black petit bourgeoisie knocking at the door, saying \u201cLet us in. We belong, too.\u201d This is not to say that there were never revolutionary elements in the ANC; their position was never dominant.<\/p>\n\n\n\n<p>Successive South African governments, obsessed with race and colour, never understood this. Only the white liberals did \u2013 liberals who are both the formulators of policy and the guardians of the principles of the bourgeois democracy. Small wonder then, that the first whites to take the ANC seriously were the liberals. The political aims of the ANC and the liberals were the same: the establishment of a bourgeois democracy in South Africa.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie situasie, wat deur Fanon \u201cmimicry\u201d genoem word, is tiperend van die postkolonialisme: wrokkige pogings om die wit mense te verdryf maar terselfdertyd ook na te aap, sonder om hulle instelllings van die grond af te vervang. L\u00ea wet en orde lam om die Westerse regstaat te ondermyn sonder om \u2019n vervangende instelling daarvoor te vind. Spoeg op Westerse begrippe van belastingdissipline in die naam van herverdeling, terwyl die fokus geplaas word op rykwordskemas. Dit alles ten koste van die opheffing van gemeenskappe, want dit is inderdaad baie ingewikkeld om armoede te bestry, \u00e9n dit verg die erkenning dat party Westerse praktyke suksesvol is. Om die wit persoon se \u201crassistiese standaarde\u201d belaglik te maak, lei tot die mislukking van opleiding en administratiewe funksies. Argumente gebaseer op die beskulding van wedersydse soortgelyke optrede (die&nbsp;<em>tu quoque<\/em>-drogredenasie) word ingespan, byvoorbeeld in die stelling dat kolonialisme die ware staatskapingspoging verteenwoordig. Hiermee word die gewetes gesus.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regerende party se omarming van die praktyk van aalmoese uitdeel, sosialistiese oefenlopies en verstedeliking vernietig gemeenskappe en skep massas ontheemde, ontwortelde, ledige en kwaadwillige jong mans vir wie die beloftes van welvaart tot as verbrand het. Vervolgens word treinspore uitgeruk om die skrotmetaal te verkoop en dwelms raak gevestig in swart woonbuurte wat nie langer toeganklik is vir die polisie nie. Polisielede laat hulself in vir onwettige wapenverkope aangesien skuld en inflasie hulle salarisse opvreet en die gereg die uitoefening van hul gesag onmoontlik maak. Om rond te speel met sosialistiese vorms van landhervorming lei deurgaans tot grootskaalse armoede en ekonomiese afhanklikheid van die voormalige koloniale magte.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar ten minste kan ons op die howe staatmaak om \u2019n werklike tirannie te voorkom, of hoe? Nou ja, die antwoord is nee. Dit is naamlik hier waar die derde manier van verandering kop uitsteek.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ANC gebruik informele mag deur middel van die taxi-mafia om faksiegeskille te besleg deur geweld. Hulle gebruik rampokkery en sogenaamde \u201cshack farming\u201d (\u2019n proses waar onwettige strukture opgerig word op stukke oop grond en di\u00e9 dan verhuur of verkoop word) om die hoeveelheid teenstemme te verdun in gebiede wat demografies vir hulle ongunstig is, blokkeer infrastruktuurprojekte ge\u00efnisieer deur die Demokratiese Alliansie (DA) en verhaal onwettige belastings van arm mense. Hulle het&nbsp;<a href=\"https:\/\/mg.co.za\/article\/2015-11-20-00-zumas-deal-with-cape-gang-bosses\/\">sistematiese beskerming teen vervolging gebied aan die bendes in die Kaap<\/a>&nbsp;vanaf 2011 ten einde die opposisie te destabiliseer. Ook die algehele totstilstandkoming van alle nasionale infrastruktuur op die ekonomiese korridor Durban-Johannesburg deur die Zuma-faksie&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/2021_South_African_unrest\">in Julie 2021<\/a>&nbsp;het nie enige regsoptrede tot gevolg gehad nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Jare gelede, toe goed beredeneerde argumente aan die Konstitusionele Hof voorgel\u00ea is wat stel dat die polisie onherstelbaar en inherent korrup is en deur die regerende party gekaap is (<em>Helen Suzman Foundation v President of the RSA<\/em>;<em>&nbsp;Glenister v President of the RSA<\/em>), het die howe die bewysmateriaal ontoelaatbaar verklaar; nie omdat dit nie die waarheid was nie, maar omdat dit die waardigheid van die heersende politieke orde bedreig het.<\/p>\n\n\n\n<p>In die Verenigde State gebruik die staat privaat eenhede, wat saamwerk met burokratiese instellings wat nie verantwoording hoef af te l\u00ea nie, om die grondwetlike regte van sy burgers te omseil. Big Tech tree op as poortwagters van die ideologiese ruimte deur sekere publikasies op die swartlys te plaas en teenstanders te beroof van \u2019n platform. In die Verenigde Koninkryk blokkeer die Hooggeregshof, sorgvuldig geselekteer deur Blair, enige poging om progressiewe of veiligheidshervormings terug te draai. Progresiewe hervormings asook hervormings ten opsigte van staatsveiligheid word nie getoets aan enige regte soos deur wetgewing gewaarborg nie. Die finansi\u00eble grootbase blokkeer toegang tot bankfinansiering vir enige iemand wat werklik teenstander is van die bestaande orde, soos Gavin MacInnes or Curtis Yarvin, en gooi fluitjieblasers in die tronk. Die VK en Australi\u00eb is tans lande waar geen burger hoegenaamd enige regte het nie \u2013 nie eers op burgerskap nie, wat teruggetrek kan word deur ooreenkoms indien die uitvoerende mag so besluit (byvoorbeeld in die geval van Shamima Begum).