|

Kempton Park-inwoners: Ons het jou hulp nodig!

“Herstel ons krág, en nie jou beursie nie!” “Kempton Park sê: Genoeg is genoeg!”

Kempton Park-inwoners word gevra om R1 500 en selfs meer aan die Ekurhuleni-metro te betaal voordat gesteelde kragkabels vervang kan word  – wat eintlik die Metro se infrastruktuur is! Selfs al betaal inwoners dié fooi, word die kabels net weer gesteel en moet hulle weer betaal. Boonop neem dit soms dae voordat die krag weer herstel is.

Mense wat hierdeur geraak word, sluit in bejaardes, mense wat van mediese apparate afhanklik is, en mense wat nie die geld het om elke keer die fooi te betaal nie. Om hierdie rede stuur ons dié petisie van stapel om meer druk op die Metro te plaas. AfriForum het reeds briewe aan die Metro gerig, maar die Metro kom nie met ’n aksieplan vorendag nie. Die burgemeester het self op 27 Maart 2025 aangekondig dat dié fooi geskrap moet word, maar dit gaan egter steeds voort.

  • Inwoners word gestraf vir kabeldiefstal wat op munisipale infrastruktuur plaasvind.
  • Inwoners betaal belasting aan die Metro, maar inwoners moet steeds betaal vir herstelwerk.
  • Inwoners word reeds gepootjie deur kabeldiefstal, maar moet boonop die gelag betaal.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Word jy deur kabeldiefstal geraak?
Moes jy al R1 500 of dergeliks aan die Munisipaliteit betaal?
This field is hidden when viewing the form
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings