TAKSUKSESSE: MEI 2025
GAUTENG
GROTER PRETORIA-NOORD
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het 808 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 107 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het in totaal 4 ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 1 350 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het elf parke skoongemaak.
- Die tak se buurtspan het twee persele skoongemaak.
- Die tak se buurtspan het 13 slaggate opgevul.
- Die tak se buurtspan het 201 ou motorbande opgetel en weggery.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 114 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het 12 slaggate opgevul.
- Die tak se buurtspan het 12 vragte stompe en ou teer weggery.
- Die tak se buurtspan het ’n opknappingsprojek by ’n kinderhuis van stapel gestuur en solank begin om die wasgoedlyn te herstel.
Wes-Moot
- Die buurtwag het die SAPD Hercules gehelp met die soektog na ’n vermiste kind.
- Buurtwaglede het ’n padblokkade saam met die Wonderboompoort-, Moot- en Villieria-polisiestasie gehou.
- Die buurtwag het met die Hercules GPF Sektor 3 vergader en gevolglik ’n samewerkingsooreenkoms met hulle onderteken.
- Buurtwaglede het ’n plaaslike kerk en sy lidmate beveilig tydens ’n roete wat hulle gery het om Hemelvaart te verkondig.
- Die tak het ’n biddiens vir Jody van Proshield Security bygewoon.
Moreletapark
- Die tak het saam met die Departement van Binnelandse Sake en die SAPD ’n aksie by Plastic View gehou.
- Taklede het verskeie brande langs Hans Strijdomweg help blus.
- Die tak het gras langs Hans Strijdomweg gesny.
- Die buurtwag het 45 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het drie van sy lede vir VOLK-skietinstrukteursopleiding gestuur.
GROTER PRETORIA-SUID
Centurion
- Die tak se buurtspan het 12,5 ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 7 ton gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
- Die tak se buurtspan het 1,8 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
- Die tak se buurtspan het 493 herwinningsakke sorteer.
- Die tak se buurtspan het 14,3 ton herwinningsmateriaal opgetel.
- Die buurtwag het aan een operasie deelgeneem.
- Buurtwaglede het tydens 95 patrollies 2 451 km in 239 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
Pionier
- Taklede het 14 slaggate in Meyerspark opgevul; 625 kg teer is hiervoor gebruik.
- Die tak het in samewerking met Uitkyk Slaghuis R17 845,70 aan ’n kontrakteur betaal vir die herstel van die padoppervlak in Rossouwstraat.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Johannesburg-Noord
- Buurtwaglede het ’n begraafplaas te voet gepatrolleer en talle besoekers aan die begraafplaas het hulle dank betuig en genoem dat dit hulle veiliger laat voel het.
- Die buurtwag het ’n patrollie gereël om belangstellendes blootstelling daaraan te gee. Hierdie belangstellendes het saam met ervare buurtwaglede patrollies meegemaak. Die terugvoer was baie positief en die finale getal nuwe buurtwaglede sal binnekort gefinaliseer word.
Krugersdorp
- Die tak se buurtspan het 30 sakke vullis opgetel en weggery.
- Die tak se buurtspan het een vrag sleepwa se bome weggery.
- Die tak se buurtspan het 1,5 ha gras gesny en weggery.
- Die buurtwag het 3 282 km in 378 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Shanela deelgeneem waartydens verskeie inhegtenisnames gemaak is en onwettige vuurwapens teruggekry is.
- Buurtwaglede het boosdoeners vasgetrek nadat hulle palissades gesteel en in hul trollie probeer wegsteek het. Die verdagtes is in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.
- Die buurtwag het gereageer nadat twee erwe se hekke oopgestaan het. Die eienaars is gekontak en die hekke is veilig toegemaak.
- Buurtwaglede se hulp is ingeroep rakende ’n verdagte persoon wat in die area opgemerk is.
- Die buurtwag het gehelp met die blus van veldbrande in die omgewing.
- Buurtwaglede het ondersteuning op agt ongelukstonele gebied deur dit te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
Vanderbijlpark
- Die tak se buurtspan het gras gesny by Phoenixpark en ’n vullisvraghouer gehuur waarin die gras gegooi is.
- Die tak se buurtspan het gras gesny op die sypaadjies in Jean Websterstraat. Vyf swartsakke gras is daarna opgetel.
- Die tak se buurtspan het ’n boom wat in Jean Websterstraat omgeval het kleiner gesaag en verwyder.
- Die tak se buurtspan het gras gesny op die sypaadjies in Herbertstraat. Hulle het ook die gebied skoongemaak deur vullis op te tel.
- Die tak se buurtspan het slaggate in Hawkshawstraat opgevul, asook vullis opgetel en dit na ’n vullisvraghouer weggery.
- Die tak se buurtspan het ’n teerprojek in Flora Gardens aangepak waartydens slaggate in samewerking met die gemeenskap opgevul is.
- Die tak se buurtspan het blare opgetel op die sypaadjie in Pasteurboulevard.
- Die tak het ’n suksesvolle gholfdag gehou.
- Die tak het ’n noodwaterpunt in Rossiniboulevard opgerig.
- Taklede het water na Sasolburg aangery ná ’n beplande waterafsluiting in die omgewing.
OOS-RAND
Alberton
• Buurtwaglede het 1 617 km in 260 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
• Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens 12 voorvalle in die dorp.
• Die tak het ’n skoonmaakprojek in Mayberry Park van stapel gestuur.
• Taklede het 10 011 m² se slaggate in Goldwingstraat, Raceview, opgevul. Nagenoeg 400 kg teer is daarvoor gebruik.
• Die buurtwag het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en AfriForum se Germiston-buurtwag ’n operasie in Kibler Park uitgevoer waartydens twee verdagtes vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is. Ses onwettige immigrante is ook vasgetrek.
Boksburg
• Die tak het drie ANPR-kameras verskuif na areas waar dit meer doeltreffend gaan wees om misdaad te moniteer, terwyl hulle ook binnekort een nuwe ANPR-kamera gaan installeer.
Benoni
• Die tak het ’n skoonmaakprojek in die dorp uitgevoer deur onkruid in Voortrekkerstraat te verwyder, terwyl daar ook skoongemaak is by die verkeerseiland in Atlasweg én tussen Mercury- en Finchstraat.
• Taklede het 17 slaggate op die hoek van Mowbraylaan en Russelstraat opgevul danksy 50 sakke teer wat deur The Murphy Cat Project geskenk is.
• Die tak het agt slaggate op die hoek van 5de Laan en Great Northweg opgevul danksy 20 sakke teer wat deur die tak self aangekoop is.
• Altesaam 1 750 kg teer (70 sakke) is tydens padherstelprojekte gebruik.
Edenvale
• Die tak het ’n skoonmaakprojek geloods op die hoek van Terrace- en Palliserweg waartydens gras gesny en sypaadjies netjies gemaak is.
• Taklede het 24 slaggate met tien sakke teer opgevul tydens ’n slaggatherstelprojek in De Klerkshof, Edenglen en Eastleigh.
Germiston
• Die buurtwag het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en AfriForum se Alberton-buurtwag ’n operasie in Kibler Park uitgevoer waartydens twee verdagtes vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is. Ses onwettige immigrante is ook vasgetrek.
• Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Jacobsstraat en Black Reefweg, asook rondom Norton Small Farms gehou. Sewe slaggate (sowat 54 m²) is opgevul met 575 kg teer.
• Die tak het ’n e-pos aan die Ekurhuleni-metro gestuur oor ’n ouetehuis in ’n swak toestand. Die metro het gereageer en vier nuwe geisers geïnstalleer.
Kempton Park
• Die tak het ’n stalletjie tydens die Kontiki-musiekfees beman en gehelp met veiligheidsreëlings tydens die fees.
• Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou en die gemeenskap uitgenooi om hul afgestorwe geliefdes se grafte te besoek.
• Die tak het die volgende items by die Allen Park-ouetehuis afgelewer:
o 11 000 materiaalgesigmaskers (hergebruik vir kwilte)
o 360 ontsmettingspuitkanne (vir kamers)
o sakke leer en ander materiaal (hergebruik vir handsakke)
o verskeie huishoudelike items
Springs
• Die tak het saam met die plaaslike GPF die Struisbult-woonbuurt help skoonmaak deur gras te sny.
• ’n Verdagte voertuig wat deur die Benoni SAPD gesoek word is op een van die tak se SNIPR-kameras opgemerk. Dit het daartoe gelei dat die verdagtes uiteindelik in hegtenis geneem kon word.
