Buurtspan in Potchefstroom
Die AfriForum-tak wil graag ’n permanente buurtspan op die been bring wat die werk sal doen wat die munisipaliteit nie doen nie. Ons wil begin deur gras te sny en later uitbrei na slaggate, kleiner water-en rioollekke en ander kwessies waaraan die munisipaliteit nie aandag gee nie. Omdat ons meer fondse sal nodig hê as waaroor ons beskik, wil ons graag sakeondernemings en huishoudings nader om die inisiatief te ondersteun deur ’n maandelikse bedrag by te dra.
Sal jy in so ’n diens belangstel?
"*" indicates required fields