<\/p>\n\n\n\n<p>Suid-Afrika het nie nodig om enige van hierdie optrede na te volg nie, want die enigste mag wat mense wil h\u00ea is om by geleentheid ideologiese deugsaamheid ten toon te stel, en daarby die vermo\u00eb om vinnig ryk te word. Kennis van korrupsie of geweld gerig teen ons burgers is vir leiers politiek irrelevant. Ons elitegroepering bestaan uit die grootste nikswerds in die Westerse invloedsfeer \u2013 tot so \u2019n mate dat Sisulu skaars erkenning gegee het aan die meeste van die terugvoer wat hulle gelewer het.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar bestaan dus nie \u2019n onafhanklike regstelsel nie. Maar deur uit te wys dat dit noodsaaklik is om te doen wat reeds gedoen word asof dit glad nie gedoen word nie, het Lindiwe Sisulu die liberale (ek gebruik die term in bre\u00eb sin) tak van die ANC, die pers en die akademiese gemeenskap die geleentheid gebied om voort te gaan met die pretensie dat transformasionisme nie alreeds die regstelsel domineer nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle het naamlik steeds die illusie van die regstaat nodig ten einde die vele stempels van goedkeuring te gee wat deur slegs in naam onafhanklike afdelings van die regering geplaas kan word op \u2019n beleidsrigting of bevel om sodoende die legitimiteit daarvan te verhoog, die plig om op te tree minder dringend te maak en alle energie nodig vir verandering op te slurp. En dus moet die poppekas van geregtelike onpartydigheid in stand gehou word.<\/p>\n\n\n\n<p>Tog, net toe die wonderlike en heilsame Zondo-kommisie wat staatskaping moes ondersoek aan die einde van sy werksaamhede gekom het, het die President hierdie laaste illusie vernietig voor die o\u00eb van almal. Hy het getuienis gelewer waaruit moes blyk dat die ANC se Komitee vir Kaderindiensneming (Cadre Deployment Committee) geen seggenskap het oor die keuse van regters nie. Dit blyk dat \u2019n ongewoon deursigtige leuen was, Gewoonlik word sulke leuens ge\u00efgnoreer, want wat plaasvind onder die ANC&nbsp;<em>omert\u00e0<\/em>&nbsp;sien selde die lig. Egter nie in hierdie saak nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons piepklein liberale opposisieparty, die DA, het in aksie gekom deur die een vertakking van die staat deur wie hulle enigsins betekenisvolle vermo\u00eb het om tussenbeide te tree: die howe. Direk na die vrystelling van die Zondo-kommissie se verslag het&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.da.org.za\/2022\/01\/da-wins-battle-to-make-anc-cadre-deployment-records-public\">die DA onlangs interne ANC-memorandums gepubliseer<\/a>&nbsp;wat laat sien hoe hulle politieke lojaliteitstoetse uitvoer by die keuse van regters nog voordat openbare hoorsittings plaasvind om hulle bevoegdheid te verseker. Dit is inderdaad kaderindiensneming. Die President het voor regter Zondo getuig daar bestaan nie so iets nie, en loop nou die risiko om onder druk van die DA&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.biznews.com\/undictated\/2022\/01\/19\/cyril-ramaphosa-perjury-da\">vervolg te word weens meineed<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p>En ten spyte hiervan het Sisulu al die nuusdekking gekry.<\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<p><strong><em>Behoort te?<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Sisulu is tereg verbyster. Watter betekenis het hierdie regstaat-kwessie in elk geval as dit allerlei vorme van wreedheid en waansin op klaarligte dag kan ondersteun, en selfs verdere afwykings en uitsonderings snags of tydens \u2019n krisis? Watter betekenis het die reg as dit nie eers die morele kultuur weerspie\u00ebl van die mense waaroor dit aangestel is nie? Watter nut het \u2019n elitistiese instrument van transformasie indien dit nie armoede in welvaart kan verander nie? Alhoewel dit maklik was om haar skynheiligheid uit te wys, is dit ook so dat niemand regtig haar vrae beantwoord het nie. Ons doen almal voorspraak vir skimme wat ons skaars kan waarneem.