|

AfriForum se Standerton-tak maak Voetspore-monument skoon

Die AfriForum-tak in Standerton het op 20 Februarie die Voetspore-monument opgeruim en skoongemaak. Tydens die onlangse skoonmaakprojek is die gras gesny en rommel is opgetel. ’n Bakkievrag vol gras is uiteindelik weggery.

AfriForum se Standerton-tak het hierdie projek meer as sewe jaar terug aangeneem en sedertdien word daar gereeld aandag aan die monument geskenk. Die monument ontvang gereeld besoekers.

“Hierdie projek is deel van Standerton se erfenis en ons is dankbaar om die monument te kan onderhou sodat dit vir ons kinders behoue sal bly,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum in Standerton te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings