RED OUDTSHOORN SE PARKE!
Oudtshoorn Munisipaliteit beplan om 15 openbare oop ruimtes en parke – insluitend geliefde speel- en rusplekke – te verkoop vir korttermyninkomste. Hierdie kortsigtige besluit bots met hul eie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan wat sê ons het meer parke nodig, nie minder nie.
Moet ons kinders en kleinkinders regtig hierdie groen ruimtes verloor omdat die munisipaliteit se begroting nie klop nie?
AfriForum het reeds bewys wat moontlik is: Sedert 2023 het ons die Luscombe-parkie en sedert 2024 die Middelstraat-parkie versorg en bevorder tot geliefde lushowe – sonder dat dit die munisipaliteit ’n sent gekos het.
✍️ Teken nou ons petisie om die Luscombe- en Middelstraat-parkie asook ander parke te red!
"*" indicates required fields