<\/p>\n\n\n\n<p>Gevolglik was die enigste aanklagte waarteen Sisulu gemeen het sy moet haarself verdedig, die&nbsp;<a href=\"https:\/\/africanewsglobal.co.za\/i-wrote-as-part-of-my-contribution-to-a-conversing-south-africa-as-guaranteed-in-the-spirit-and-letter-of-the-constitution\/\">beskuldigings van \u201cill discipline\u201d<\/a>&nbsp;afkomstig van die party se apparatchiks. Wat werklik onthullend was in die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.iol.co.za\/news\/politics\/sisulu-claims-ramaphosas-media-team-were-deliberately-mischievous-6d6b5462-1323-465f-98e7-f669867b3f0c?utm_term=Autofeed&amp;utm_medium=Social&amp;utm_source=Twitter#Echobox=1642758254\">dissiplin\u00eare gesprek<\/a>&nbsp;waaraan minister Sisulu onderwerp is, was die feit dat die President nie beswaar aangeteken het teen haar verwerping van \u00f3f die regstaatbeginsel \u00f3f die regstradisie wat in hierdie land geld \u00f3f teen haar uiterste rassevooroordeel teenoor die wit minderheid nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Nee, hy was daarteen gekant dat sy die ideologiese verbintenis van die regters bevraagteken het. Met ander woorde, die enigste beswaarlike standpunt wat die President in haar stellings gevind het, was die feit dat sy inderdaad ge\u00efmpliseer het dat&nbsp;<em>regters inderdaad onafhanklik kon optree en sodoende partygesag in toom kon hou.<\/em>&nbsp;Die verskuldigde respek aan hierdie dienaars van transformasie moet in stand gehou word omdat elke tak van regering daartoe dien nie om mekaar te kontroleer of dop te hou nie, maar om hulle wedersydse legitimiteit te versterk.<\/p>\n\n\n\n<p>Behoort ons \u2019n regstaat in stand te hou? Dit hang daarvan af wat mens bedoel. Wit mense sonder platform het opgemerk dat sy rassisties is, en hulle wil gelyke waardering geniet binne die&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Civitas\"><em>civitas<\/em><\/a>. Radikales het juis ges\u00ea sy het nie ver genoeg gegaan nie, en dat werklike transformasie nodig is \u2013 die begrip regstaat is ongrypbaar en bowendien ondoeltreffend; wys ons net die resultate.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar die oorheersende geluid in hierdie debat kom vanuit die progressiewer, Anglo-oorheerste pers. Hulle verdedig die liberale politieke orde as \u2019n instrument van vooruitgang. In \u2019n vervlo\u00eb tydperk sou hierdie mense as \u201cWhigs\u201d bekendstaan. Hulle verkies dat die utopie stilletjies genoeg posvat dat hulle nie nodig het om op te hou om hulle ontwerperkoffie te slurp nie (terwyl die ANC verkies dat dit laat genoeg kom dat hulle genoeg tyd het om al die bates te verkwis met partytjies).<\/p>\n\n\n\n<p>Die enigste splintergroepie van die kommentaargewers wat lyk asof hulle regtig vir iets anders vra, is diegene wat&nbsp;<em>teen&nbsp;<\/em>transformasie is, maar&nbsp;<em>ten gunste van&nbsp;<\/em>die Grondwet. Dit verteenwoordig \u2019n spesiale soort onsamehangendheid, omdat selfs die mees toegeeflike uitleg van die Grondwet steeds sal lei tot \u2019n toenemende sosialistiese politieke koers (kyk byvoorbeeld na die reg op huisvesting, reg op sosiale welysndienste, ens.) wat vroe\u00ebr of later tot ineenstorting sal lei. Dit is die DA se posisie: \u2019n afgeswakte, konserwatiewer vorm van Whigs-beleid, wat die voertuig tot politieke dienslewering beskou as synde gesetel in \u2019n gesuiwerde vorm van 19e-eeuse Engelse liberalisme. Hierdie benadering in hedendaagse Afrika is dwaasheid in sy ergste vorm. Selfs Kissinger sou dit vir mens kon s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Waarmee al hierdie mense wel saamstem, is dat wat ook al die regters moet doen, dit \u2019n refleksie moet wees van hoe hulle wil h\u00ea&nbsp;<em>die samelewing moet ontwikkel<\/em>. Dit hou in die behoud van \u2019n elitistiese transformasieprojek, maar nie een wat sorgvuldige introspeksie verg nie.<\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2022-01-21-lindiwe-sisulus-f-you-to-ramaphosa-should-surprise-no-one-heres-why\/\">Rebecca Davis<\/a>&nbsp;val eenvoudigweg Sisulu se karakter aan (toegegee: dit is effens onfris) en pleit daarvoor dat diskussie oor die ernstige aspekte liewer vermy moet word. Ferial Haffajee&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2022-01-17-populists-propel-political-attacks-on-the-judiciary-says-human-rights-activist-elinor-sisulu\/\">het die beste benadering<\/a>&nbsp;tot die huidige skandaal, waarmee ek bedoel die mees stereotiepe benadering van haar kortsigtige groepering. Elke skrywer wat op die betaalstaat van Soros of Gate staan (soos die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.gatesfoundation.org\/about\/committed-grants\/2015\/09\/opp1119292\"><em>Mail &amp; Guardian<\/em><\/a>, of die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.osf.org.za\/2018-grants-list\/\"><em>Daily Maverick<\/em><\/a>) handhaaf dieselfde koers. Hulle kan die pasi\u00ebnt se agteruitgang beskryf, maar kan niks meer doen as om meer van dieselfde giftige&nbsp;<em>muti<\/em>&nbsp;voor te skryf. Meer&nbsp;<em>transformasie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Haffajee trek te velde teen sogenaamde \u201cpopulisme\u201d in navolging van die Westerse elite-diskoers, terwyl sy vergeet dat die hele huidige bedeling gebou is op onsinnige populisme van die \u201ckom kry\u201d-beloftes van die komende utopie, die kulturele opbloei van Afrika en gratis yskaste.