Hou dit Kruger
Die Krugerwildtuin is meer as net ’n naam.
Dit is die kroonjuweel van Suid-Afrika se natuurlike erfenis, ’n simbool van ons ryk en komplekse geskiedenis en ’n lewende skakel tussen ons verlede en ons toekoms.
Nou wil politici die naam verander. ’n Besluit soos hierdie sal nie net ’n deel van ons gedeelde geskiedenis uitwis nie, maar ook een van Suid-Afrika se waardevolste globale toerismehandelsmerke beskadig.
Laat jou stem hoor. Staan saam met ons om die Krugerwildtuin teen hierdie roekelose, polities-gedrewe voorstel te beskerm.
Nuwe name. Nuwe geskiedenis. Die EFF wil die Nasionale Krugerwildtuin se naam verander. Stop die naamsverandering!
Die Nasionale Krugerwildtuin se naam is op die kapblok.
Die EFF wil die Nasionale Krugerwildtuin se naam verander.
Stop die naamsverandering!
- Paul Kruger het gesê ons moet uit die verlede neem wat goed en edel is, en die toekoms daarop bou. Ons eer sy nagedagtenis.
- Ná die dood van sy eerste vrou is Paul Kruger met Gezina Susanna Frederika Wilhelmina du Plessis (Tannie Gezina), getroud. Hulle het nege seuns en sewe dogters gehad.
- Paul Kruger was ’n baie gelowige man. Hy het £2 500 tot die bou van die kerk oorkant sy huis in Kerkstraat, Pretoria bygedra en het dikwels self daar gepreek. Sy en Tannie Gezina se stoele is steeds in die kerk te sien.
- In die 1890’s het dit duidelik geword dat die natuurlewe van die Laeveld beskerm moes word. In 1898 het president Paul Kruger ’n regeringswildlewepark daar geproklameer. Dit het later as die Sabi Wildtuin bekendgestaan en ná verdere uitbreiding vanaf 1926 as die Kruger Nasionale Park.
- Paul Kruger word beskryf as ’n groot man met ’n harde stem en kop wat ’n mens aan ’n leeu laat dink het! Sy oë was donkerbruin, amper swart, en hy het ’n mens deurdringend aangekyk. Tog was hy saggeaard met ’n lewendige sin vir humor.
- As jong seun het Paul Kruger saam met sy familie by die Groot Trek aangesluit. Op 16 Oktober 1836 het hy as elfjarige deelgeneem aan die Slag van Vegkop, waar 35 weerbare Trekkers teen ongeveer 6 000 Matabeles te staan gekom het.
- Paul Kruger was die vyfde en laaste president van die Republiek van Zuid-Afrika (ZAR), ook bekend as die Transvaal. Hy het dié amp van 1883 tot 1902 beklee.
- Tydens die Anglo-Boereorlog het die Kruger-familie hulle Familiebybel aan die Bafokeng koninklike familie gegee vir bewaring, wat hulle toe ook gedoen het. Kgosi Mokgatle van die Bafokeng en Paul Kruger het as jong manne ontmoet en hulle vriendskap het toe reeds begin.
- Paul Kruger is vroegoggend op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland oorlede. Sy lyk is gebalsem en in ’n driedubbele kis geplaas – die eerste van sederhout, die tweede van lood en die derde van eikehout. Daarna is dit per stoomskip na die Kaap teruggebring en na Pretoria vervoer, waar hy op 16 Desember 1904 begrawe is.
- Tweehonderd jaar gelede, op 10 Oktober 1825 is Paul Kruger op die plaas Bulhoek naby Cradock gebore. Hy is Stephanus Johannes Paulus Kruger gedoop, maar van jongs af het hy as Paul bekendgestaan, omdat hy ’n ouer broer gehad het wat ook die name Stephanus Johannes gehad het.