Ekurhuleni Slaggatpetisie
Rapporteer slaggate in Ekurhuleni vir dringende aandag
Liewe Ekurhuleni-inwoner
Die onlangse swaar reënval het die toestand van ons paaie drasties versleg, wat gelei het tot die voorkoms van talle slaggate. Hierdie situasie is ’n ernstige gevaar vir padgebruikers se veiligheid en kan ook skade aan voertuie veroorsaak.
AfriForum neem hierdie kwessie ernstig op en benodig jou hulp om ons paaie weer veilig te maak. Ons nooi alle inwoners van Ekurhuleni uit om slaggate in hul gebiede aan te meld. Hierdie inligting sal saamgestel en aan die Ekurhuleni oorhandig word met ’n versoek vir dringende aandag en herstelwerk.
Hoe om te help:
- Teken hierdie petisie as bewys van jou steun vir veiliger paaie.
- Meld slaggate aan deur die volgende besonderhede te voorsien:
- Presiese ligging (buurt, straatnaam en naaste kruising)
- ’n Kort beskrywing van die slaggat (grootte, diepte, ens.)
- Opsioneel: foto van die slaggat
Jou insette sal help om druk op die munisipaliteit te plaas om hierdie kritieke probleem aan te spreek.
"*" indicates required fields