<\/p>\n\n\n\n<p>Demokrasie sonder die volk se entoesisame behels slegs \u2019n komplekse administratiewe ritueel wat dien tot die onderhoud van die bestuursklas. Maar populisme, alhoewel dit noodsaaklik is vir substantiewe demokrasie, is ook onvoorspelbaar \u2013 en daardeur gevaarlik vir die bourgeoisie. Deur daardie onderdele van die&nbsp;<em>status quo<\/em>&nbsp;aan te val wat die oorsaak is van dinamiese verandering (selfs al is dit verval en agteruitgang), verdedig Haffajee juis die&nbsp;<em>status quo<\/em>. Nie omdat sy dit verstaan nie of dink dat enige iemand daarby baat nie (sy dink hoegnaamd nie daaroor na nie); sy wys bloot \u2019n vinger na al die voormalige Britse koloniale gebiede wat dieselfde neerwaartse koers toon, op presies dieselfde manier, insluitend Zimbabwe, sonder om die gemene deler raak te sien.<\/p>\n\n\n\n<p>Selfs die intelligentste en mees ervare Whigs-gesindes ly aan dieselfde siekte.&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2022-01-17-the-crisis-of-our-times-cannot-be-resolved-simply-by-electing-new-anc-leaders-we-need-a-new-alignment-of-forces\/\">Raymond Suttner het onlangs \u2019n artikel gepubliseer<\/a>&nbsp;wat oproep tot \u201cverandering\u201d. Maar dit wat hy voorstel, is niks meer as in sirkels hardloop sonder enige vooruitgang. Verander die werklikheid om die formele orde te handhaaf, alhoewel dit nie regtig bestaan nie. Die hele Suid-Afrikaanse intelligentsia is in die ban van hierdie toenemende histerie, en hulle word al hoe luidrugtiger omdat die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.parliament.gov.za\/storage\/app\/media\/Publications\/InSession\/2018-01\/final.pdf\">New Dawn<\/a>&nbsp;nie sy opwagting maak nie: ons moet iets doen, maar het nie \u2019n idee wat nie! Dalk nog meer die hande wring, Lady MacBeth?<\/p>\n\n\n\n<p>Suttner se voorgestelde oplossings is die volgende: 1) om die een of ander vorm van burgerlike demokratiese betrokkenheid te laat herleef deur die uitdeel van meer gratis goedere op koste van die belastingbetaler; 2) \u2019n plan in die Thabo Mbeki-styl om alle privaat beleggings te beheer en te bestuur (ek wonder op hoeveel maniere dit kan skeefloop?) en 3) dat die nuusmedia die voortou neem om die sakesektor en burgerlike samelewing te verenig in hulle ondersteuning van die Grondwet. (Hy is klaarblyklik nie daarvan bewus dat die sakesektor en die staat alreeds met mekaar heul \u2013 om klein en medium ondernemings (KMO\u2019s) te vernietig en die organisasie van arbeid te monopoliseer deur kollektiewebedingingsooreenkomste wat oor die hele sektor heen toegepas word op partye wat nie deel was die onderhandelinge nie. Maar dit is \u2019n storie vir \u2019n ander geleentheid.)<\/p>\n\n\n\n<p>Suttner het egter een goeie insig:<\/p>\n\n\n\n<p>The media are colluding \u2014 despite the ANC having suffered a serious defeat \u2014 in presenting the outcome of the ANC internal elections and leadership structures as the only or main question to which we must look for the securing of our democratic future.<\/p>\n\n\n\n<p>[\u2026] This type of focus on the ANC is making it more difficult to remedy democratic failure and dysfunction. This is done by media reportage and analysis that focuses almost entirely on personalities in one or other \u201ccamp\u201d, to whom they owe loyalty, and who may be on one or other \u201cticket\u201d to the presidency of the ANC or may be won over to one or other \u201ccamp\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>It is media colluding in the depoliticisation of politics.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is \u2019n oormatig beleefde en langdradige manier om te s\u00ea dat die volledige nuusmediabestel gatkruip by die regerende party sonder dat hulle \u2019n greintjie steekhoudende kritiek lewer.<\/p>\n\n\n\n<p>Dus wat staan \u2019n mens te doen? Die betrokke party skrap? Nee, tog net nie die kosbare bevrydingsbeweging nie! Die party regruk? Nee, die koste is te hoog. \u2019n Ander party ondersteun wat geheel en al verskillende opvattings huldig? Nee, dit sal neerkom op kantkies vir \u201conderdrukking\u201d deur di\u00e9 wat van die staat afhanklik is, te beroof van hulle lui en wanhopige staatsafhanklikheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Wie kies Suttner as sy ligtende voorbeeld van demokratiese burgerlike betrokkenheid?