| |

AFRIFORUM MAAK MPUMALANGA SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat al die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Mpumalanga se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Mpumalanga
AmersfoortPixley Ka Seme PM–––––SkoonSkoonSkoon
BadplaasChief Albert Luthuli PM––––––SkoonSkoon
BalfourDipaleseng PM––––SkoonSkoonSkoonskoon
BarbertonMbombela PM–––––SkoonSkoonSkoon
BelfastEmakhazeni PMSkoonSkoonSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
BethalGovan Mbeki PM––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
BreytenMsukaligwa PM–––––SkoonSkoonSkoon
CarolinaChief Albert Luthuli PM––––––SkoonSkoon
Charl CilliersGovan Mbeki PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
ChrissiesmeerMsukaligwa PM–––––SkoonSkoonSkoon
DelmasVictor Khanye PM––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
DullstroomEmakhazeni PM––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
ErmeloMsukaligwa PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
EvanderGovan Mbeki PM–––––SkoonSkoonSkoon
GreylingstadDipaleseng PM––––Skoon–SkoonSkoon
HendrinaSteve Tshwete PM––––––SkoonSkoon
KaapsehoopMbombela PM–––––––Skoon
KrielEmalahleni PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
LeandraGovan Mbeki PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
LydenburgThaba Chweu PMSkoonSkoonSkoonHoë konsentrasies fekale kolivormige bakterieëSkoonSkoonSkoonSkoon
MachadodorpEmakhazeni PM5 kadmiumSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MiddelburgSteve Tshwete PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MorgenzonLekwa PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
NelspruitLekwa PM––––SkoonSkoonSkoonSkoon
OgiesEmalahleni PM–––––Skoon––
Piet RetiefMkhondo PM–SkoonSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
Sabie ––––––SkoonSkoon
SecundaGovan Mbeki PM–––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
StandertonLekwa PM–Kleur oorskry beperkings, maar water nie ongesond nieSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
StoffbergEmalahleni PM–––––Skoon––
SundraVictor Khanye PM–––––SkoonSkoonSkoon
TrichardtGovan Mbeki PM–––––Skoon–Skoon
VolksrustPixley Ka Seme PM–––––SkoonSkoonSkoon
WakkerstroomPixley Ka Seme PM–––––SkoonSkoonSkoon
WitbankeMalahleni PM–11 totale organiese koolstofSkoonFekale kolivormige bakterieë en E. coliSkoonSkoonSkoonSkoon
WitrivierMbombela PM–––SkoonSkoonSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen dertien rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Mpumalanga
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
AmersfoortPixley ka Seme PM––––––Skoon–
BalfourDipaleseng PM––––>2 500–Skoon–
BelfastEmakhazeni PM19 000690 0005 200>2 400>5 000SkoonSkoon>1000
BethalGovan Mbeki PM––450 000100 00050 000E. coli >1 000>1 000Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
Charl CilliersGovan Mbeki PM––––Skoon–Skoon–
DelmasVictor Khanye PM––Skoon1 500Hoë fosfate–Skoon–
DullstroomEmakhazeni PM––2 000Skoon–SkoonSkoon>1000
ErmeloMsukaligwa PMSkoon310 000590 000–1 500–SkoonSkoon
EvanderGovan Mbeki PM––––––>1 000>10 000
GreylingstadDipaleseng PM––––Skoon–Skoon–
KrielEmalahleni PM––––>1 500–––
LeandraGovan Mbeki PM––––––Skoon>10 000
LydenburgThaba Chweu PM1 000 000–73 400>1 0001 500Skoon>1 000Kon nie toets nie (water loop nie deur aanleg nie)
MachadodorpEmakhazeni PM–––Skoon–SkoonFosfaat >10>1000
MiddelburgSteve Tshwete PM–––Skoon1 500Fosfaat >25Skoon>10 000
MorgenzonLekwa PM––––>1 500–Skoon–
NelspruitMbombela PM––––––Nitraat>25>1000
Piet RetiefMkhondo PM–––>1 000>1 000–SkoonSkoon
Secunda (Kinross)Govan Mbeki PM–––2 000SkoonSkoon>1 000>10 000
Secunda(Trichardt)Govan Mbeki PM–––––––>1 000
StandertonLekwa PM––100 00050 00030 000E. coli >1 000>10 000>10 000
VolksrustPixley ka Seme PM––––––Skoon–
WakkerstroomPixley ka Seme PM––––––Skoon–
WitbankEmalahleni PM–––4 000Hoë fosfaattelling–>5 000>10 000
WitrivierMbombela PM–––SkoonSkoon–Skoon–

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik: Belfast, Bethal, Dullstroom, Evander, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Secunda (Kinross), Secunda (Trichardt), Standerton en Witbank. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se Distrikskoördineerder vir die Hoëveld distrik.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Pretorius af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Mpumalanga om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45350 (R1) en steun hierdie aksie.

Word ’n lid

Maak ’n donasie

Soortgelyke plasings