Waterkrisis in Uitenhage
Ons moedig alle inwoners in die Nelson Mandelabaai munisipale area aan om alle waterlekke asook swak watergehalte en/of waterdruk in hul gemeenskap aan te meld.
AfriForum het die afgelope maand sonder enige sukses skrywes aan die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit gerig oor die aantal waterlekkasie wat net nie herstel word nie. Ons het jou hulp nodig om aksie te neem en die nodige druk toe te pas sodat Port Elizabeth en Uitenhage die diens kry waarop hul geregtig is.
Tans verloor die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit 59% van hul water deur lekkasies en swak infrastruktuur. Hierdie statistiek kom vanuit hul eie bronne. Ons is tans in ons reënseisoen wat die verliese neutraliseer, maar die pad vorentoe lyk nie baie goed vir watersekuriteit nie.
AfriForum dra die gemeenskap se belange op die hart en is bereid om te help met uitvoerbare oplossings om die vermorsing van water te stop.
Ons moedig alle inwoners in die Nelson Mandelabaai munisipale area aan om alle waterlekke asook swak watergehalte en/of waterdruk in hul gemeenskap aan te meld.
"*" indicates required fields