&nbsp;<a href=\"https:\/\/giftofthegivers.org\/\"><em>Gift of the Givers<\/em><\/a>, \u2019n Moslem-liefdadigheidsorganisasie&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.atlanticphilanthropies.org\/wp-content\/uploads\/2010\/07\/12_Gift_of_the_givers_c.pdf\">wat bestuur word deur een enkel man met uiters outokratiese denkbeelde<\/a>. Die keuse val dus op \u2019n religieuse orde wat die gewyde handeling van aalmoese gee ondersteun en wat saamgebind word deur onbuigsame geestelike dissipline en die outokratiese visie van \u2019n welwillende diktator? Ek sal onmiddellik toegee dat Gift of the Givers wel deeglik wonders bewerkstellig, maar vir \u2019n ate\u00efstiese Anglo-geori\u00ebnteerde progressiewe figuur soos Suttner behoort enige van die elemente wat maak dat die liefdadigheidsorganisasie doeltreffend is, anatema te wees vir sy vae geestesgesteldheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Waarop hierdie werklik neerkom, is nostalgie vir die wit kant van die vryheidstryd (toejuiging van Afrika-protesoptrede), sodat hulle die heilige gloed van bevryding kan ervaar vanuit hulle leunstoele. Hulle vind simboliese sondebokke om die stryd op rituele wyse na te speel: Afrikaners, \u201cwitwees\u201d of Jacob Zuma. Hoe meer die verlede verguis word, hoe blinker kan die toekoms voorgestel word.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos die ander Whigs-gesindes glo Suttner in die&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2021-09-08-de-zumafication-and-the-possibly-terminal-crisis-of-the-anc\/\">Zuma-teorie van korrupsie<\/a>. Slegs as dierbare ou Cyril sy sokkies optrek en daarin sou slaag om \u2019n werklike suiwering van die populistiese groepering deur te voer, kan ons vorentoe beweeg en die ewigdurende heerlikheid bereik van glimlaggende swart skoolkinders wat volkspeletjies speel. Mbeki kon nie&nbsp;<em>werklik<\/em>&nbsp;\u2019n dief gewees het nie; hy was te beskaaf. En ons kan nie die hele party as sleg beskou nie, want dan is daar nie enige verwesterste progressiewe swart mense om as voorvegter vir op te tree nie, en hulle gewetes sou hulle opgevreet het.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is die fundamentele kwessie. Die Whigs-gesindes kan slegs swart mense roem indien hulle goeie Engels praat (maar genoeg van \u2019n aksent behou om outentiek te klink) en as hulle gemeenplase kwytraak oor Westerse instellingsvorme (en terselfdertyd oproep om van sulke instellings bevry te word). Die onderliggende idee is dat ons slegs onsself kan bevry deur ons toe te wy aan \u2019n swart vryheidstryd. Dit is egter uiters beangstigend om onsself oor te gee aan \u2019n werklike Afrika-rewolusie; daarom het ons \u2019n weergawe nodig wat in tweed-materiaal geklee is en keurig gesnoeide Engels praat, of \u2019n oom-agtige mistieke wyse man soos Mandela.<\/p>\n\n\n\n<p>Hulle beweer dat Afrika-kultuur wonderlik is, maar wanneer dit iets meer raak as tradisionele liedere en dans, deins hulle terug soos mense met kiemvrees in \u2019n afsonderingsgebied vir melaatses. Zuma was byvoorbeeld \u2019n manlike chauvinis, \u2019n patriargale skurk wat nie die evangelie van Anglo-geori\u00ebnteerde geslagsbetrekkinge onderskryf het nie, Hy kan egter nie as \u2019n ware fascis beskou word nie, want die werklike kwaad is slegs te vinde by diegene wat beskaaf en intelligent genoeg is om die kwaad te verteenwoordig: die bleker, nader vyand \u2013 Afrikaners. Slegs rassiste kan enige kwaad raaksien in \u2019n swart persoon.<\/p>\n\n\n\n<p>Gevolglik word&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Hanlon%27s_razor\">Hanlon se skeermes<\/a>&nbsp;\u2019n verpligte ontledingsinstrument. Zuma moet beslis sleg wees omdat hy min onderwys geniet het, ongesofistikeerd is ensovoorts, want sou mens aanvaar dat hy inderdaad \u2019n slim manipuleerder in die Machiavelli-trant is met \u2019n oorwo\u00eb politieke ingesteldheid, dan moet mens vra hoekom al die idees wat hy na vore gebring het, so goed gewerk het om sy mag te konsolideer.<\/p>\n\n\n\n<p>Die rede hoekom die Whigs-gesindes aanstoot geneem het aan Sisulu is nie gele\u00eb in die stelling dat die regswese inderdaad reeds verpolitiseer is nie, maar dat dit nie&nbsp;<em>gesien mag word as verpolitiseer<\/em>&nbsp;nie, want dan moet daar daadwerklik iets daaraan gedoen word. Nadat hulle getuie was daarvan dat elke enkele instelling vernietig is deur die indiensneming van \u2019n eindelose stroom Zerg-agtige Afrika-kommuniste, begin die respektabele Anglo-geori\u00ebnteerde progressiewes oplaas eksepsie neem. Hoekom? Omdat hulle uiteindelik agterkom dat die toestand ook die enigste staatsinstrument affekteer waarvan hulle gedink het dat dit hulle nog sou kon verdedig indien die politici ten einde laaste hulle messe sou slyp vir die achilleshiel van die voorstedelike lewenswyse.<\/p>\n\n\n\n<p>Die illusie waaraan die Whigs-gesinde kommentators vasklou is dat dit, hoe dan ook, die meriete van die saak of individu voor die hof is wat saakmaak, eerder as die politieke doelstellings van die regters en die regerende party. Hulle vergis hulle egter, maar ignoreer alle beskikbare bewys tot die teendeel, en verdedig die verbeeldingsvlug dat die howe daartoe in staat sou wees om enige werklik ernstige bedreiging vir die bourgeois lewenstyl te keer.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is \u2019n les wat hulle reeds moes geleer het nadat hulle Zimbabawe dopgehou het en di\u00e9 se sogenaamde glorieryke en onafhanklike regterlike mag (selfs na alles wat daar gebeur het, is daar steeds hoofopskrifte soos die volgende wat gedruk word: \u201c<a href=\"https:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2020-07-23-judicial-independence-under-threat-in-zimbabwe\/\">Judicial independence under threat in Zimbabwe<\/a>\u201d)<em>.