• Die tak het hul noodwaterpunt aan die gemeenskap beskikbaar gestel ná ’n beplande waterafsluiting in die omgewing.
MPUMALANGA
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- AfriForum het in samewerking met die plaaslike boeregemeenskap meer as 260 000 liter water binne een week aan skole en tehuise in die omgewing versprei tydens ’n onlangse wateronderbreking.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Padtekens is oorgeverf en lang gras is kort gesny. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
- Die N17-hoofweg
- In Du Plooystraat in die middedorp
- Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
- Taklede het ’n slaggatherstelprojek in Tsibitso Sibanyonistraat voltooi waartydens meer as 200 sakke teer gebruik is.
- Die tak het in totaal al naastenby 900 sakke teer vir die jaar gebruik tydens slaggatherstelprojekte.
- Die tak het doleriet gegooi in Hoëveld- en Van der Stellaan tydens ’n padherstelprojek.
- Die tak het drie skole saam met die National Centre for Child Protection besoek en leerders toegespreek oor aanlyn gedrag en veiligheid, asook boeliegedrag.
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak se buurtspan het nagenoeg 33 000 m² skoongemaak waartydens 24 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
- Nelson Mandelarylaan
- Eendedam-park
- Davieshof-sentrum
- Hoërskool Secunda
- Die tak het tot dusver vanjaar al 150 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het nege verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
- Delmas Valke-buurtwaglede het een gesteelde voertuig opgespoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 14 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 41 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 169 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek by die historiese begraafplaas in Chrissiesmeer van stapel gestuur.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek al langs die N17-hoofweg deur Chrissiesmeer geloods.
Standerton
- Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
- Die tak het ’n grassnyprojek by die Standerton-skougronde voltooi nadat meer as 3 ha gesny is.
Middelburg
- Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die Middelburg Mineralia-begraafplaas van stapel gestuur.
- MidWit-buurtspanlede het ’n skoonmaakprojek by die park oorkant die Middelburg Primary School geloods.
- Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die Gholfsig-begraafplaas van stapel gestuur.
- Die MidWit-buurtspan het in totaal 2,5 ha deur die loop van die maand skoongemaak.
Witbank
- MidWit-buurtspanlede het ’n skoonmaakprojek langs O.R. Tamboweg gehou.
- Die MidWit-buurtspan het ’n skoonmaakprojek by die ingang van die Witbank Gholfklub geloods.
- Die MidWit-buurtspan het in totaal 1,5 ha deur die loop van die maand skoongemaak.
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het slagoffers van ’n plaasaanval naby Uitkyk ondersteun.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se buurtspan het die park in Skylabsingel se gras gesny.
- Die tak se buurtspan het die verkeerseilande in Ferreirastraat skoongemaak, asook die vleilandarea rondom The Blue Gate.
- Die tak se buurtspan het 15 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte in die dorp.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n veediefstaltoneel.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het gehelp om die moordenaar van Robert Stoltz in Roossenekal vas te trek.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 1 200 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
- Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 5 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Die tak het ’n nuwe noodwaterpunt in die dorp opgerig.
Witrivier
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
LIMPOPO
Naboomspruit
- Die tak het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
- Die buurtwag het gehelp om koperdiewe by die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit vas te trek. Ironies genoeg is hierdie verdagtes in diens van dié munisipaliteit.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
Warmbad
- Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
Nylstroom
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
- Taklede het in samewerking met Aksie Opknap aan ’n grassnyprojek deelgeneem.
- Die tak het ’n klagte teen die munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak rakende die rioolprobleme in die dorp.
Phalaborwa
- Taklede het verskeie spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
Potgietersrus
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
- Die tak het die padreserwes skoongesny.
- Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.
Groblersdal
- Die tak het die dorp se sportgronde skoongemaak.
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
Marble Hall
- Die tak het gehelp om oplossings te vind vir die rioolprobleme in die dorp.
Ellisras
- Die tak het gehelp om plaaspaaie te herstel.
- Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek in Pretoria bygewoon.
Thabazimbi
- Die tak het verskeie rioollekkasies gemerk vir die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit se aandag.
- Taklede het talle slaggate in die dorp opgevul.
- Buurtwaglede het saam met die plaaslike SAPD aan ’n operasie deelgeneem.