Kitsfeite oor die agterstand in die uitreiking van bestuurderslisensies
539 947 = agterstand in die uitreiking van lisensiekaarte (middel Augustus)
1 = aantal lisensiekaartdrukkers waaroor die Departement van Vervoer beskik
2 187 = aantal lisensiekaarte per dag wat ingehaal word sedert einde Mei
8 maande = hoe lank dit sal duur om die agterstand in te haal teen die huidige tempo (indien die lisensiekaartdrukker heeltyd in ’n funksionele toestand bly)
160 = aantal kere wat die lisensiekaartdrukker al onklaar geraak het
92 = aantal dae wat die lisensiekaartdrukker al in 2025 buite werking was
26 jaar = ouderdom van die departement se enigste lisensiekaartdrukker
10–11 jaar = oorspronklike aangeduide operasionele leeftyd van die lisensiekaartdrukker
5 jaar = geldigheidstydperk van bestuurderslisensies in Suid-Afrika
8–10 jaar = internasionale norm vir die geldigheidstydperk van bestuurderslisensies (volgens die departement se eie navorsing)
R898 miljoen = waarde van die kontrak wat aanvanklik aan Idemia SA toegeken is (maar nou tersyde gestel is) om nuwe lisensiekaarte in Suid-Afrika te druk
AfriForum dring aan op drie dringende oplossings:
- Daar moet meer as een nuwe lisensiekaartdrukker teen ’n bekostigbare prys aangeskaf word.
- Die geldigheidstydperk van lisensiekaarte moet verleng word na agt of tien jaar (op grond van internasionale norme).
- Terwyl daar ’n agterstand is, moet tydelike lisensies gratis uitgereik word.
Ondersteun ons in hierdie veldtog:
"*" indicates required fields