<\/em>&nbsp;Daardie perd is al jare dood en tot gom gekook. Die regters gaan nie jou vel red nie, en die regstaat is niks meer as die konsensus van die regerende elite, met \u2019n ragfyn sluiertjie van wetlik vasgestelde gedragskodes.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie sluiertjie word voortdurend verdedig teen diegene wat poog om gate daarin te druk om te wys watter monster daaragter skuil. Dit gebeur omdat dit van die uiterste belang is vir al diegene wat hulself beskou as goeie burgers, dat hulle om goeie burgers te bly, slegs moet stilsit en niks doen nie. Daar is nie fout nie, en di\u00e9 wat dink dat daar wel iets fout is, moet hulself skaam! Alle euwels is \u2019n jammerlike oorblyfsel van \u2019n lank-vergete verlede, wat steeds verder sal vervaag soos wat ons voortmarsjeer na die verligte toekoms wat in die vooruitsig gestel word deur daardie gewyde dokument waaragter ons almal skuil.<\/p>\n\n\n\n<p>Ja, ons behoort \u2019n regstaat te wees. Maar dit hou in dat mense die werklikheid in die o\u00eb moet staar, asook hulle beperkings en uiteindelik, mekaar<\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<p><strong><em>Kan?<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die reaksion\u00eare kanon, soos wat dit in die afgelope paar jaar staangemaak is deur andersdenkende deskundiges in die veld van politieke teorie, stem saam oor enkele grondliggende waarnemings, wat in lyn is met di\u00e9 van prof. Malan. Malan baseer homself egter nie op enige van hierdie kanonieke teorievormers nie om sy gevolgtrekkings te bereik nie; hy leun hoofsaaklik op sy bedugtheid, wat op ervaring berus, vir die regsomgewing van \u2019n samelewing in vrye val. Hy besef ook \u2019n aantal waarhede wat romantiese absolutiste uit die oog verloor.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat hy uit intu\u00efsie weet omdat hy deel is van \u2019n volk wat al vir 400 jaar republikeine is, is dat \u2019n monargie met erfopvolging nie tot die moontlikhede behoort nie. \u2019n Charismatiese leier, alhoewel baie mense luid om so \u2019n leier roep, bevorder \u2019n gebrek aan daadkrag onder die bevolking. As soewereiniteit enigsins op betekenisvolle wyse die vorm van die regstaat wil aanneem, moet dit voortkom uit spontane konsensus onder mense. Om dit te bereik, vra vir wydverspreide deelname deur \u2019n groot verskeidenheid mense binne die samelewing op elke vlak, waar verdedigende morale oordele ondertoe beweeg (en agteruit in die tyd), asook onafgebroke verraad teenoor \u2019n mens se self-uitgeroepe meerderes.<\/p>\n\n\n\n<p>In Afrikaans is die onderskeid tussen die begrippe \u201csamelewing\u201d (\u201csociety\u201d) en \u201cgemeenskap\u201d (\u201ccommunity\u201d) baie duideliker as in Engels. Die samelewing is bloot die grootste omvang van kontak binne \u2019n politieke of ekonomiese bestel. \u2019n Gemeenskap hierenteen is iets met \u2019n tasbare, gedeelde metafisiese en normatiewe konsensus. Dit is juis hierdie fenomeen van normatiewe en metafisiese konsensus wat sowel gewone organiese gemeenskappe aandryf as die losstaande, ge\u00efnstitusionaliseerde elites.<\/p>\n\n\n\n<p>Op verskeie wyses is die bewussyn van hierdie gedeelde gevoel en intu\u00efsie in ooreenstemming met Ibn Khaldun se nosie van&nbsp;<a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Asabiyyah\"><em>asabiyya<\/em><\/a>&nbsp;\u2013 die krag daarvan het die nasies saamgesnoer wat hier gevestig is onder leiers soos Shaka, Moshoeshoe, Rhodes en Kruger. Hierdie krag neem op natuurlike wyse af soos wat die gevestigde stedelike lewe kristalliseer in imperiale vorms \u2013 en Suid-Afrika, hoe ons ook al voorgee dat dit nie so is nie, is nie \u2019n gemeenskap nie, maar \u2019n toiingrige laslappieryk.<\/p>\n\n\n\n<p>Diegene wat soewereiniteit kan uitoefen is hulle wat die skyn van gemeenskapskonsensus kan wek by enersyds die bre\u00eb samelewingsmassas of andersyds by die elite. Dit is veel makliker om die elitegroeperings te ko\u00f6pteer. Vir die meeste leiers staan die elite sosiaal nader aan hulle; daar is minder van hulle, en as gevolg van sosiale traagheid laat gewone mense daagliks besluite en meningsvorming aan hulle oor: aan die party, die staatsdiens, die nuusmedia, die akademie, die kamers van koophandel, die oligarge wat minerale rykdom beheer, die banke en internasionale organisasies.<\/p>\n\n\n\n<p>Mense soos Boris Johnson, Donald Trump en Jacob Zuma word verag, nie omdat hulle die regstaat aantas nie, maar omdat hulle die ongeskrewe re\u00ebl oortree: mens mag nie jou sosiale klas verraai nie deur ondersteuning te soek onder die massas deur toe te gee aan hulle normatiewe konsensus. Malan beweer juis met klem die teenoorgestelde: ons moet ons juis ondergeskik stel aan hierdie normatiewe konsensus onder die bevolking, want anders word die reg \u2019n tirannie wat bietjie vir bietjie ons geesdrif vir faksievoordele laat wegroes. Hier staan die re\u00ebls van die regstaat nie voorop nie, maar die re\u00ebls van Atheners teenoor Helote.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedert Ramaphosa aan die mag gekom het, is hy in die openbaar ondermyn deur lede van die opponerende faksie binne die ANC. Dit is iets wat nog nie voorheen gebeur het nie.&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.sowetanlive.co.za\/news\/south-africa\/2021-07-21-nosiviwe-mapisa-nqakula-on-contradicting-ramaphosa-im-being-portrayed-as-an-irresponsible-young-girl\/\">Mapisa-Nqakula<\/a>,&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.iol.co.za\/news\/politics\/dlamini-zuma-slated-for-overruling-ramaphosa-on-amended-closing-time-for-restaurants-bars-d4039ade-a8b6-481e-9298-80837012a318\">Dlamini-Zuma<\/a>&nbsp;en selfs&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.sowetanlive.co.za\/news\/south-africa\/2019-03-26-watch-gwede-mantashe-contradicts-ramaphosa-nine-wasted-years-is-a-myth\/\">Mantashe<\/a>&nbsp;het by tye die partyprogram ge\u00efgnoreer. Die feit dat Sisulu die President se olyftak verwerp het (die publikasie van die verskoning wat sy aangebied het vir swak dissipline) laat sien dat selfs ten opsigte van&nbsp; die geringste kwessie die partyleiery se gesag niks beteken nie. Die populiste reik uit na die menigtes. Selfs al is dit halfhartig en grootliks in selfbelang, het die uitreiking begin en mense snak na die illusie om gehoor te word. Die vorm wat hierdie stilswyende geheime ooreenkoms aanneem, is nasionaal-sosialisme.<\/p>\n\n\n\n<p>Die rede hoekom die DA vasklou aan die hoop dat die volslae gekorrupteerde regsinfrastruktuur hulle sal help, is nie juis dat hulle bewysbaar \u2019n aantal geringe toegewings gekry het van ons regters nie \u2013 hulle wen inderdaad van tyd tot tyd sake. Hulle staan ook \u2019n goeie kans om die huidige uitdaging te wen, waardeur vertroue in die presidentskap, die regswese en die staat as geheel verder ondermy word. Sulke regsoorwinnings is egter magteloos om die koers van die staat en die transformatiewe agenda te verskuif. Indien hulle ooit die mag in hande kry, sal hulle opgesaal word met gekastreerde instellings wat in die hartland van die Weste nie eers meer gerespekteer word nie en wat hier te lande grondliggend verpolitiseer is. Hierdie instellings gly stadig weg in die begraafplaas van die beskawing \u2013 net stadig genoeg om die transformasie te voltooi.<\/p>\n\n\n\n<p>Net soos die nuusmedia, die regerende party en die akademie beskou die regstelsel die liberale druk vanouds vir die afskaffing van rassediskriminasie met minagting en hulle geloof in eiendomsreg as verouderd. Die stelsel sal egter van tyd tot tyd enkele toegewings maak ten opsigte van prosedurele kwessies wanneer dit voor die hof gebring word. Selfs kiesers het besluit om hulle die rug toe te keer, en hulle ondersteuningsbasis het gestagneer. Die rede hoekom hulle vasklou aan die hoop dat die formele aard van die Grondwet saakmaak en dat daarop staatgemaak kan word, is dat indien dit nie so is nie, hulle niks meer het waarop hulle kan vertrou nie \u2013 daar is dan geen re\u00ebls meer nie. En indien dit die geval is, sal hulle ware soewereine aksie moet neem deur instemming, of anders vir die bevolking die wetgewing moet verskaf wat hulle wil h\u00ea (\u2019n radikaal konserwatiewe outorit\u00eare bedeling) \u2013 begrippe wat hulle vrees inboesem.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ANC en die EFF hou duidelik nie by die re\u00ebls nie. Baie van die regeerstrategie\u00eb betrek informele strukture soos rampokkerbendes, formele alliansies met georganiseerde misdaad en die grootskaalse diefstal van land deur sogenaamde \u201cshack farming\u201d-operasies; hierby kom nog intimidasie, omkopery en geheime ooreenkomste. Die DA word gekonfronteer met twee onderskeie w\u00earelde waartussen hulle kan kies. Deur niks te doen nie, word hulle toekoms gekenmerk deur eindelose koalisieregerings, wat inhou dat die spel gespeel word op die vyand se tuisveld en dat mens soos hulle moet word om te kan oorleef.<\/p>\n\n\n\n<p>Die enigste deel van die land waar die DA enige hoop het om genoeg mag terug te wen om party van die oorblywende waardes van hulle leierskap (al is hierdie waardes reeds so uitgehol deesdae) organies te verwesenlik, is in die Wes-Kaap. Maar hulle is bang om verantwoordelikheid te neem, selfs al is dit net gedeeltelik, vir die bloedbad wat Suid-Afrika is. Hulle is dus bevrees om geweld te gebruik ten einde geweld te be\u00ebindig, en verkies om al hulle geld te verwed op Rhodes se droom. Hulle vergeet egter dat Rhodesi\u00eb uiteindelik Zimbabwe word. Ek persoonlik sal baklei om te voorkom dat \u2019n tweede Zimbabwe ontstaan, en ek is bly dat party mense in my sosiale omgewing hulle al skoppende en protesterende na \u2019n referendum toe sleep.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regstaat gaan nooit tot stand kom in Suid-Afrika nie. Die rede daarvoor is doodeenvoudig dat Suid-Afrika tot op die bot verdeel is. As \u2019n samelewing of gemeenskap bestaan dit nie. Geen&nbsp;<em>civitas&nbsp;<\/em>kan voortbestaan sonder \u2019n gemeenskaplike en gedeelde begrip van wat&nbsp;<em>jus en justitia<\/em>&nbsp;inhou, sonder \u2019n gemeenskaplike begrip van die reg, en slegs ons afstandelike elite-groeperings het genoeg gemeen om selfs oor kwessies soos hierdie te debatteer. Ons het dus in die plek van gedeelde waardes \u2019n Whigs-gesinde elite wat slaags raak met die radikale elite oor die vraag hoe die kommunistiese utopie tot stand gebring kan word, terwyl geen van beide groeperings enige padtekens verskaf oor die roete na die totstandkoming van die regstaat wat hulle sien as \u2019n betekenislose toneelrekwisiet vir hulle poppekasvertoning.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regstaat kan slegs funsksioneer indien dit deursigtig is, en dit kan slegs deursigtig wees indien dit verstaanbaar is vir alle burgers. Dit kan slegs verstaanbaar wees indien dit die burgers se spontane, kultureel bepaalde morele oordeel weerspie\u00ebl. Dit kan slegs sodanige oordeel weerspie\u00ebl indien die elite wat die opdrag het om die reg te implementeer en die staat te bestuur dieselfde morele intu\u00efsie deel met die bevolking \u2013 enige vorm van reg wat afwyk van sulke gewoontes en gebruike is nie in ooreenstemming met lord Bingham se hierbo genoemde kriteria nie en is dus despoties van aard.<\/p>\n\n\n\n<p>En dit is wat hier te lande aan die gebeur is \u2013 dit is hoekom geleerdes wat die teorie van swart bewussyn aanhang, die Grondwet verwerp.<\/p>\n\n\n\n<p>Wit mense dra grotendeels die Westerse tradisie; verwesterde swartes dra dit te\u00ebsinnig; swart radikales ondermyn dit by elke geleentheid, en \u2019n swart bevolking gee nie om of dit bestaan of nie. Die lojaalste verdedigers van die Westerse regstradisie is enersyds besig om dit te ondermyn deur middel van hulle elite-projekte (Whigs-gesindes en radikales) of is volkome uitgesluit van deelname aan die politieke bestel (Afrikaner-republikeine, Afrika-tradisionaliste en die gewone mense).<\/p>\n\n\n\n<p>Die enigste manier waarop die regstaatbestel ingang sal vind in Suid-Afrika \u2013 en nie slegs vir \u2019n Atheense regerende klas nie, maar vir elke gemeenskap binne sy grense \u2013 is wanneer dit tot die grond toe afgebreek word, hetsy deur regsdwang, wapengeweld of deur stadige verrotting. \u2019n Nuwe vorm van<em>&nbsp;asabiyya&nbsp;<\/em>moet tot stand gebring word; die ou een wat die grondslag gevorm het van die Britse ryk is uitgedien.<\/p>\n\n\n\n<p>Die voorstanders van \u2019n nuwe orde; hulle wat die las dra van die geregtigheid van die toekoms, is instellings soos die Cape Independence Movement, die Solidariteit-beweging en mense soos Herman Mashaba \u2013 mense wat weet dat materi\u00eble welvaart gebou word op die behoefte van mense aan geregtigheid en veiligheid, en op openbare orde \u2013 wat uitstyg bo enige herverdelingsmandaat, bo die besorgdheid om sake gerieflik te maak vir wettelose persone, bo drome van utopiese menslike transformasie; hoe aanstootgewend dit ook al mag wees vir die kibbelende aristokrate aan die koning se hof.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2026 [T]he depiction of the highest courts, as the ultimate protector of rights, is at the same time distinctively romantic,&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":81,"featured_media":100488,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"none","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[13660],"tags":[],"class_list":["post-100496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-opinor-archive"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":13660,"label":"Opinor archive"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/tingey-injury-law-firm-veNb0DDegzE-unsplash-2048x1365-1-1024x683.jpg",1024,683,true],"author_info":{"display_name":"AfriForum","author_link":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/author\/wianviljoen\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":13660,"name":"Opinor archive","slug":"opinor-archive","term_group":0,"term_taxonomy_id":13660,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":20,"filter":"raw","cat_ID":13660,"category_count":20,"category_description":"","cat_name":"Opinor archive","category_nicename":"opinor-archive","category_parent":0}],"tag_info":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/81"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100496"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100496\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":100502,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100496\/revisions\/100502"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/100488"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.artikels.afriforum.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}